Cornelius
Ja, wat, hierdie sinnelose herhalings van jou is nou al holrug gery.
Dit is ook wragtig net jý wat ’n getuie sal roep met die doel om dié getuie as vyandig of ongeloofwaardig te laat bevind – onthou, in die werklike lewe, nie jou hersenskim nie, staan of val ’n party by die getuies wat hulle roep en soos dit vir my lyk, probeer jy nogal ’n saak daarvoor uitmaak dat die HERE “getuies” sal roep wat SY saak sal skade aandoen en vernietig … hoe lasterlik!
Terloops, dit is net die hof wat die bevoegdheid het om ’n “vyandige” getuie te roep, indien dié getuie lig kan werp op ’n saak waarin daar regverdiging vir die roep van só ’n getuie is … pas dit nou op jou situasie toe en sien die gevolg.
Dan is daar ook die kwessie dat die Woord getuienis wat jy aanhaal uit Filippense 1, juis jou hele konstruk van die HERE Jesus se Vaderskap soos jý dit wil, in duie laat stort – lees gerus jou eie aanhaling, waar daar geskrywe staan van God en Sy Seun, die HERE …
Nie dat jy die inslag en implikasie en konteks verstaan wat jy self aanhaal nie, natuurlik, soos al tevore telkens aangedui ...
Jou getuie gekarring is ’n voorbeeld van jou onsamehangende denke.
Kry gerus nou end met jou sinnelose en al te dikwels, lasterlike gekarring.
Die brief wat jy aan my persoonlik gerig het, ontbloot vir die hoeveelste maal jou eie onvermoë om sinvolle gesprek ten aansien van HERE te voer en in te sien, behalwe dat dit ook maar net weer ’n sinnelose herhaling is van juis dít wat jou insigloosheid só duidelik demonstreer en dus nie wéér behandeling benodig nie.
Terloops, ek het vir jou in die afgelope briewe die moeite gedoen om vir jou talle Woord-verwysings te gee waaruit nie net die konteks en perspektief waarin Jesaja 9:5 verstaan moet word, verskaf nie, maar waar die HERE jou sinnelose siening omtrent die Goddelike Vaderskap direk weerspreek. Waarom hou jy aan met jou lastering aan leuens, in die lig daarvan? Ek sien jy maak asof hulle nie daar is nie … of is dit leringe wat jy kwansuis nié ter harte wil neem nie? Wie is jý dan om met die snoeiskêr in die Woord in te wil klim … Of is jy te waansinnig om te besef wat jy doen?
Kom tog, man, probeer ten minste om die sinneloosheid van jy kettering in te sien – nie dat jy mans genoeg is om dit hier te erken nie (jy hoef ook nie, stel net ter wille van jouself en jou gesin in die privaatheid van jou binnekamer jou saak met die HERE reg, daar dit te bely en STAAK DIT).
Of gaan jy maar weer jou gehele herhalende refrein aanhef?
Kobus de Klerk

