Cornelius
Jy skrywe op jou gebruiklike negatiewe manier aan my en beklae jouself weer dat ek kwansuis sou “laster” dat "Jesus Christus nie ons Hemelse Vader is nie" en sou laster oor ek jou aanspreek oor jou aanspraak dat God ons “moeder” in die Heilige Gees is nie.
Maar niemand het dit teen jou dat jy sê dat Jesus die HERE ook ons Hemelse Vader is nie, want dié is HY vir ons óók. Maar ons het dit teen jou dat jy lieg omtrent God. Dat jy goed by vreemde religieë neem en op God probeer van toepassing maak, sodat dit jóú gelukkig maak, ongeag wat God in Sy Woord oor Homself sê.
Maar jy verstaan ook nie die wese van die Godheid nie, want die Gees openbaar dit nie aan jou nie. As die Gees dit nie vir jou openbaar nie, verstaan jy nie (Mattheus 11:27; Johannes 14:26) en sal jy tekere gaan soos wat jy wel doen. Daarom dat jy jou eie konstruk daaroor wil volg, op ’n manier hoe dit vir jou in jou karnale toestand wil voorkom. Dit gaan nie daaroor dat ék jou iets moet “gun” oor God nie, maar dat God jou dit moet gun want dit gaan oor Hóm en nie oor my en jou, nie, maar God maak dit duidelik oor Wie en Wat HY is.
Jy word aangevat oor jou tirade teen wat in die Woord staan, en wat ons as ware gelowiges herhaal. Jou aansprake het géén grondslag in die Woord nie en baie van die religieë wat jy onder die HERE se Naam wil saamflans, weerspreek of misken die bestaan, wese en hoedanigheid van die HERE Jesus Christus direk – tog maak dit vir jou nie saak nie?
Jy word aangevat oor jou skreiende leuens oor die Woord, oor Jesus die HERE, oor die Vader en die Heilige Gees wat weer nagespoor kan word by die volgende skakels – Collage van waansin – Deel I; Collage van waansin – Deel II; Collage van waansin – Deel III; Collage van waansin - Deel IV; Collage van waansin (met die okkulte) – Deel V; en dan Collage van waansin (met die okkulte) – Deel VI en daarby kan nog gevoeg word jou gereelde vergelyking en gelykstelling met daardie “Jesus” jou met die vergange pagan afgode van weleer. Daarom is jóú interpretasie van “HERE=GOD=Hemelse Vader=Almagtige Lewende Skepper=Jesus Christus” ’n onding. Jou “Jesus” soos gesien uit jou uitgebreide waansinnige aansprake oor daardie “Jesus”, skep ’n beeld van die mite waarna jy so graag verwys, ’n totale onwerklikheid wat net in jóú hart bestaan, maar werklik niks met die ware HERE Jesus Christus soos HY Homself in die Woord openbaar te make het, nie – jou aanspraak oor jou lering uit sogenaamde “behoorlike katkisasie en goeie moraal” is deel van jou spirituele ondergang, want hulle is leringe van mense en nié van die Heilige Gees van God nie.
En ja, ek verlaat my alleenlik op die Woord soos deur die Heilige Gees geopenbaar, as finale outoriteit, want die Woord is juis die Woord Wie kán aanspraak maak op en ingegee is deur, die Heilige Gees. Die finale Maatstaf – dáárom so kosbaar (Johannes 14:6-7), want die HERE Jesus Christus is die Woord van die Vader, die Seun van die Vader en is uit die Vader en dus nie die Vader Self nie (Johannes 1:18; 6:45, 57, 65; 8:16-19, 28-29, 42; 10:17-18, 29, 37-38; 12:49; 13:1; 14:10; 15:26; 16:15, 28), maar omdat HY ook ons Verlosser en enigste Middelaar to God die Vader is (1 Tim 2:5), is HY ook óns Hemelse Vader, en in dáárdie perspektief, moet jy Jesaja 9:5 verstaan.
Ek laster dus nie, maar wel jý. Jy kan jou siening nie aanhang sonder om die Woord, die HERE te verwerp nie … staak dit.
Kobus de Klerk

