Cornelius en die kleutertjies

  • 0

Cornelius

Dit is moontlik dat iemand jou een skuilnaam aangeklamp het. Julle sienswyses is egter ooreenstemmend en só praat julle uit een mond. Maar dan weer, skisofrenie is ook maar ’n moeilike ding …

Jy skrywe en vra vir my “dink jy my geldsake kan as werklikheid in my kleuterdogtertjie se begrip of gedagte bestaan?” My antwoord is nee.

Maar as jy my sou vra “dink jy God, die HERE, kan as werklikheid in my kleuter dogtertjie se begrip of gedagte bestaan?” My antwoord is ’n besliste JA en dít is waaroor ons mos praat, Cornelius … of besef jy dit dan nie?

As jy die HERE werklik geken het, sou jy ook Sy Woord geken het – Sy Woord sê: ”25 …IN daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. 26 Ja, Vader, want so was dit u welbehae.” – Mattheus 11.

Nie geweet nie, Cornelius? Is dit die “wysheid en verstandigheid van die Carl Sagan’s en andere soos hy en al die ateïste se skrywery en die Joodse fabels en Oosterse mites en Mohammedaanse onkunde wat maak dat die HERE en Sy Woord vir jou kleuter dogtertjie begripmatig hanteerbaar is, maar nie vir jóú nie?

Ek sê nie jy glo nie wat jy skrywe nie – die probleem is dat jy dit wél glo. Wat ons vir jou probeer tuisbring is dat jy op ’n slag dringend die moeite moet doen om dít wat jy glo, met die Woord te vergelyk sodat jy dit kan regstel.

Kom ons laat dit daar.

Soek liewer jou vergifnis van die HERE, want jy kom Hom gereeld te na …

Groete,

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top