Cornelius en die Katolieke

  • 0

Cornelius

Dit is mos nou nie te sê dat alle mense wat onder die Katolieke vaandel hulle religieuse filosofie moes ly, almal onder dieselfde kam geskeer moet word omdat die kerkowerhede so korrup, materialisties, magsbehep en hebsugtig was nie? Kyk, die HERE sonder vir Hom oral getuies af en rig hulle op die regte tyd en plek – selfs in die Katolieke kerk, selfs onder ongelowiges. Kyk maar na voorbeelde soos Franciscus en Luther.

Dus, hulle persoonlike belewenis van God is opreg en in skrille kontras met die beleid van die Katolieke kerk.

Maar nou ja, ek het ook mos nou darem nie gemeen jy sal dít sommer verstaan nie. En ek was weereens reg omtrent jou.

Die aanname wat jy maak, uit die Constitutions aangehaal, dat Jesus die Vader is, soos jý dit interpreteer, is ook ongegrond. Die Constitutions praat van, soos jy dit self aanhaal, “we, as true and legitimate sons of Jesus Christ our Father and Lord” is net presies wat dit sê – dat ons die HERE se kinders is en Hy ons Spirituele Vader, omdat die ware gelowiges onder ons (jý sal ook hopelik eendag daarby uitkom) wedergebore is in Hom, die Woord en die Heilige Gees (Johannes 1:12-13), want Hy is ons verlosser, die Tweede Adam (Adam is ons natuurlike aartsvader), ons Spirituele Vader, maar Seun/Woord van God die Vader.

Dié aanhaling sluit aan by wat ek al vir jou tevore verduidelik het en jy verstaan nie eens jou eie Katolieke katkisasie (waarop jy só dikwels probeer steun) nie.

Ten spyte van jou sogenaamde “komplekse psige”, is jy maar eenvoudig van Spirituele begrip (verstaan “insigloos”). Omdat die Heilige Gees vir jou, behalwe dat jy lees van die Gees, ’n onbekende is?

Maar die HERE Self, HY Wie God die Seun, die Woord, is, getuig Self van die Hemelse Vader en Hy getuig dat die Hemelse Vader, God die Vader, gróter is as HY (Johannes 14:28, ek het vir jou selfs die gerief van die aanhaling én die verwysings, tesame met ’n rits ander verwysings, vergun) en na dáárdie verhouding, verwys die profeet Jesaja nie in Jesaja 9:5 nie en ook nie jou aanhaling uit die Constitutions nie.

Jy ken nie die HERE nie, Cornelius en jy is só hardkoppig, jy stel ook nie belang nie. Jy noem net Sy Groot Naam ydellik en misbruik die Naam vir jou eie sinnelose doeleindes. Jy het nie eens oppervlakkige kennis en begrip nie (geen ware gelowige, hóé onervare ook al, twyfel in die Goddelike Drie-eenheid van God, nie), wat nog te sê, dieptekennis, wat slegs van die Heilige Gees verkrygbaar is.

Nou ja, soos dit is, het jy nou twee briewe aan my geskrywe sedert ek jou gedaag het om, in die lig van jou sinnelose geketter oor die HERE, die Woord wat jou direk weerspreek, te hanteer, mar. dit nie kon doen nie – hier is sommige daarvan weer – Johannes 1:18; 6:45, 57, 65; 8:16-19, 28-29, 42; 10:17-18, 29, 37-38; 12:49; 13:1; 14:6-7, 10, 28; 15:26; 16:15, 28.

Oor jou weergawe van die “Tau” jou, snertstorie, is jy ook dubbel en dwars uitgewys. Jou verbintenis daarvan met Goddelike “moederskap” is die waansin van ’n versteurde. Dit is ook duidelik dat jy nie eens dít kan insien nie.

En só word jy maar weereens uitgewys as ’n Spirituele leuenaar en ketter.

Besef jy werklik nie dat dit in jou eie belang is om die lastering en geketter te staak nie?

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top