Jy lieg wanneer jy sê: “Uit ervaring deel ek dat Hindoes die Evangelie met ope arms ontvang.” As dit waar was, sou hulle nie meer Hindoes wees, wat aan ’n velerlei van gode glo, nie, maar Christene, want Christus, die HERE van die Evangelie, sê: “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het …”
In die lig van bogenoemde, vernietig jy deur jou eie getuienis jou eie religie waar jy gedurig die Jode, Moslems, Hindoes en boeddhiste wil saamflans asof hulle eenheid in geloof ervaar, terwyl jy in jou eie brief in ’n oomblik van helderheid dit tog maar regkry dat ál daardie religieë juis die Hoeksteen van die ware Evangelie, Jesus Christus die HERE verwerp as Verlosser, Messias en God.
Die redes wat jy noem vir hulle verwerping, is natuurlik uit jou duim gesuig, soos gewoonlik en nes jou ganse religieuse filosofie wat op ’n hersenskim gebaseer is.
Dan maak jy, soos ons jou al só goed leer ken het, die volgende leuenagtige stelling “Hulle (dit is nou Protestante) fabriseer allerlei dogma waarin Jesus Christus as ’n soort martelaar deur GOD daargestel is, maar nie GOD self is nie.” Ek daag jou uit, leuenaar, om enige “protestant” aan te haal waar dié te kenne gee dat die HERE Jesus Christus nié God is, nie … O, jy sal vind dat hulle sal bely dat die HERE Jesus nie God die Vader is nie, maar wel uit God die Vader is die HERE Jesus die Seun (Johannes 8:42; 16:28; Lukas 22:69), maar jy sal gééneen van hulle kry wat sal bely dat Jesus die HERE nie God is, soos jy beweer, nie, leuenaar, want jý ken nie die verskil tussen God die Vader, God die Seun (Jesus Christus die HERE) en God die Heilige Gees, nie en jy kan dit ook nie verstaan nie (Mattheus 11:27) …
Dit is oor dié soort van skrywe dat jy só maklik as leuenaar en spirituele bedrieër uitgewys kan word en uitgewys ís … en jy besef dit wragtig self nie.
Terloops, in Johannes 14:6 in die Woord en verskeie ander plekke in die Woord (ek het hulle al almal vir jou uitgewys – ritse daarvan) verwys die HERE Jesus Christus gedurig na “My Vader”… Wie is dan dié Vader, as jy meen Jesus is God die Vader? Na Wie toe moet die HERE Jesus dan terugkeer, wanneer HY telkens getuig dat Hy na Sy Vader sal terugkeer en dat HY uit Sy Vader gekom, het, as God die Vader dan ook HY is? Toe kom, leuenaar, probeer uit die strik kom wat jou eie tong vir jou gespan het. Dalk sal dit nóú vir jou begin duidelik word dat die HERE Jesus God die Woord van God die Vader is, maar nie God die Vader Self, nie, maar saam met God die Heilige Gees van die Vader, onlosmaaklik en onvervreembaar deel van die Drie-enige God?
En só probeer jy jou leuens op die Protestante projekteer?
Leer:
Johannes 14:
28 Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.”
Wil jý die HERE tot leuenaar maak, lasteraar Cornelius? Jy ken nie die HERE nie!
Jy probeer mense van die ware en énigste HERE Jesus Christus vervreem, soos jy self ook vervreem is.
Kobus de Klerk

