Conspiracy theories etc, Wouter

  • 0

Ek het nie die boek gelees nie en sal ook nooit. Ek werk nie in een of ander boeke-utopia nie. Ek werk met mense elke liewe dag. Honger mense. Is daar so iets soos die "grand conspiracy"? Ek weet nie en voel ’n fok. Wat ek wel weet is dat ek, as ek ’n produk op die mark sit, logies een of ander tyd om ’n tafel of iewers my kompetisie sal ontmoet. En ons sal gesels oor besigheid want dis ons natuurlike aanknopingspunt. Soos wat jy sal sit en wroeg oor die godheid as jy ’n ateïs ontmoet. Dit spreek vanself, of hoe?

En as ek en my kompetisie so lekker sosiaal verkeer sal ons praat oor hoe ons meer geld kan maak. Ek het dit verskeie kere al gedoen want met een van my eie produkte het ek letterlik monopolie hier in Suid-Afrika. Ek kan die spesifieke produk teen ’n groot wins in die mark stoot teen die helfte van die prys wat ek tans doen. Maar ek gaan dit nie doen nie, want ek sien wat my opponent daarvoor vra. En ek sien wat jy bereid is om te betaal as jy jou trollie alte lekker in Woolies rondstoot. Want iemand soos jy vra nie vrae nie, jy hoes by die til.

Ek weet nie wat die magtige manne doen of nie doen nie maar ek weet hoe dinge hier in my vissery werk en ek weet hoe dit werk wat prys betref om jou "hake fillet" op jou tafel te kry. Ek weet ook hoe ’n paar ander outjies te werk gaan want ek het al in die hof gedraai met hulle (SABCO). Ek kan jou verseker van een ding: In my vissery en in feitlik al die ander visserye is daar beslis "samewerking vir beter winste".

Wat ek eintlik wil sê, Wouter: Solank jy hoes gaan ek vir een nie kla nie.

"Sekere deelnemers hier se metodiek", Wouter? Kan jy nie met my direk praat nie? Hierdie derde persoon gesprekvoering is soos my kinders altoos sê: "So yesterday" liewe Woutertjie. Regtig, dude. Ons leef nie meer in daai tyd nie. Jy praat met my soos ’n man, ok?

Miskien moet jy dalk die hele boek lees en nie net die agterblad voor jy selektief aanhaal nie? En nee: ek glo nie aan conspiracies per se nie. Ek weet wel dat mense met sekere gedeelde belange altyd saamstaan tot voordeel van elkeen afsonderlik (dit sou moer dom wees as hulle dit nie doen nie). Dis wanneer sulke saamstaan tot jou as verbruiker se nadeel is wat ek en jy veronderstel is om ons bekke oop te maak. Jy het duidelik nie ’n probleem nie en het die skrywer van die boek se sak (en die plantasie-eienaar en die pulpverwerker en uitgewer etc) volgemaak. Ek download die hele boek en dit kos my net die bietjie bandwydte.

Nie te danke

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top