Die nuwe Clover Aardklop TV-advertensie is uit, en is hy nou on-topic of wat. Daar is stories van Cecil die leeu, die tandarts en al die ander grootwildtrofeejagters, maar by Aardklop het ons ’n ander jagter … ’n Celeb Jagter. Met Albert Pretorius as ons #CelebJagter
Die advertensie sal vanaf 29 Augustus op kykNET verskyn.
Feesgangers kan ook van Maandag, 17 Augustus inskryf vir Aardklop se #CelebJagter-kompetisie waar hulle R20 000 kan wen. Die wenner van die R20 000 word aangekondig by Aardklop, Saterdag 10 Oktober 2015.

