"Closing of the South African mind"-siklus

  • 0

Hello Jan,

 

Soos alreeds aangedui verkies ek hello, soos beïnvloed deur Melvyn Bragg en hoe hy sy programme begin. Soos verwag sal jy jou medelid in die genootskap van regte Afrikaners op die skouer klop en hom ophemel soos dit vir my nie moontlik is nie en alhoewel jy my versoek om hom met detail te lees, dan kan ek bevestig ek doen so, en neem die brief van hom 'n ruk terug, "Closing of the South African mind" en dit is verstommend wat uit daardie brief vloei. Die brief is nie voor my nie, maar van die temas wat kan onthou word is die stelling dat Fascisme die val van Kommunisme moontlik gemaak het, dit terwyl daar 'n verskil tussen die einde van 1945, die einde van Fascisme en die begin van die einde van Kommunisme in 1989 en van 'n persoon wat sulke eenvoudige feite verkeerd het, moet ek nederig opkyk na volgens jou.

Net soos die ander tema die van regstellende aksie was en natuurlik is Comestor teen dit, wat is nuut daar?

Dit ontken egter die bevoorregting van die Afrikaner op globale skaal tot laat in die 1970's en 'n geskiedenis van werkresevering vir die Afrikaners en die konsep van beskaafde lone.

Daar was na dit 'n siklus van briewe wat weer daardie tema herhaal het.

Nog 'n tema uit "Closing of the South African mind" was die kwessie van gelykheid en 'n hengse lang relaas dat mense nie gelyk is nie. Dit faal volkome om die vraagstuk van ongelykheid in die samelewing aan te spreek en die insigte soos vervat in 'n onlangse verslag van die OECD.

Glo jy werklik ek moet met blinde bewondering na Comestor opkyk as die drie temas van "Closing of the South African mind" so uit voeling met die werklikheid is.

Terwyl die geleentheid hom voordoen, kort notas oor "Closing of the Western mind".

Nog 'n tema van Comestor, die redeloosheid van godsdiens, mag ek hoegenaamd aandui dat die tema soos aangespreek in "Closing of the Western mind" 'n tesis is vol gebreke en indien

Comestor so die konneksies ontbloot hoekom het hy nie die deur oopgemaak na "The Beginnings of Western Science" van David C Lindberg wat as 'n korrektief tot die geliefde tema van Comestor sou dien nie en 'n meer ingeligte prent van die werklikheid sou moontlik maak nie.

Ook so met "Closing of the American mind". Indien jy glo Comestor het jou genoegsaam van daardie boek vertel en die reg laat geskied aan die kompleksiteit en nuanses daarvan, dan laat dit so vir jou wees, dit is nie so vir my nie en is dit 'n boek gelaai met komplikasies maar wat in essensie net gebruik is om sy gewone refrein van regstellende aksie te probeer verdedig.

Ek het nie na die Peter Godwin siklus van briewe gekyk nie, die slotsom en die rigting wat dit impliseer is so bekend al dat dit nie meer 'n nuutjie net soos die gesprek oor zero sal wees. Word ek toegelaat om kennis daarvan te besit voor sy skrywe en dalk indien ek sou kies daaroor kommentaar te lewer.

Dit is baie neerbuigend die "Wat Johannes dus doen is om vir die minder intelligente of ondersoekende siele soos ek en jy op hierdie skakels te wys".

Ook, die oorsake is bekend aan my en van die oplossings word aangespreek net soos ek meer belasting sal betaal indien versoek word.

Sal jy en waar was die oplossings in Comestor se brief?

Terloops wat was die bron van die onsin wat hy kwytgeraak het hier oor Unisa kan dit bevestig word?

Nee wat Jan, laat sy skrywes jou maar welgeval. Indien jy 'n houvas op die werklikheid wil kry, sal Comestor nie my gids wees, daar maak ek eerder staat op my eie insigte en bronne van verwysings.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top