Chris Dippenaar, Prediker en frustrasies

  • 0

Chris,

Ja, ek sien die twee ander briewe briewe is toe onder die algemene deel geplaas. Nugter weet wat aangaan met die plasing van die briewe deesdae. Ek dink mense sukkel, dan gee hulle maar bes...

Ewentwel.

Ek preek nie vir jou nie, ek het met jou gedeel hoe ek voel, nadat jy met my gedeel het hoe jý voel – moenie so ongemaklik wees daarmee nie, dit kan jou mos nie kwaad doen as iemand dit met jou goed bedoel nie, hmmm?

En wat jou versugting van, soos jy dit stel, dat jy in spanning wag vir ’n enkele sin wat vir jou kan klink na deel van ’n argument, aanbetref, kan ek my nogal jou frustrasie indink… maar jy kan tog seker begryp hoekom? Jy het so ’n probleem want dit moet vir jou bitter moeilik wees om ’n gesprek te voer oor die binnewerke van ’n onderwerp, naamlik Goddelike Spiritualiteit, waarvan jy nie eens die geringste benul het wat dit is, nie… dat jou eie onbegrip en jou eie onkunde só ingrypend is dat jy nie eens één argument langs die weg van Spiritualiteit kan verstaan (ek moet sê, ek het nie besef jou onbegrip is só ingrypend nie…) nie… want, praat ons van en oor die Woord, beweeg ons deur en deur in die Spirituele realm daarmee – en siedaar, jy is in dáárdie opsig, ’n analfabeet. Jy besef, ék het natuurlik (dank God alleen!) nie só ’n probleem nie.

Tag! Jy verwag darem tog seker nie ek moet my Godgegewe kennis, ervaring en insig daaromtrent, laat vaar om by jou op jou vlak van onbegrip, vooroordeel en onkunde aan te sluit, net ter wille daarvan dat jy instaat sal wees om argument op daardie gebroke vlak te kan volg nie?! Wie sal dan iets kan leer daaruit? Nee, wat, byt maar vas – mettertyd sál die Lig vir jou ook opgaan. Moenie intussen nie my mededelings as “preek” aansien nie. Dit is immers 'n Spirituele gesprek, al wis jy dit nie. Sien dit as raad, want dan sal jy op die punt kom waar jy ook mettertyd verstaan waaroor dit gaan. Of is jy te arrogant vir raad?

Dus, ek dink jy is of domastrant of dapper om dié gesprek met my voort te sit, al begryp jy (op hierdie stadium nog) niks waarvan ek praat nie. Hopelik laasgenoemde?

Groete,
Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top