Chris,
Ek sal maar die lang brief in twee sarsies probeer plaas vir jou.
Ek meen dit is maar ’n geval dat jy eenvoudig nie kan verstaan wat ek skrywe nie.
My insig in die Woord word deur baie gelowiges gedeel – kyk, jy moet tog kan begryp, want dit is so logies, dat daar ’n verskil is tussen ons en julle. Die verskil is dat julle iets mis, ontgaan, dat julle ’n onvermoë het, wat dinge spiritueel aanbetref. Wat die oorsaak daarvan is, kan ons lank oor gesels. Die feit is, julle is ongelowiges omdat julle in jul huidige toestand nie die vermoë tot spiritualiteit het, wat ons het, nie. Daarom dat ons die Woord, wat ’n Spirituele werk is, verstaan so dit verstaan moet word en jy, byvoorbeeld, nie, want vir jou is dit gewoon woorde wat dikwels nie sin maak nie, omdat die betekenisse en kontekste in Spirituele verband, vir jou verborge is.
Om aan te hou ploeter op die pad waarop jy is, gaan jou dus niks baat nie. Jy maak jouself net meer deurmekaar en jy verhard net jou eie insigloosheid want jy kan eenvoudig nie op Spirituele vlak met my en ander gelowige saamgesels nie – so logies – jy het nie die vermoë nie. Wanneer ek vir jou sê dat die Woord ’n Spirituele uitleg het, dan het jy nie die vaagste benul waarvan ek praat nie. Dan begin jy sinneloos rondploeter soos wat ons jou hier sien doen. Die ergste is, dat jy dit nie kan insien nie, maar ten spyte van daardie onbekwaamheid, die domastrantheid aan die dag lê om vir my te probeer oortuig anders as wat ek reeds weet. Besef jy nie die futiliteit daarvan nie?
Kyk, verstaan dit nou – julle is spiritueel onbekwaam. Daarom is julle nie gelowiges nie. Daar is fout met julle … groot fout. Dit is mos uiters dwaas van jou om jou in jou eie onvermoë, onkunde en insigloosheid te wil verlekker en hoe domastrant is dit dan ook nie as jy nogal iemand wil oortuig om soos jy te wees, iemand wat weet wat aangaan nie, iemand wat nie ly aan jou tipe spirituele onbekwaamheid nie.
Wat kan jy hieroor vir my sê? Wyslik stil raak en besin? Nee, maar dié doen jy nie, want jy beskik nie oor daardie wysheid nie.
En wat Prediker se “sheol” en Openbaring se “hades” aanbetref het ek nie gesê die betekenis is nie dieselfde nie – jy jok. Dit het wel ooreenstemmende betekenis. Ek het juis vir jou aangedui dat daar in Openbaring na twee soorte dood verwys word – die “tweede dood” is nie in Hebreeus, “sheol” nie, maar inderdaad in Grieks, as volg – ek haal dit vir jou verbatim aan:
“Thanatos [than'at'os/] n m. 119 occurrences; AV translates as “death” 117 times, and “deadly” twice. 1 the death of the body. 1a that separation (whether natural or violent) of the soul and the body by which the life on earth is ended. 1b with the implied idea of future misery in hell. 1b1 the power of death. 1c since the nether world, the abode of the dead, was conceived as being very dark, it is equivalent to the region of thickest darkness i.e. figuratively, a region enveloped in the darkness of ignorance and sin. 2 metaph., the loss of that life which alone is worthy of the name,. 2a the misery of the soul arising from sin, which begins on earth but lasts and increases after the death of the body in hell. 3 the miserable state of the wicked dead in hell”.
Die tweede deel volg hierna.

