Chris Dippenaar, Christelikheid en liefde

  • 0

Chris,

Verniet dat jy vals hoop koester dat die Christelike geloof sal “verdwyn” – dit is lagwekkend, weet jy – jy ken nie jou geskiedenis nie (hoewel jy so voorgee), ander sou jy mos weet dat antagoniste vir die afgelope min of meer 2000 jaar al só beweer en kyk wat het gebeur – ons geloof gaan van Krag tot krag! Trouens, hoe meer loutering, hoe sterker word ons geloof, want dit floreer op teëstand. Net die absolute swakkelinge word uitgesuiwer en uitgewis … ‘skuus, hoesê? Jy was ook lank gelede ’n ‘gelowige, sê jy? Nou wat het dan van jóú geword? Ook ’n uitgewiste swakkeling? Al wat sal verander, as dit verander, is dat jy en ander soos jy, julle werklik tot die Christelike geloof sal bekeer, of anders saam met die kaf tot niet sal gaan sonder dat ’n enkele mens weer ooit aan julle sal dink.

Teëstand en verdagmaking is vir die ware Christengelowige gewoon soos kos eet. Dit is al deel van die geloofservaring. Ek dink nou aan gelowige historikus Philip Schaff wat al destyds, in die 1880’s, skrywe “We live in a restless and stirring age of discovery, criticism, and reconstruction … History should be written from the original sources of friend and foe, in the spirit of truth and love, ‘sine ira et studio,’ with malice towards none, and charity for all, in clear, fresh, vigorous style, under the guidance of the twin parables of the mustard seed and leaven, as a book of life for instruction, correction, encouragement, as the best exposition and vindication of Christianity … ”

Ewentwel.

Jy misgis jou oor Christene. Jy dink hulle weet min? Maar hulle weet om te glo en kennis is nie ’n voorvereiste nie. Hulle het geloof nodig in die Eindresultaat – God. Dié het hulle. Máár Christene het die manier om hulle kennis paraat te kry wanneer hulle gekonfronteer word – ek sê mos, hulle floreer op loutering en konfrontasie. Jy doen dus eintlik ’n Christen ’n guns deur hom te konfronteer, want hy sal gaan en sy geloofspiere begin bou.. ál sterker en ál sterker. Dit is maar die ding van Christene (dié wat uitval – soos jy? hét nie spiere om te bou nie). Daar is in die Christelike geloofskorps geroepenes vir elke doel. Soms is dit vir sommige van daardie geroepenes nodig om hulle toe te rus met dieptekennis, afhangende van die aard van hul roeping.

Moet jou dus nie oor die Christelike geloofskorps misgis nie, jy weet daar niks van nie en ken beslis nie die magtige innerlike- en binne dinamika van die Christelike geloofskorps, nie. Die uiterlike is soos ’n sluimerende reus en dis ál wat jý kan raaksien. Maar as die reus in beroering kom… Hulle stam af van rateltaai gelowiges – voorouers wat vir meer as driehonderd jaar se gesagte aaneen, lank, intens en verbete vervolg en gekasty en verloën was … Taaier en meer lewenskragtig kry mens nie.

“But, Jesus loves you…” – dit kruks van die Christelike geloof! Dit is die spilpunt waarom die Lewe draai… Jy kla oor dié frase waarmee jy gekonfronteer word – maar, dink ernstig daaroor. Wat meer het jy nodig? Waarom sou jy nodig hê om te weet hoekom die HERE jou liefhet? Wat meer het jy nog nodig om van die HERE te weet? En as jy dink daar is meer, hoekom? Nee, wat, dit is ’n frase wat jou aanstoot gee, maar die absolute krag daarvan is jou oor. Dit is vir jou een te veel om te begryp. Jý, wat die HERE verag tot op die punt dat jy Hom wil wegwens, kan dit eenvoudig nie vát dat juis HY jóú sal liefhê nie? Is dit omdat jou gewete, die bietjie wat daarvan oor is, jou verklae omdat jy die HERE haat terwyl HY die pinakel van Liefde is? Omdat jy die HERE haat terwyl HY jou nog nooit kwaad aangedoen het, nie?

Jy haat die HERE omdat jy jouself haat. Haat is só. Jy manifesteer skoon in jou briefie omdat die konsep en realiteit van Heilige Liefde, ook vir jóú, jou verbysterd laat, met niks anders nie as om te manifesteer daaroor – skuimbekkend… voel jy goed daarna? Natuurlik nie.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top