Chanette Paul wen nog ’n keer die Lekkerlitprys

  • 0

LAPA uitgewers het in 2012 en 2013 ’n kompetisie uitgeloof waartydens lesers vir hulle gunstelingboek moes stem.

Chanette Paul se roman, Siende blind,is aangewys as die wenner in die 2013-kompetisie ná al die lesers se stemme getel is.

In 2012 het sy ook hierdie eer gekry toe Maanschijnbaai: Jo & Sue, die eerste van haar Maanschijnbaai-tweeluik, as die wenner aangewys is.

Chanette is ’n genrekraker. Haar boeke wil nie in boksies geplaas word nie. Sy daag lesers uit, maar vertel puik stories. Die Maanschijnbaai-tweeluik is ’n familiesaga wat handel oor die wel en wee van vier vroue, terwyl Siende blind ’n misdaadroman is wat handel oor ’n skrywer wat naam maak onder skuilnaam, dan steel iemand haar identiteit.

Raaiselspieël, wat tematies aansluit by Siende Blind, sal tydens die US-Woordfees in Maart bekendgestel word.

Die wentjek van R10 000 sal binnekort aan Chanette oorhandig word.

Daar was ook ’n lesersprys van R10 000 gekoppel aan hierdie kompetisie. Die 2013-wenner van hierdie lekker tjek Maria Nel.

Oor die belang van die kompetisie, wat oor twee jaar geloop het, sê Hendri Warricker, bemarkingshoof by LAPA-uitgewers, die volgende:

LAPA maak boeke vir die lesers.Ons fokus op ontspanning en die genot van lees. Hierdie projek was daarop gemik om ons lesers te betrek, want dit is vir LAPA baie belangrik om terugvoer te kry, juis om seker te maak dat ons publikasieprogram lesergedrewe is.


Siende Blind
Chanette Paul
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780799361346
Prys: R215.00
 

Klik hier en koop Siende Blind nou van Kalahari.net!

Siende blind is ook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 
 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top