cathexis
ek het na ’n foto of twee gekyk
van my en jou glimlaggend gekiek,
’n gelukkiger tyd van moontlikheid
ek het vir jou ’n Facebook-friend request
gestuur, Lacan se vermaning gelees
"die boodskap keer omgekeerd terug
na die sender – die brief is ook ’n koevert"
ek het ook meer as een SMS gekomponeer
eindelose pogings om met jou te rekonsilieer
jou antwoord was ’n bygewerkte internetstilte
maar my melankolie kom deesdae tot rou
Oedipus steek sy oë uit vir oulaas
and is not online anymore

