LitNet Akademies (Regte)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Regte-redakteur
Johann Neethling
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za
Bioskets

Misplaaste weldade en griewe van die "Liquorice Allsorts-gesinnetjie": ’n Regsletterkundige verkenning van Zelda Bezuidenhout se Die waarde van stil bure

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-26

"Daar is nie ’n beter manier waarop die boodskap van apartheid se leed en verlies gestel kan word as deur fiksie nie, en Bezuidenhout se roman as deel van postapartheidliteratuur dra by tot ’n ryker regsletterkundige verkenning van die impak van apartheid."

Vonnisbespreking: Die strafregtelike vervolging, skuldigbevinding en kwytskelding van ’n verloskundige en ginekoloog

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-16

"Die KH se uitsluitlike aandag aan die prosesregtelike kwessie van ’n onregverdige verhoor al dan nie laat die vraag ontstaan of regspleging geheel en al tegnies geskei behoort te word van wat in die betrokke omstandighede eties korrek sou wees."

Die rol van afwykende (minderheids)uitsprake in die Suid-Afrikaanse regsbestel met verwysing na minagting van die hof in sivielregtelike konteks

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2022-05-11

"Wat afwykende (minderheids)uitsprake betref, is die gevolgtrekking dat dié instelling in ons reg as ’n nuttige deursigtigheid- en verantwoordbaarheidsmeganisme vir ons howe aangewend kan word."

Vonnisbespreking: Beheer oor eiendom as faktor by die oorweging van die toelaatbaarheid van getuienis wat by wyse van onregmatige visentering verkry is

Pieter du Toit LitNet Akademies (Regte) 2022-03-14

"Die hof se gebruik van die faktore wat normaalweg in ag geneem word om oor die toelaatbaarheid van ongrondwetlik verkreë getuienis te beslis, is nie noodwendig geskik om oor die kwessie te beslis waar die visentering op grond van ’n onreëlmatige lasbrief plaasgevind het nie."

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens ’n gladde winkelvloer

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2022-03-11

"Waar die eienaar of beheerliggaam die taak om die besigheid skoon van stortsels te hou aan ’n onafhanklike kontrakteur opgedra het, sal hierdie persone net aanspreeklik gehou word vir skade wat die kontrakteur veroorsaak het indien eersgenoemde self ook ’n delik begaan het."

Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel

Beatri Kruger LitNet Akademies (Regte) 2022-02-23

"Daarom is die onduidelikheid in wetgewing en regspraak in verband met die drie misdrywe kommerwekkend. Dit kniehalter regsekerheid en belemmer die suiwer toepassing van die reg."

Aantekening: Verhuring van ’n huis: Wanneer die SAID met hul BTW-koffers mag kom aanklop

Marlene Botes LitNet Akademies (Regte) 2021-11-22

"’n Verhuurder wat in die verlede versuim het om uitsetbelasting te verklaar en nou sy sake in orde wil kry, moet sy transaksies noukeurig ontleed om te bepaal of BTW-registrasie inderdaad nodig is en, indien wel, van wanneer af."

Die statutêre persoonlike en die statutêre afgeleide aksie: Is ’n streng onderskeid steeds geregverdig?

Christiaan Swart LitNet Akademies (Regte) 2021-11-15

"Daar word voorgestel dat artikel 163(2) gewysig word om aan ’n hof bevoegdheid te verleen om aan ’n aandeelhouer of direkteur regshulp toe te staan in die vorm van verlof om namens ’n maatskappy ’n regsgeding aanhangig te maak."

“The good, the bad and the ugly”: ’n Regsletterkundige besinning van Von Meck se Die heelal op my tong

Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2021-08-17

"Die waarde van postapartheid literêre werk is daarin geleë dat dit geleenthede skep om die geskiedenis aan die hand van karakters se ervarings te kan belig, sodat die leser saam met die karakters hul reis na katarsis kan beleef."

’n Normatiewe en prosesregtelike raamwerk vir die afneem van getuieverklarings en die beoordeling van teenstrydige getuienis

Inez Bezuidenhout LitNet Akademies (Regte) 2021-07-26

"Die billikheid van die proses voordat die getuie onder kruisverhoor getuig, raak die staatsgetuie se belange direk. Deel van die staat se plig behoort te wees om as roetine die afnemer van die getuieverklaring op te roep om die prosessuele grondslag vir die afneem van die verklaring te verduidelik."

Aantekening: Deliktuele aanspreeklikheid vir skade veroorsaak deur outonome (selfbesturende) voertuie

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2021-06-21

"Maksimum bedrae geld vir voertuigongelukke wat in die geval van outonome voertuie verdubbel is omdat die risiko van skade baie groter as in die geval van tradisionele voertuie kan wees indien eersgenoemde buite beheer raak en nie maklik tot stilstand gebring kan word nie."

Die uitsluiting van middellike aanspreeklikheid van werkgewers in vrywaringsklousules

Karin Calitz LitNet Akademies (Regte) 2021-05-17

"In hierdie bydrae word aangevoer dat die gronde waarop howe in die verlede vrywaringsklousules wat middellike aanspreeklikheid uitsluit, gehandhaaf het, dikwels teen die openbare beleid is."

Vonnisbespreking: Spoedoortredings: Erkennings wat by die aanbieding van ’n pleit van skuldig vereis word

Pieter du Toit LitNet Akademies (Regte) 2021-03-15

"Alhoewel artikel 112 van die Strafproseswet daarop gemik is om beskuldigdes, veral onverteenwoordigde beskuldigdes, te beskerm, is dit nie vir die voorsittende beampte nodig om inligting rakende elke stukkie getuienis wat die staat moontlik sou kon aanbied, vas te stel nie."

’n Toepaslike regsraamwerk vir geoutomatiseerde gesigherkenningstegnologie in Suid-Afrika

Barrie Gordon LitNet Akademies (Regte) 2021-02-15

"Die insameling en verwerking van sulke inligting moet aan streng vereistes voldoen, en die Suid-Afrikaanse stelsel bevat wél sulke bepalings, maar dit wil voorkom of die uitsonderings te wyd geformuleer is om op ’n sinvolle wyse menseregteskendings te verhoed."

Vonnisbespreking: Deliktuele skadevergoedingsreg – die “once and for all”-reël en die beginsel dat skadevergoeding in geld uitgedruk moet word, onder die soeklig

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2021-02-08

"Ten einde hierdie kwessie reg te stel, behoort die omvang en wyse van die betaling van skadevergoeding (eenmalig of periodiek) buite die bestek van die reël te val en aan die jurisdiksie van die howe oorgelaat te word soos nou deur artikel 173 van die Grondwet bekragtig is."

Vonnisbespreking: BTW-toedeling van dienste gelewer aan nie-inwoners

Marlene Botes LitNet Akademies (Regte) 2020-11-09

"Die doel van die BTW-wet is nie dat ’n nie-inwoner, wat nie die finale verbruiker van goed in Suid-Afrika is, ’n BTW-koste moet oploop nie. Daarbenewens vereis die struktuur van die BTW-wet nie dat ’n BTW-koste moet ontstaan waar produkte weggegee word om goed, wat ingevolge ’n belasbare lewering verkoop gaan word, te bemark nie."

Die dominium of eiendomsreg van ’n bestorwe boedel op die oomblik van die erflater se dood

Juanita Jamneck LitNet Akademies (Regte) 2020-10-28

"Soos [...] aangedui, neem die eksekuteur wel die verpligtinge van die eienaar van die bestorwe boedel oor, maar verkry nie terselfdertyd die regte nie. Hy word dus nie eienaar nie terwyl, as die boedel as sodanig as eienaar beskou word, verkry die boedel as regsentiteit sui generis regte en verpligtinge, word universele opvolger en word in die uitvoering van die verpligtinge deur die eksekuteur verteenwoordig."

Vonnisbespreking: Die Konstitusionele Hof verskaf sekerheid oor die toepassing van die gemeenskaplikeoogmerk-leerstuk op verkragtingsake

Delano van der Linde LitNet Akademies (Regte) 2020-10-14

"Dit is onlogies om die leerstuk op misdade soos moord (hoewel baie wyd omskryf), waar ’n dader byvoorbeeld iemand met ’n mes kan steek of verwurg, toe te pas, maar nie op verkragting nie. ’n Mes penetreer tog op ’n soortgelyke wyse die menslike liggaam (al is dit nie op ’n intieme, seksuele wyse nie)."

Vonnisbespreking: Stakingstemmings: Oplossing en raaisels deur die Arbeidsappèlhof

Stefan van Eck LitNet Akademies (Regte) 2020-10-07

"Dit is duidelik dat stakingstemmings daargestel is bloot om die verhouding tussen vakbonde en hulle lede te reguleer. Dit skep geen regte en verpligtinge tussen vakbonde, werkgewers of derde partye nie."

Jonk genoeg om met moord weg te kom? ’n Vergelykende studie rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid by kinderoortreders in Suid-Afrika en Engeland

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2020-10-01

"In teenstelling met Suid-Afrika, waar verminderde toerekeningsvatbaarheid slegs as strafversagtende faktor by vonnisoplegging dien, sou hierdie verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid in Engeland daartoe aanleiding gee dat moord met voorbedagte rade as manslag beskou sou word."

Top