"Canvas" deur Steyn van Zyl

  • 0

Canvas

Ek stap alleen rond met geen hand in my hand.
Dit voel of almal vir my kyk omdat ek anders lyk.
Ek pas nie in by die wêreld se canvas nie.
Toemaar My kind, jou canvas is vir my perfek.

Die wêreld draai rond en rond,
24 uur hier en 24 uur daar.
Elke 24 uur val ‘n canvas in die
Wêreld se formaat.

Ek dra wit en die ander swart.
Mense wat wit dra moet gereeld en meer klere was.
Die wêreld se canvas besmet jou gereeld met kleur.
Toemaar My kind, jou canvas is vir my perfek.

Die wêreld draai rond en rond,
24 uur hier en 24 uur daar.
Elke 24 uur val daar nog ‘n canvas in die
Wêreld se formaat.

My wit klere skyn helder
Sodat die res kan sien.
Wie verf my canvas?
Wie sal dan sê ek is perfek?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top