"Canta Libre" deur Lizette Snyman

  • 0

Canta Libre

Die wind speel eolusharp
vanuit kranse bokant my
Arendsvlerke klap cantate
in ? mooi canta libre

My tuin hang vol wind chimes
van bamboes vir bietjie bas
gemeng met fyner klankies
canta libre teen my vas

By polle bloubuffelgras
waar die veldpatrysies bly
sal jy met die roep vir sy maat
nóg ? canta libre kry

Maar snags as ek alleen is
met nonnetjiesuil van die nag
Dis dan wanneer ek die meeste
op jou canta libre wag

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top