Menige besoeker was ongetwyfeld al geamuseerd met die volgende inskripsie op die replika van die kruis wat deur Diego Cau in 1485 by Kaapkruis in Namibië opgerig is: (In Afrikaans vertaal) “SEDERT DIE SKEPPING VAN DIE AARDE HET 6684 JAAR VERBYGEGAAN; EN SEDERT DIE GEBOORTE VAN CHRISTUS 1484 JAAR; EN HET DIE DEURLUGTIGE DOM JOHANNES GELAS DAT HIERDIE PILAAR HIER OPGERIG SOU WORD DEUR DIEGO CAU, SY RIDDER.”
Ek haal voorts twee kort paragrawe aan uit die artikel: “From Ussher to Slusher, from Archbish to Gish: or not in a million years: — Colin Groves. — (vertaal):
"Die evolusieteorie is nie meer of minder oordonderend as ander wetenskaplike teorieë nie, so waarom was daar so ’n ophef in plekke soos Alabama toe dit in skoolhandboeke genoem word? Hoekom ontlok juis hierdie teorie so ’n vyandige reaksie?
Die antwoord is natuurlik dat dit onomwonde die storie in Genesis, die eerste boek van die Torah (of Pentateug) wat die basis vorm van die drie groot monoteïstiese godsdienste, weerspreek."
Volgens Groves het dit gelei tot, wat misleidend genoem word ‘Creation Science’ (sg Intelligente Ontwerp — IO) en is dit ’n poging om, die gewone kreasoniste, wat rondskarrel vir bewyse om ’n veranderende wêreld te oortuig dat wanneer behoorlik, soos deur hulle geïnterpreteer, die geologiese getuienis nie na miljoene jare nie maar na 6 000 tot 10 000 jr verwys en dat die fossiele nie die nagevolg is van evolusie nie maar die slagoffers is van Noag se vloed.
Die katalisator vir moderne kreasionisme was waarskynlik die destydse aartsbiskop van Armagh en visekanselier van Trinity College in Dublin, James Ussher, wat ná omvattende berekenings, en intensiewe bestudering van die Ou Testament, in 1644 bekend gemaak het dat die aarde en alles daarop, om nege uur die oggend van 23 Oktober 4004 vC deur God geskape is, en voorts dat Adam en Eva op Maandag 10 November 4004 vC uit die paradys verdryf is. (Hulle moes volgens Ussher dus toe maar nog net 13 dae oud gewees het — foeitog! — Maar nouja hulle was minstens darem groot en uitgevreet.) Die ark het ook volgens sy berekeninge op Woensdag 5 Mei 2348 vC op die berg Ararat gestrand. Die gesiene dr John Lightfoot, vise-kanselier van Cambridge-universiteit, was dit met Ussher se berekeninge eens en hy was nie die enigste nie. Ussher se datum van 4004 vC verskil min van ander Bybels-gebaseerde berekenings soos die van Jose ben Halafta (3761 vC) Scaliger (3949 vC) Johannes Kepler (3992 vC) en Sir Isaac Newton (4000 vC) Nie dat ons vir Newton te ernstig hoef op te neem nie. Hy is tog al hier op SêNet uitgewys deur ’n spiritueel geseënde vir sy "... opgesmukte ‘wetenskaplike’ teorieë wat uitgegee word as feite." (skakel op aanvraag beskikbaar)
Nou ja — ongeag nou Newton — nou weet ons almal hoe oud die aarde is? Of sal ons ook maar soos Colin Groves sê: “Gish?” Ek vermoed hy bedoel daarmee — ‘Snert?’
Maar daar is darem nog ’n sakie wat my uit die slaap hou. Die son, maan en sterre is eers op die vierde dag geskep. Die aarde is dus die oudste hemelliggaam. Hoe dan nou dat die sterre wat miljoene en duisende miljoene ligjare vêr is en so onlangs as 6 000 tot 10 000 jaar gelede eers in die hemelgewelf geplaas is om lig op die aarde te gee, alreeds dié funksie verrig? Trouens soos ek die storie in Genesis verstaan was die sterre sommer dadelik sigbaar.
* Addisionele inligting.
Groete


Kommentaar
“Can religion survive for very long by arguing that empirical evidence is fiction?
Can it successfully argue that the science which has produced huge technical understanding and improvement in quality of life is at the same time fundamentally flawed?
My suspicion is ‘no’, but it looks like a great many are going to try.”
Jake Young
Wat ons vandag vir 'n feit weet is dat die Bybelse weergawe van die aarde en heelal se ouderdom en onstaan, waar ons vandaan kom, 'n skepper en 'n skepping vals is. Dit druis in teen alle bewyse wat tot die mensdom se beskikking is.
Dit noop onkritiese gelowiges om die Bybelse weergawe te omskep in "metafore" of "poetry".
Hello Panda
Meeste van ons het al gewonder hoekom God die son, die maan en die sterre nie nie eers gemaak het voor hy begin praat het van dag, nag en lig. Gary Rendsburg (The Book of Genesis - Teaching Company) bied 'n antwoord (nie 'n oplossing) wat vir my sin maak. Daar sou definitief gode gewees het wat geassosieeer was met die son, maan en sterre, en hulle name sou dieselfde gewees het as die woorde wat na hulle verwys. Dit verklaar hoekom daar verwys word na 'ligte' (Gen 1:14-18), 'n neutrale term, en nie 'son' en 'maan' nie. Om hulle reg aan die begin van die skeppingsverhaal te plaas sou hulle verhef het tot 'n posisie van belangrikheid wat die skrywer van Genesis nie bereid was om te doen nie.
Die bietjie inligting gaan ongelukkig nie maak dat jy beter slaap nie, jammer.
Chris