BSV-slypskoolaanbieding 2016 – met Joan Hambidge

  • 0

Corlietha Swart skryf: "Wonderlike terugvoering van meer as sestig slypskoolgangers! Hulle het Joan Hambidge, wat persoonlik twee gedigte van elke slypskoolganger bespreek het, se persoonlike aandag geweldig waardeer. NALN het 'n pragtige uitstalling van haar daar gehad. Sy het ook 13 eksemplare van haar nuutste bundel, wat nog nie op die rakke was op daardie stadium nie, saamgebring en dit het binne één minuut uitverkoop! 'n Onvergeetlike slypskool."

Corlietha Swart deel ook haar foto's van die geleentheid met LitNet se lesers.

bsvbestuur16.joan1

Die bestuur van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging saam met Joan Hambidge, BSV-slypskoolaanbieder 2016. Voor: Joan Hambidge (BSV-slypskoolaanbieder 2016), Corlietha Swart (voorsitter: BSV), Karen van Vuuren (BSV-bestuurslid), Douwlina du Plessis (BSV-ondervoorsitter). Agter: Joe Mynhardt (BSV-bestuurslid). Lelani Fourie (BSV-sekretaresse/ penningmeester) was afwesig tydens die neem van die foto.

Voor: Anri Scheepers (verteenwoordiger van die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV en borg van die nasionale BSV-Skryfwedstryd 2016), Catharina Müller van Kaapstad (tweede prys van ongepubliseerde skrywers, ope-afdeling: prosa), Marthé McLoud van die Strand (tweede prys, en eervol vermeld, ope-afdeling: poësie), Brechje Visagie van Christiana (wenner, ongepubliseerde skrywers, ope-afdeling: prosa), Nikita van den Heever van Muldersdrift (derde prys, ope-afdeling: poësie) en Corlietha Swart (Voorsitter: BSV en dosent van die UV). Agter: Almé Engelbrecht van Hugenote Hoërskool, Wellington (derde prys, senior skole-afdeling: prosa), Joan Hambidge van die Universiteit van Kaapstad (BSV-slypskoolaanbieder 2016), Ruan Fourie van Potchefstroom (wenner, ope-afdeling: poësie), Louis Nell van Bloemfontein (wenner: ope-afdeling: prosa, reeds-gepubliseerdes) en Ayden Kruger van Hoër Meisieskool Paarl (wenner en derdepryswenner, skole: poësie).

Voor: Anri Scheepers (verteenwoordigervan die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV en borg van die nasionale BSV-Skryfwedstryd 2016), Thandiwe Gulwa van Phelandaba (ontvang die niemoedertaalprys: Xhosasprekend vir poësie namens haar dogter, Thandolwethu Gulwa van die Universiteit van Grahamstad), Joan Hambidge (BSV-Slypskoolaanbieder 2016) en Louiza Combrinck van Oranje Meisieskool, Bloemfontein (wenner van die senior skole-prys: prosa). Agter: Corlietha Swart (voorsitter: BSV en dosent, UV), Nellie Wessels (BSV-beurshouer 2016) en Jhua-nine Wyrley-Birch (van Afriforum: borg van die Slypskoolaanbieder 2016).

  • bsvjoankleinfotoJoan Hambidge by 'n uitstalling van haar boeke en knipsels wat in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) gehuisves word

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top