
Daar was meer as 80 slypskoolgangers wat die jaarlikse BS-slypskool, vanjaar aangebied deur die welbekende Leon van Nierop, in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), Bloemfontein, bygewoon het. Hieronder was wenners van die bekende Nasionale Skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, wat van heinde en verre gekom om die slypskool as deel van hul prys, gratis by te woon. Die wedstryd is vanjaar weer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en die slypskoolaanbieder is geborg deur Afriforum.
Voor, van links na regs: Louwrien Leeuwner, gr 10, Hoër Landbouskool, Jacobsdal (Eervol vermeld – Skole-poësie), Joos Heunis (BSV-beurshouer 2013), Leon van Nierop (BSV-slypskoolaanbieder 2013), Manie Wolvaardt (Prosa-beoordelaar), Ode Krige, Stellenbosch (eerstepryswenner van die Ope-afdeling: Poësie), Bernedette Botha, gr 8, Hoërskool Outeniqua, George, eerstepryswenner van die Skole, Junior, prosa-afdeling.
Agter, van links na regs: Corlietha Swart (Voorsitter van die BSV en dosent verbonde aan die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV wat as borg van die landswye BSV-skryfwedstryd opgetree het), JP Kruger van George (tweedepryswenner van die prosa-afdeling vir ongepubliseerdes), Anita Jonker (gr. 12) Hoërskool Durbanville, tweedepryswenner van die Skole-poësie-afdeling), Anje Venter (gr 12) Eunice Hoërskool, Bloemfontein, eerstepryswenner van die Skole: poësie-afdeling, Hannes Visser van Oudtshoorn, (eerstepryswenner van prosa vir ongepubliseerdes en tweedepryswenner van die Ope-afdeling: Poësie). Tydens die geleentheid is die bundel, Inkvars 2013, ook bekendgestel.

Bestuurslede van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging na die BSV-slypskool 2013 in ligte luim saam met die slypskoolaanbieder, Leon van Nierop, wat die hele dag meer as 80 slypskoolgangers en wenners van die landswye BSV-skryfwedstryd geboei het met sy video-insetsel, vertellings en skryfwenke. Van links na regs, Lelani Fourie (sekretaresse/tesourier: BSV), Corlietha Swart (Voorsitter: BSV), Leon van Nierop (slypskoolaanbieder), Ronelle Meyer (BSV-bestuurslid), Elmien van der Berg (BSV-bestuurslid) en Douwlina du Plessis (BSV-bestuurslid).
Die voorblad van Inkvars 2013 (geborg deur die Stichting tot bevordering van Culturele Betrekkingen, Nederland/ Zuid-Afrika), die bundel wat die bekroonde prosa en poësiestukke van die BSV Skryfwedstryd 2013, asook die beoordelaarsverslae bevat. Nuttig vir Stelwerkonderwysers en voornemende skrywers. Redakteur: Corlietha Swart, Gedruk deur SUNMedia: Bloemfontein, ISBN 978-0-620-56408-3. Beskikbaar by bloemsv@gmail.com of by Lelani Fourie, sel. 0733883377, of bestel op webwerf by www.bloemsv.wordpress.com teen R75. Die voorblad is ontwerp deur die kunstenaar/ skrywer, Fanie Viljoen.

