Penguin SA het onlangs op ’n veiling die regte bekom om vier boeke deur Karin Brynard te publiseer. Dit behels die vertaling van Brynard se twee gepubliseerde boeke, sowel as die Afrikaanse en Engelse publikasie van haar derde boek. Plaasmoord sal vroeg in 2014 in Engels verskyn as Weeping Waters. Dit word later in 2014 opgevolg deur die publikasie van Brynard se derde boek, Tuisland, in beide Afrikaans en Engels. Die Engelse vertaling van Onse Vaders sal in 2015 verskyn as Our Fathers. Die vertalings word hanteer deur Maya Fowler, in samewerking met Isobel Dixon.
Karin is Dinsdagaand by Penguin se Johannesburg-kantoor as Penguin-skrywer verwelkom en aan die media bekendgestel.

Jo Prins (Media24-boekredakteur) en Karin Brynard

Ben Williams (BooksLive)

Michele Magwood (Sunday Times)

Louwrens Potgieter (CNA )

Jean Fryer (Penguin SA)

Zita Castanho en Kate Powell (Penguin SA)

Stephen Johnson (Penguin SA)

Elsa Liebenberg (Graffiti-boeke), Karin Brynard, Leonie van Rensburg (Graffiti-boeke) en Claire Grant (Penguin SA)

Karin Brynard saam met Ellen van Schalkwyk, Frederik de Jager en Jean Fryer van Penguin SA


Kommentaar
Die uitgewer, deesdae ook bekend as Random Penguin. 😉