Graag bring ek onder die aandag van lesers van SêNet watter skatkis YouTube werklik is. Daar sal mens alles onder die son ontdek, volgens elke smaak, van vollengte films uit Japan, tot klassieke musiek, en debatte van ‘n hoë standaard.
Onlangs het ek die volgende debat gevolg: Britain should not have fought in the First World War, en kan gevind word by die volgende adres:
http:// www.intelligencesquared.com/events/britain-first-world-war
Uitstaande historici is aan die woord, en diegene wat die mosie steun maak ‘n besondere goeie en grondige saak daarvoor uit. Die les wat mens leer is dat daar alternatiewe wel bestaan, en dat feilbare mense besluite neem wat die lewens van miljoene mense raak. Die Eerste Wêreld Oorlog was ‘n katastrofe ook vir Brittanje gewees en tot my verbasing het die meerderheid in die gehoor TEEN die mosie gestem, en gevoel dat Brittanje teen Duitsland oorlog moes maak. Seker maklik om so te dink as jy nie persoonlik die risiko loop om iets te verloor nie. Dalk ook die resultaat van dekades van breinspoeling met die offisiële weergawe van hierdie oorlog deur Anglo-Saksiese historici. Dit is ‘n voldonge feit dat diegene wat die oorlog wen ook die geskiedenis daarvan skrywe en dit word dan institusionele dogma.
‘n Ander debat wat besonder interessant is gaan oor pornografie: Pornography is Good For Us. Dit sal hier gevind word:
http://www.intelligencesquared.com/events/pornography-is-good-for-us
Ek is seker dat Suid-Afrikaners by dié tyd volwasse genoeg is om so ‘n debat te kan volg. Laat my dink aan die ou grappie van die vliegtuig wat in Suid-Afrika land, en die vlugkaptein oor die interkom uitroep: “Ladies and Gentlemen, We have just arrived in South-Africa, so kindly set your watches back 40 years.”
Groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Pieter
Beste Thomas,
Verskoon tog my blaps as ek sou voorgee dat almal so agterlik is. Daar is tog voorbeelde van skrywers aan LitNet wat nie pas in hierdie stereotipering nie, en watter plesier dit nie is om hulle te ontdek nie.
Baie groete,
Pieter Redelinghuys