Wolkekrabbers van woorde

  • 0

Dit gaan al vir eeue so aan.
Met woorde sonder inhoud word daar gebou aan torings en tempels van onsin met geen fondament of steun in die werklikheid nie.
Laag op laag word die versinsels en bedenksels wetenskappe en nou ook meme.
As die struktuur ineenstort, word die rommel die grondlaag van nuwe goedhede en heerlikhede.
Die menigte versmoor in die puin, maar juig saam met die leiers en geleerdes oor die groot hoogtes wat hulle bereik.

CM

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top