In die "Kerkafvaligheid onder Afrikaners" het die gedagte eens in my gekom dat die afval van die kerke of God maar vanuit die kerk met sy kerklike wette veroorsaak word. Deur ons vriend Jaco se eie woorde as ongelowige kan ons dan ook in hartseer sien dat die fout dan vanuit die kerk en geloof in menslike stukke is waarin die mens meer vashou as aan God se insettinge en verordeninge, waardeur mense se geloof skade betokkel word. Dan weet ons ook dat die menslike kerke is wat in hul geloof staan, nie in die geloof soos wat God deur Sy Gees opwek met kinderlike vertroue nie. Uit die Kerklike groepe wil ons mense veroordeel as ongelowig, hel-verdiende sondaars, mense wat nie wil wandel ooreenkomstig die kerklike wette nie ... Ons ag ons self so hoog en goed dat ons mense kan bekeer, sodanig is dit ook nie meer nodig dat God deur Sy Woord en Gees die skape tot Sy kudde tuisbring nie. Ek vra elkeen om mooi te kyk na die aanklag van Jaco en dit ook te oordink, is die Christene werklik broers van Christus. Sal Sy kinders dan nie die wil van die Vader en die weg wat Christus vir ons geleer het vashou nie? Het ons nuwe wete nodig en moet ons die wete wat God Self daar gestel het dan tot niet verklaar omdat dit nie in vandag se tye pas nie...
Hier volg Jaco se woorde:
"Ek het vanaf 'n Christen tot ateïs geword as gevolg van die volgende, en glad nie as gevolg van geloof of kennis in die ewolusie-leer, waarvan my kennis beroerd is nie.
- Soos reeds genoem, die weersprekings in die Bybel.
- 'n Verandering van 'n wraaksugtige God (die Ou Testament) tot 'n liefdevolle God (die Nuwe Testament), en dan weer as 'n wraaksugtige God met die wederkoms. 'n God behoort nie wispelturig te wees nie.
- Die feit dat die mensdom onder duisende gelowe ingedeel is waar elkeen aanspraak maak sy God is die enigste God. Mbt Die Christendom, die self is in honderde sektes ingedeel. Nou as God enige sin van empatie gehad het, sou hy dit met die mensdom DUIDELIK uitklaar waar die waarheid is...."
Vriende, mede christene wat op reis is na die ewigheid, ek wil aan julle die vraag stel volgens Jesaja 10:1 "Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe," is dit nie juis te bespeur dat die geleerdes en wetgewers van ons tyd, nie meer na God Woord alleen wil wandel nie. Nee, ons wil verstaan en aanhaal uit Gods Woord wat ons wil gebruik ooreenkomstig ons menslike wil. Gaan dit in die Kerke oor God, Sy Woord en Wil alleen... Gaan dit nie juis oor wat het die sinode of die Dominee, Predikant, Apostel, Pous, Kerk-Vader, ... besluit nie, wat is hulle kleure drag, waar bly hulle, wat is hul doen en late. Hulle is mos heilig en as hulle iets doen kan ons ook, dan is dit nie meer verkeerd of oortredings nie. Is hulle nie net soos ons elkeen mense met swakhede nie, indien in en deur Christus genade verander is, is hulle goeie werke nie hulle verdienste nie, dan het God alles vir hulle verdien. Is daar een mens wat uit hom self beter geloof uit hom self besit as sy medemens. Wie is daar wat nie moet smeek dat die balk uit sy eie oog verwyder moet word nie, maar ons wil almal die splinter uit ander se oog haal. Dink ons dan almal dat ons alles in die lewe beter verstaan as ons naaste. Het ons respek vir ons medemens se sienings, ons hoef nie "eens" te wees nie, maar het respek... Ons wat ons Christene noem, hoeveel keer bedroef ons nie die Gees van God omdat ons hoogmoedig is en dink dat ons weet hoe dinge moet en sal, ons het nie eens nodig om tot God te smeek om wysheid nie, ons weet mos hoe dit moet ... Johannes 8:7 "Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi." Die woord "sonder sonde" hou uit die Grieks grondteks in: on-sondig; dat is in dergelike of andere sonde nie geval het nie, of meen dat hy nie daarin sal kan val nie soos wat dan ook hier verwys word na Deut. 17:7. Het u nog nooit gelees dat u beste werke 'n gruwel is in die "Oog van God (Geestelike manier van spraak)" Het u wat voorgee dat u glo in die Woord van God al gelees wat staan in Lukas 16:15 "En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor God." Sien u nie ook self hieruit dat dit wat die wêreldse en vleeslike mense hoogag nie voor God kan bestaan nie. Kan u dan God en uself of die wêreld gelyk dien ... Weerspreek die Bybel hom soos wat Jaco hier bo uit ons kerkmense se lewe sien, of is dit ons wat in ons hoogmoedigheid en eie eer Gods Woord tot ons eie gewin wil gebruik om Sy Woord aan te pas om by ons aan te pas! Ons druk God so graag uit as 'n Wraaknemende God wat die wat nie glo in die hel sal werp, weet u dat u uself dan ook hierdeur veroordeel. Lukas 22:32 "Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk." Ons sien dus dat toe die saligmakende geloof nog nie aan Petrus geskenk is nie, het Christus gesê dat Hy vir hom bid dat sy geloof waarop hy dink om te staan nie uitgeblus moet word nie, deur de versoeking van die Satans, so bid Hy ook vir die waarin Hy Sy Geloof in Hom begin werk; Joh. 17:20; Rom. 8:34. Elke kerk wil roem op die hoeveelheid lede wat in die kerk teenwoordig is, want sy lede glo in die Bybel, en die wat "glo" sal gered word. Ek het vir sulke gelowiges ten eerste die vraag; "Ken hulle die Saligmakende Geloof waarvan die grondteks spreek?" Waar is dan die werke wat uit dankbaarheid vir die genade na vore sal kom? Waar is dan medelye met u medemens wat die pad duister geword het volgens Gods Woord? Het u uit liefde tot die wat die evangelie benodig met die evangelie gegaan. Dink u dat die paar Rand wat julle uit die rykdom van dit wat God julle skenk genoeg is om as offer te skenk om Bybels te koop of bietjie kos te koop om te versprei... Waaruit verdien julle jul gesondheid, jul daaglikse spyse, jul dak oor julle koppe, is dit omdat julle so wys of dalk volmaak is. Waarom leef julle nie eerder na wat God eis en laat die werke uit dankbaarheid volg nie. Matthéüs 12:7 "Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;"
Indien ons as Christene een liggaam is soos wat God se Woord weergee, Romeine 12:4 "Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie," is ons verseker dat die brein wat in die hoof is, die Gees van God, elke lit voer tog uit wat die brein van hom verlang, behalwe as die lid dood is ... Matthéüs 6:22 "Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees." Ja, ons moet nie die gedeelte in parallel trek met die vorige gedeelte uit Romeine nie. Maar ek wil hieruit aantoon dat wanneer die brein nie meer die liggaam bestuur nie, maar die gees van die wêreld of die eie ek soos ons ook vind in die beeldspraak uit Romeine 8:13 "want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe." Is God werk in u sigbaar of leef u uit eie krag voort! Het u God se genade nodig of kan u op u eie voete staan... Als ons self ook kyk hoe die kerk of dat ek spreek van kerkmense ander in of uit sluit in die koninkryk van God, wonder ek of mense ooit al gelees het wat staan in Jakobus 3:6 "Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek." In die 5de vers kan ons sien hoe die tong graag spreek van die magtige dade wat hy verrig het in die lewe, dit word vergelyk met 'n klein vuurtjie wat aangesteek word maar tog 'n groot hoop brandende stowe kan verteer. Ek dink dat u met my sal saamstem dat die tong sulke skade in die droë hout van ons land ook kan aanrig. Uit hoogmoed van die mense hart kom die val. Kyk hoeveel mense struikel deur verkeerd te doen omdat dinge so mooi ingekleur word sodat daar nie regtig oortredings aan gekoppel word nie. Hoeveel mense word verlei deur mense wat toon op die wonderlike menslike weg asook die mag van die mens, waar mens se eie werke en wette bo Gods Weg en Wette geskat word. Moet die mens dan sy mede mens meer gehoorsaam wees as God? Wat se beeld van God dra die christendom uit, is dit nie om van te walg nie, Jakobus 4:1 "Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?"
Ek ag my self as 'n mens wat vol is van die wêreld en onreg, ek wil my nie aan julle opdring nie want ek moet elke oomblik agterkom dat die gedeelte in Romeine 7:19 "Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek." ook teen my getuig. Om die Here God te dien hou ook in om Hom alleen te dien en eer. Dan kan dit ook nie anders as om aan die gedeelte in Kolossense 3:5 "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is," gehoor te gee. Ek wil ook God in waarheid dien om na sy gebooie te lewe, wat kom ek agter dat op eie krag ek nie kan nie, weet u wat dit inhou om aan die voete van jou borg te wees my vriende. Ek kan nie soos julle wat geloof het in en uit julle self staan nie, ek het daagliks meer en meer genade nodig van Hom wat my Losser is. Ek wonder of daar ook nog ander is waarvoor dit 'n wonder is dat Sy genade so oorvloedig is en dan slegs genade. Laat weet asb indien u nog so nietige mens is wat leef uit Gods genade. 'n Mens wat in Christus verdienste genade gevind het, 'n hel-verdiende sondaar wat nie anders kan as om te getuig dat daar vir die grootste sondaar genade gevind is. Daarom kan ek vandag uitroep, met Gods genade in die verdienste van Christus kan daar ook vir u genade wees by God, smeek hom om u self aan u te openbaar en u te vertoon op Sy verdienste ... Ek kon niks inbring om gered te word nie en tog was daar by Hom genade vir my!
My Christelike volksgenote, my oproep tot u elkeen vandag is keer terug tot die die ou paaie van ons boere voorouers wat God gedien het volgens die Woord van God en nie volgens elke aparte groep se menslike sienings nie. Indien u die Woord van God verkondig, waarop toon u die mense of laat ek so vra, wat is die hoofpunt in u predikasie.
My gebed is vir u elkeen vir genade in Christus Jesus my Saligmaker,
Barend


Kommentaar
Barend
Baie dankie vir jou bydrae. Ek lees nogal die briewe van die anargiste, atieste en watse iste oor hul gewaarwording en ervaring van die Christelike geloof. Wat my egter elke keer platslaan is dat die skuld en oorsaak by die Geloof geplaas word. In die Bybel word dit uitdruklik gesê, glo soos 'n kind. Ek is jammer vir die wie nie die konsep kan verwerk nie. Dit is seker hoekom die Christene as idiote afgemaak word. Die grootte Karl Marx het ook mos gesê dat as jy 'n land wil oorneem begin by sy Christene. Dank die Vader ek het nie nog die stryd ook om te stry nie. Ek het genoeg alledaagse strooi om my besig te hou as om oor my Geloofsoortuigings ook te wroeg. Ek glo jy moenie te slim vir jouself te probeer wees nie. My plig as gelowige is om die Woord uit te leef en nie op die straathoeke te staan en skree nie. My dade moet spreek van my oortuiging en nie leë woorde nie.
Goeie dag Thomas
Ek is bly om te hoor dat u nie skynheilig is oor u siening om sodanig mense soos ek tegemoet te kom nie. Of u 'n saligmaking of redding van enige aard benodig sal u seker die beste self weet. Ek daar-in-teen weet dat ek nie sonder my Saligmaker of God sal wil leef nie. Ja dit is ook waar dat ek op die tydstip sonder 'n kerk wat 'n instelling van mensehande is moet soek na wat hou Gods woord in vir my as mens. Maar Thomas ek kan nie soos jy glo dat daar nie 'n God is nie. Wie het dan aan my siel gewerk as redder van my sondaars hart. Wie het my hart dan geneig om soekend te wees na iets wat ek nie kon verstaan nie. Wie het my hart en oog dan geopen om voor Sy voete te pleit om genade? Wie het my vreugde verskaf deur vir my te sê: "My genade is vir jou genoeg!" Ek hoef nie op 'n ander plek te gaan soek as diep uit my self om te getuig en te erken, ja Here Jesus ek glo dat u die Seun van God is...
Thomas u mag glo wat u wil en ek weet ook dat ek as mens u nie sal kan oortuig om te glo soos ek glo nie. Ek weet ook dat u nie dit wil glo nie want dan hou dit in dat u soos ek ook die gebooie van God uit dankbaarheid sal wil onderhou, en met die wêreldse genietinge moet skei. Ek is ook nie daar om u of ander te oordeel wat soos u glo nie, weet u ek is ook vlees soos u en staan ook onder die menslike oordeel op aarde. Sy genade wat ek ontvang het kan Hy u ook skenk. Toe ek in u skoene op die selfde sandgrond gestaan het, het ek ook geen lus of ywer besit om Hom te dien nie. Indien ek u sal veroordeel spreek ek oor myself 'n oordeel uit.
Thomas, indien u nie omgee sal ek graag wil hoor wat glo u:
Ek hoop dat u nie my skrywe as inbreuk op u lewe sien nie, maar eerder as 'n vreedsame redenasie met respek vir u siening. Ek hoop ook dat u die selfde respek vir my sienings mag hê, ek weet ook dat dit inhou dat ons nie met mekaar se sienings eens sal wees nie. Kom ons ruil net menings uit, sonder mekaar met modder te gooi. Indien u nie oor 'n sekere saak wil skryf nie het u ook u reg om daaroor te swyg.
--------------------------------------------------------------
Geagte Reusedwerg
Ek waardeer ook dat u uwe mening kortliks uiteen gesit het. Dit klink of u my ken uit u gedeelte als 'n mens wat homself slim hou en waarin nie veel goeds kan wees nie. Dit is moontlik dat ek uit u skrywe verkeerd verstaan of lees... Indien my oordeel volgens Gods Woord omdat u my ken, mag die Here my hart open dat ek my kan sien soos u my sien en u seën... Indien u my oordeel omdat ek wil leef na Gods Woord, vra ek u om u eie hart te ondersoek. Ja dit is waar dat "Christene as idiote afgemaak word", maar ek sien dit in die saak dat die Christendom verdeeld is tussen koud, lou tot warm. Hierdeur veroorsaak dit dat daar baie is wat die naam van Christen dra maar wat self nie uit dankbaarheid kan of wil leef na Gods wil en wet. Daarom vind ons ook so baie verdraaiings vanuit die Kerke wat menslike instellings is en nie gebaseer is volgens Gods Woord nie. Ek vind dat die wêreld al reeds in die kerke is en asook buite op die strate en in die huise. U mag ook die siening hê dat in u self as christen te leef, maar wat spreek Gods Woord van 'n lig en die die staander. Ek lees dat u spreek van uitleef en nie staan op die straat hoeke nie. Vriend dit is goed as u dit uitleef omdat u uwe Dank aan God betoon vir die geloof wat Hy aan u geskenk het, of bedoel u dalk dat u glo uit u self omdat u wil en kan...
Ek weet dat elke mens geregtig is op sy eie siening en ek gaan u ook nie veroordeel volgens u siening nie. Ek wil net hierin weereens daarop wys dat ons sienings kan uitruil sonder om modder te gooi. Ek sal graag ook wil hoor waarin u glo:
Ek hoop dat u my die kan antwoord sonder dat u voel dat ek my opdring aan u.
--------------------------------------------------------------------
Ek weet dat ek nie as mens ander se hart kan verander nie, ek kon nie eens my eie hart verander het nie, daarby laat ek dit rus, wees gegroet...
Barend
Ek ruik iets. Vernaam die baard en vlag? Is dit 'n ou foto?
Geagte Barend Smit, u moet tog onthou dat weer eens twee woorde is. Verder moet u ook kennis neem dat sinne wat u aan Reusedwerg rig soos ..."Indien my oordeel volgens Gods Woord omdat u my ken, mag die Here my hart open dat ek my kan sien soos u my sien en u seën... " absoluut geen sin maak nie. Dit beteken die sinne is onsinnig. Hoe moet Reusedwerg of enige iemand anders hierop antwoord as dit totale nonsens is?
En waaar lees uuu dat Thoomas u teeegemoet willl kom? Gaaan leeer eers om te spel en ordintlike woordorde te skryf voordat uuu tog hier u pleidooie kom leeewer (of is dat wereeeens plydoie kom lewr??)
Dagsê Barend
Beste Barend. Ek dink jy verstaan my verkeerd. Die slimmes na wie ek verwys is die groep wat nog nie die ervaring gehad wat ek en jy en ander gelowiges al gehad het nie. Die slimmes soek wetenskaplike, wetlike, morele bewyse, wat hulle nie gaan kry nie. Die Christelike geloof is nie sakmaakpas vir elke persoon nie. Die Hemelse Vader is nie daar om jou te akkomodeer (entertain, jammer vir die Ingels) nie. Jy aanvaar Hom as jou Verlosser en Skepper. Maak vrede met die res. Jy kan nie na Hom toe hardloop met 'n inkopielys of aanklagte teen Hom nie. Iemand het eendag vir my grafitti gestuur wat seg. If you don't believe in Jesus Christ as your saviour dont' plan to die.
Hooggeagte vriend Reusedwerg
Ek het jou waarlik verkeerd verstaan en waardeer dit dat jy nie brandstof maar water op my vuur gegooi het ... Dit is waar dat Christus as heelmeester gekom het vir die wat siek is en nie vir die wat gesond is nie! Reusedwerg, weet jy ek het begrip vir mense wat kan aanvaar dat God wel bestaan en alles geskape het. Indien jy sou weet waar ek vandaan kom en dat ek ook my skat in die wêreld gesoek het, behoort jy wel aanstoot in my te vind. Ek is geen engeltjie wie se vlerke geknip is by wyse van spreke nie. My Borg het my gevind toe ek in my doodsangs was. Nou wil ek Jesus Christus nie meer los laat nie. Hy het my gevind. Indien Hy nie my hart tot Hom geneig het nie, sou ek Hom gesoek het? Daarom vriend Reusedwerg, ek kan nie mense se harte verander nie, maar ek kan bid dat indien dit God behaag dat Hy Homself openbaar as die God waarvan ek spreek. Hy kan ook die ongelowige Thomas bekeer, Hy wat selfs ook die Moorman bekeer het.
Dit is waar dat ons geen aanklag teen Hom kan inbring nie. Dit is ons menslike geslag wat wel leef in die wêreld maar dood is in ons geloof tot God. Om te dink dat ons as mens hel-verdiend is sonder Christus verdienste en genade werk. Ek kan nie anders as om vir u te sê dat as daar vir my by God genade is, wees verseker dat die wat nie glo in God en Sy Woord ook onderrig kan ontvang van genade. Dan hou die dood geen nadeel in vir my nie, maar is die deur tot die ewige huis waar my Losser vir my 'n plek berei het.
My oproep tot u is om u oog op Hom te hou in alles
Barend
Geagte Thomas.
Ek dank u dat u my help om julle sienings beter te verstaan. Ek hoop ook dat u my skrywe in 'n goeie lig sal ontvang. Ek weet nou ook dat u weet hoe ek dinge sien in die lig van na die dood omdat u uit die agtergrond volgens wat ek verstaan opgevoed is. Ek besef elke oomblik nog te meer dat ek u nie sal kan oortuig van u sienings nie, net soos ek reeds oortuig is dat die Gees van God my lewend gemaak het. Beide van ons is ingegroei in ons standpunte...
U lewe is van dag tot dag, ek glo dat u ook gelukkig is om te lewe soos u leef en in die wêreld geen begeerte het om soos ons wat afhanklik is van die Here te leef nie. Ek besef ook dat geen mens die geluk in die wêreld wil prys gee terwille van siening van ander wat glo in die Drieënige God en Sy gebooie. U weet nie hoe ek dit wel waardeer dat daar opregte mense is soos wat u vertoon wat ander hulle Godsdiens gun. U besef dus dat u geen skade ly of ek my God dien of nie dien nie. By u maak dit seker dan ook nie saak of ek nog nooit of elke dag die Bybel deurlees nie. Elkeen doen tog waarin hy genot vind vir nou en in die toekoms. Ek hoop wel dat my woorde my mede christen vriende sal aanspoor om die wêreld se vermaak te verlaat en in hul God vrede te vind.
Al wat ek kan byvoeg is dat ek nie beter of wyser as u is nie, ek besef elke oomblik te meer dat Christus genade al is wat my verander en buig tot dit wat ek vind as waarheid.
Wees gegroet...
Barend
Naand Trienie
Ek kan jou raad gee met dit wat jy ruik. "Ek ruik iets." Soek die oorsaak van die reuk, ek glo nie dat dit 'n aangename reuk is wat jy ontvang nie. Gelukkig is ek nie naby jou nie, dit het dus niks met my te doen nie. Ek dink jou aanmerking is meer oor die vlag as oor die baard. Dit is 'n bysaak dat ek 'n boer is in murg en been, die hoofsaak vir my is om my God te dien soos ek glo my gesin, my mede mens en ek daarop geregtig is.
Ek vind dit aangenaam om ander se sienings te hoor asook waar te neem. Oor die algemeen help dit my om in my siening beter insig te ontvang asook om uit 'n beter hoek na sake te kyk. Trienie, as jy bv. 'n Zoeloe is en jou skild en assegaai op die agtergrond van jou pa se foto plaas wat Zoeloe-drag aan het, is dit mos wie jy wil wees en waaroor jy jou ook mee vereenselwig. Die foto is van generaal Smit, my groot oupa. Sou u eerder my bebaarde gesig daar wou sien.
Ja ek het ook 'n baard, moet die man dan sy baard skeer om aan die vrou gelykvormig te word. Die vrou het 'n sagte en versorgde vel wat haar vrou en moeder eienskap vertoon. As man het ek 'n baard en ook nog 'n lelike growwe vel daarby wat selfs ook by my stem pas. Teenoorgestelde pole trek tog die beste mekaar aan.
Barend
Dirk Rigter se arrogante en vermetele lessies gedurig aan ander, kan gerus ook aan sy ydelheid hierin gestel gemeet word: https://www.litnet.co.za/Article/brief-hermann-giliomee-se-gebreinspoelde-student-dirk-rigter
Goeiedag Barend, ek dank Jesus Christus onse HERE vir jou gehoorsaamheid, wysheid en insig op die werf ... nederige groete, Cornelius Henn
Barend
Geagte christen medereisiger na die ewigheid.
Dit was vir ons 'n voorreg om te hoor dat daar landgenote is wat anders glo as ons en aanvaar dat ons mense is wat ook geluk soek, alhoewel dit nie geluk is in of op die wêreld nie. Johannes 16:33 "Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin." Ons sien dat Die Here Jesus deur die woorde "in My" die aandag wil vestig op Hom of soos in die grond teks dit ook kan vertaal word "deur My" gerustheid in u gemoed, nieteenstaande al die swarigheid, wat oor u sal kom. Hoe duidelik hou dan ook die gedeelte in dat alles in die wêreld teen u saligheid sal wees. Christus het die wêreld wat in my geheers het oorwin, sodoende heers my vlees nie meer oor my nie. Geagte christen vriende, ek weet dat die wêreld dit nie verstaan nie, maar u wat ondervind het wat God aan u siel gedoen het sal "Amen" daarop kan antwoord... Romeine 3:24 "en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.' Om die rede is dit dan ook belangrik dat ons mekaar sal moet versterk om nie die wêreld na te loop nie maar God wat volmaak, heilig en rein is te dien met alles wat in ons is. (Johannes 14:15 "As julle My liefhet, bewaar My gebooie.") Want nou weet ons dat ons Hom nie dien soos iemand wat kragtig is en Sy eie heil verdien nie, maar alles ontvang uit genade.
Jesus noem Sy Vader ook Sy broeders se Vader. Alhoewel Jesus in die menslike liggaam die vernederde gestalte van 'n dienskneg aangeneem het weet ons ook dat in Sy majesteit en heerlikheid waarin Hy nog steeds God en Seun van God van ewigheid tot ewigheid sal wees. Maar dat ons nou in Hom verbly kan wees, Hy het die dood oorwin , opgestaan uit die dode, opgevaar in die hemel en heengegaan om dieselfde heerlikheid weder aan te neem wat Hy by die Vader besit het nog voordat die wêreld geskape was. Ons weet ook dat onse Losser heengegaan het om Sy geestelike kerk na Hom te neem waar Hy ewig met hulle sal wees. (Johannes 14:2 "In die huis van my Vader is daar vele wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei." ) Die wat in waarheid kan glo omdat Gods Gees u lewend gemaak het, weet dat dit alles nuttig was tot u saligheid. (Johannes 14:28) Omdat Jesus in Sy verhoging met Sy menslike liggaam opgeneem is, alhoewel Hy verheerlik is en ook sit aan die regterhand van die Vader (Handelinge 7:56), het ons dan ook 'n voorspraak by die Vader (1 Johannes 2:1 "My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.")
Ons sien ook in gedeeltes hoe Petrus voor Christus opstanding in eie krag gestaan het alhoewel hy verkies was as 'n dissipel van Jesus. 2 Korinthiërs 12:9 "En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon." Daarom kan ek nie anders wys en aan julle voorhou dat ons mense is uit die menslike geslag wat uit genade in die geloof wat God deur die Gees as trooster aan ons skenk vas te hou. 1 Korinthiërs 16:13 "Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk." Ons kan nie op ons eie geloof of krag wat nog vol is van die vleeslike en aardse dink om God in waarheid te dien nie. Laat ons dan vas staan teen die liste en hinderlae van die satan (1 Petr. 5:8) wat ook aan ons die wêreld beloof. Met die oog gevestig op die genade met aanbidding, bly standvastig (1Korinthiërs 15:58). Wees manlik nie in u eie krag nie (Romeine 5:2 "deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God."), sodat ons minder word maar Hy in alles geëer sal word. Wees ook sterk met die geestelike sterkte wat Sy Gees u sal verleen om teen die versoekers van die wereld staande te bly en ook te oorwin in Sy verdienste. Galásiërs 2:21 "Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe." Ek wil graag dan hierop u oog vestig dat u sal weet dat alles uit genade is. Indien u die geloof in Christus ontvang, is dit alleen omdat Hy u uitverkies het, nie omdat u uit uself goed en beter as ander is nie en kan glo nie. Opregte geloof is nie geleerdheid van die Bybel of 'n kennis dat daar 'n God is nie. 1 Korinthiërs 2:12 "Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het." Vriende, die wat in opregtheid glo het geen lus om die wêreldse dinge te leer of in wêreldse dinge sy vermaak en geluk te stel nie. Dan sal daar uit dankbaarheid en nie uit verdienste na Gods Woord gewandel word. Nie soos 'n dienskneg maar soos 'n kind wat in die geestelike huis gebore is. Want die Gees wat van God uitgaan en aan Sy kinders beloof en gegee word (Joh. 14:16; Rom. 8:15.) sal vir u dan tot troos en saligheid wees in die weldade van Christus (Rom. 8:32; Kol. 2:9,10.) Johannes 12:26 "As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal My dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer."
1 Johannes 4:13 "Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van Sy Gees gegee het." Het u ook so 'n innerlike gemeenskap met Hom (1 Joh. 3:24) sodat u ook kan getuienis gee van die Heilige Gees se werking en spraak (Rom. 8:9,14,15,16). 1 Korinthiërs 2:10 "Maar God het dit aan ons deur Sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God." Vriend, mag die Here Hom so aan u openbaar, sodat u in vaste geloof van genade Christus as u saligmaker mag vashou. Mag die Heilige Gees u lei in die aller-diepste sake van God, soos een en dieselfde God met die Vader en met die Seun (Rom. 8:27; Openb. 2:23). Mag ook soos hier staan die "dieptes van God", die verborge raad van God geskenk word, nie om hoogmoedig te word nie, maar om u almal in nederigheid te versterk teen die aanvegtinge van die wêreld en die satan. Sien Jes. 40:13. Romeine 8:11 "En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon." Glo en houvas aan weder opwekking tot een ewige lewe, waar geen sonde en dood meer gevind sal word nie. Want soos die Vader die dode opwek, net so wek die Seun Jesus Christus die dode op (Joh. 5:21), en sien ons ook dat die Heilige Gees netso een en dieselfde God is met dieselfde kragte.
Ek hoop van harte dat die skrywe my mede christene wat verstote voel of dalk onseker is oor enige saak, moed sal laat skep. Laat u oog nie op mense rus wat vlees en bloed is nie, maar op God se genade wat Hy vir Sy volk verdien het. Al hou Hy hom verborge vir 'n tyd, Sy volk sal nie verlaat word deur Hom nie.
My mede reisgenote naar die ewigheid, ek groet u in die Naam van die Drieënige God...
Barend