Wie anders stry die Afrikanersaak?

  • 8

Rassespanning is besig om by die Potchefstroom Landbou Kollege op te bou nadat ’n groep studente herhaaldelik liedere met die woorde “whites must be afraid” op die kampus gesing het. AfriForum Jeug beweer dat dit rassisties is en regshulp word ingewin om die moontlikheid van haatspraak te ondersoek. AfriForum Jeug het ook opnuut ’n beroep gedoen dat die kollege se bestuur vervang moet word.

“AfriForum Jeug het sy lede en ander studente op die kampus aangemoedig om die lied op te neem as dit weer gesing word en dit aan jeug@afriforum.co.za te stuur,” het Henk Maree, woordvoerder vir AfriForum Jeug gesê.

Afrikaanse studente het ? petisie teen die swak standaard van onderrig sowel as die onvermoë van dosente om Afrikaans te kan praat, opgestel. Die kollege het naamlik geadverteer dat hulle ‘n dubbelmediuminstelling is. Die voorsitter van die kollege se VSR het geweier om die petisie in ontvangs te neem omdat dit in Afrikaans is.
“Dit is teen die studente se grondwetlike reg op moedertaalonderrig en dis blatante diskriminasie teen Afrikaanse studente. Ons sal alles in ons vermoë doen om die studente by te staan,” sê Maree

AfriForum Jeug werk sedert verlede jaar aan klagtes wat ontvang is vanaf ontevrede studente. Die klagtes sluit in rassediskriminasie, dreigemente, agteruitgang en verval van infrastruktuur, diefstal asook die swak standaard van onderrig en vraestelle.

“Inligting rakende kostes, uitgawes en bestuursplanne is vroeër vanjaar deur AfriForum Jeug aangevra. Die kollege het dit intussen aangestuur en AfriForum Jeug is besig om dit saam met hul regspan deur te werk,” sê Maree.

Jaco Fourie

  • 8

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie se propaganda laat 'n mens aan die "struggle" voor die ANC die mag oorgeneem het dink ... die "struggelers" het egter en minstens geweet dat absolute politieke mag hul instaat gaan stel om te doen wat hulle wil ... intussen is die "struggelers" bemagtig deur lojaal en onvoorwaardelik, ALTYD met hul HART vir hul party - die ANC - te stem ... Jaco Fourie en die ander SLIM politiek geskape Afrikaners, beskou dit egter as "regs" om vir 'n politieke party te stem wat hul Afrikaner belang op die hart dra, en het daarom allerlei en nog SLIMMER redes en voorwaardes om dit saam met ander ewe slimmes soos Piet Croucamp, op sy wit muil te ondermyn ... Jaco Fourie en die res wat daaraan suig, weet nie eens dis 'n ideologiese (politieke) fopspeen wat GEEN politieke verskil kan maak nie, aangesien fronte soos Solidariteit en AfriForum, nie geregistreerde politieke partye is waarvoor hulle eintlik kan stem nie ... siestog ... blykbaar gaan meeste van hulle nou buite stemming bly, 'n paar vir die Ingelse Black Sash anti Zille stem, en die res soos Roelf Meyer en Pik Botha vir die "wen party" (ANC) ... "struggle" maar lekker Jaco Fourie!

  • Hallo Jaco, jy het op die 11de geskryf oor “Afrikaners wat wen” en vandag oor hierdie saak. Dankie daarvoor, want op hierdie wyse bring jy sake onder die aandag waar mense en spesifiek Afrikaners benadeel word. 'n Week of wat gelede het dit vir my opgeval dat daar geen kommentaar was op feitlik elkeen van die week se beste briewe nie. Moenie dat dit jou pla nie. Gaan asb voort.

    Afriforum Jeug se klagte van rassistiese optrede sal miskien nie maklik verder gevoer kan word nie. Waaroor daar waarskynlik geen twyfel kan bestaan nie is dat die swart studente hulle aan intimidasie skuldig maak en dat daar teen hulle opgetree moet word. Regsmenings sal verkry moet word en die regte prosedures om te volg, duidelik aan die studente uitgestippel word.

    Groetnis. George

  • Jacobus Faasen

    Beste Jaco

     

    Die Afriforum-Solidariteit-VF-Helpende Hand-alliansie is net so rassisties soos die ander twee alliansies, die DA en die Drie-enige Hegemonie. Solank 'n mens glo dat daar iets soos 'ras' is, sal jy jouself, jou geliefdes en jou opponente aan rassisme onderwerp. Vra liewer diegene wat hulself en hul medelandsburgers in raskategorieë klassifiseer, om wetenskaplik-gefundeerde definisies van die onderskeie 'rasse' op te diep.

     

    Jacobus Faasen  

  • Hallo Jaco, jy het op die 11de geskryf oor “Afrikaners wat wen” en vandag oor hierdie saak. Dankie daarvoor, want op hierdie wyse bring jy sake onder die aandag waar mense en spesifiek Afrikaners benadeel word. 'n Week of wat gelede het dit vir my opgeval dat daar geen kommentaar was op feitlik elkeen van die week se beste briewe nie. Moenie dat dit jou pla nie. Gaan asb voort.

  • CorneliusHenn

    Ja Jacobus Faasen, ek het ook nog altyd gewonder op grond van wat die ANC hulself en hul medelandsburgers in raskategorieë klassifiseer ... dink jy hoegenaamd enige van hul toi-toi en halsnoer onderdane sal wetenskaplik-gefundeerde definisies van die onderskeie 'rasse' kan opdiep as hulle nie eens 'n toilet in 'n landroskantoor kan onderhou nie?

  • Jacobus Faasen

    Jy maak die stelling dat AfriForum rassisties is, sonder om jou stelling feitlik te staaf.

    Ek sal graag jou bewyse wil sien.

    Jaco Fourie

  • Jacobus Faasen

    Die volgende is uittreksels van ‘n onderhoud deur Michael Trapido van Mail and Guardian met Kallie Kriel, uitvoerende hoof van  Solidariteit en AfriForum gedateer 16/04/2008

    T: Kallie, could you give a brief overview of AfriForum?

    KK: It is a civil rights initiative to mobilise civil society and specifically minority communities, in order to take part in democratic debate. It was established by the trade union Solidarity with a membership of 130 000 around the middle of 2006. It has also recruited further individuals to fund our objects and these now number over 7 000.

    T: Main goals of AfriForum?

    KK: We would like to achieve balance in South Africa. True democracy needs alternative voices in order to succeed. While we aren’t a political party, we give alternative ideas and suggestions, where applicable, to the government stance. The government shows signs of “Zanufication” in all spheres of our society and we try to act as a counterweight.

    We are open to all races and we stand as an important check and balance in the interests of society as a whole, an example being our action against the government for failing to adhere to its constitutional obligations in dealing with crime. In addition we take on minority issues — their voices need to be heard; one good example being the fight to retain Afrikaans as a medium of instruction at schools and university levels. 

     We perceive the right-wing fringe groups, because that is what they are, as part of our past but who cannot bring us the future that a dynamic and forward-thinking “New Afrikaner” is looking for. They want to retreat where we want to advance. We always say we are fighting for a better future, not a better past.  

    T: Long term, where does the community see itself?

    KK: The first point I would make is that the Afrikaans community does not believe that isolation is the answer to the problem. We are constantly looking at ways to achieve more rights and power for the minority groups in order that they have a full say in the new South Africa.

    T: What political views do your members hold?

     KK: We have taken a strict decision not to align with any political party. Our members cover everything from the Democratic Alliance, through the IFP, FF+ and other opposition parties. There are also many apolitical members who see upliftment and social issues as the basis for their presence.

    T: What is the importance of Solidarity and AfriForum?

    KK: Our central goal is to provide real hope for the future; that people can lobby or make a difference within the new South Africa without resorting to extremism, losing hope and leaving or just conforming because they don’t know what else to do.

    Jacobus.  Waar lees jy rassisme in AfriForum soos jy hierbo beweer?  

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top