Webvoet, repliek vir u is onderstaande

  • 6

“Henk
Skryf vir ons ’n lekker en opwindende brief met vars nuus. Iets wat ’n nuwe gesprek kan laat begin. Toe!
Webvoet” Bron: Voorstel vir Verbetering van SêNet 2014-05-19

Siende dat Webvoet nie eers goeie maniere (soos “asseblief” of “dankie”) gebruik nie, vra Henk Seymore vir Webvoet die volgende twee vrae:

EEN: Is bostaande ’n opdrag (soos in ’n bestelling) aan Henk Seymore om SêNet se probleme uit te stryk?

TWEE: Hoeveel gaan LitNet aan Henk Seymore betaal om konsultasie en oorspronklike skryfwerk te doen vir hierdie huis met baie wonings, asook borge en adverteerders, insluitende ondersteuning deur een van Suid-Afrika se grootste mediagroepe, dws daar is meer geld beskikbaar as oorspronklikheid en kundigheid wat tans in SêNet aan die dag gelê word?

****
Henk

Ai, dit was 'n voorstel aan jou om jouself te geniet op SêNet. Dis maar al. 'n Voorstel om die forum te gebruik waarvoor dit geskep is.

Aangesien (siende dat is 'n Anglisisme, Henk) jy so reageer, onttrek ek die voorstel en wonder maar net hoekom jy enigsins by SêNet betrokke wil wees.

Groetnis
Webvoet

  • 6

Kommentaar

  • Henk

    Wow!! Ek is geskok dat jy Webvoet so onnodig, ongevraagd en op so 'n lae noot aanval!!

  • Beste Henk

     
    SêNet is 'n forum waar gewone mense oor allerhande onderwerpe skryf en ook debatteer.Soms haak die plaat bietjie vas,maar dit staan jou vry om verby die vervelige herhalings te blaai.Ek lees en skryf al lankal hier en het juis welkom gevoel,omdat niemand snobisties en hoogdrawend-korrek probeer wees nie.Ons baklei sonder handskoene en laat ons nie voorskryf en in vormpies druk nie.Soms irriteer mense se skryfwyse en sienings,maar die dae van gereguleerdheid behoort in die vale apartheidsverlede waar ons aangesê was hoe en wat om te dink.
     
    Hier sprei ons die vlerke en gooi al daardie benoude inhibisies waarmee ons in die verlede so geïndoktrineer is,by die venster uit.
     
    Dis jammer dat jy Webvoet so aanvat.Ek sien niks ongepoets in haar voorstel nie.Dit was eerder 'n beroep op jou om oor nuwe vars onderwerpe te skryf,omdat dit altyd welkom is.
     
    Ek dink jou tweede vraag was uiters sarkasties en dui daarop dat jy die skrywers hier as onoorspronklik en onkundig brandmerk.Weereens,ons is gewone mense met gewone vrae en verskillende sienings.Ons sit nie in ivoortorings en dink uit wat die beste leefwyse vir die plebs op grondvlak moet wees nie.
  • Hallo Webvoet

    Ja, u kan maar wonder net so veel as wat u wil.  Ja  "siende dat" is 'n anglisisme, u is heeltemal reg.  Het iemand ooit vir u vertel dat "jouself geniet" na aanleiding van  "enjoy yourself" is ook 'n anglisisme?  Die juiste Afrikaans daarvoor is "dat jy dit sou geniet". Die probeem is dat ek nie sulke kleinlikhede geniet nie. Die oplossing is egter maklik en genotvol. 

    Groetnis

    Henk Seymore
    20 Mei 2014

     

  • Henk, 

     
    Wat is fout met jou? 
     
    Ek is erg oor die deel van die  webwerf, selfs Varkspek is ek gaande oor en nog meer so "Jan Rap" en Comestor. 
     
    Comestor wat al veldwerk op sy dogter se plaas gedoen het, en "wouter tabanus gatvlieg" klassifiseer het en my daarmee in die biologie opgeneem het. 
     
    Is jy al in die handboeke opgeneem met jou "Damned Natural Attributes". 
     
    Jou DNA gegewe die vloed van skrywes van jou kant af blyk heel onredelik te wees  met die volgende wat jy skryf: 
     
    "Hoeveel gaan LitNet aan Henk Seymore betaal om konsultasie en oorspronklike skryfwerk te doen vir hierdie huis met baie wonings",
     
    Hoe is dit 'n  redelik vraag, dit wat hier geskryf word, word vir die liefde daarvan gedoen, vrywillig en sonder enige betaling, vir die plesier daarvan. 
     
    Wat wil jy doen? 
     
    Indien jy ernstige skryfwerk wil doen, gaan doen so voort, by jou eie webwerf, of bring dan 'n boek uit van jou meesterwerke. Harold Bloom het nie 'n idee wie jy is nie. 
     
    Wat soek jy? Antwoord dit vir jouself eerlik en berus daarby. 
     
    Ek weet werklik nie waarna jy soek nie? 
     
    Weet jy? 
     
    Miskien moet Oom diep gaan nadink. 
     
    Jou profiel, wys drie gedigte en dan drie briewe waarin jy kla. Dit is die omvang van jou deelname hier en dan wil jy begin voorskryf. 
     
    Wouter
     
  • Dit lyk my ek en Varkspek het op Henk se liddoring getrap. En nou is hy onguur met Webvoet, nadat sy ‘n beleefde versoek in duidelike goeie trou aan hom gerig het. Watter soort sarkasme kom hier na vore? Lyk vir my na ‘n klassieke voorbeeld van Bettie Bitterpis!

     

  • Henk, ou mater jy skryf, "die oplossing is egter maklik en genotvol", beteken dit jy gaan nou skoert...dit sal baie gaaf wees en kan ek ook maar net beaam, laat jy gaan....

     
    (Lanklaas so 'n aanstellerige persoon soos jy gesien - jy tuimel oor in parodie)
     
    Ernstige skryfwerk... hoe lekker lag ek nou en los vir webvoet....jy kom nie naby haar nie wat ordentlikheid en styl kom nie. 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top