Daar is natuurlik tallose voorbeelde oor watter reuse idioot is die gemiddelde Westerling, ek meen, as jy al die Westerlinge ter wêreld in een man kon saamflans sou dit ongetwyfeld die enkele enormste idiotiese vorm van lewe wees wat die wêreld nog ooit gesien het, gewis!
Kom ons kyk die week na daai wieg van die Weste, die leier en sg 'magtigste' land ter wêreld, die VSA.
Hierdie week sover is 3 vliegtuie al in die VSA glo ge-'divert', en vroeg geland, maw, bv, 'n vlug tussen Miami en Parys word gestaak en land iewers anders...want...daar was 'n argument aan boord!
En watter soort van argument?
O gaats, blykbaar het een passasier sy rugleuning teruggestel, en siedaar passasier 2 agter hom het geprotesteer!
En woerts warts, ons gaan nou 'n noodlanding uitvoer?
Slegs in die Weste!
Dit het nou al 3 maal gebeur in een week!
Bid jou die onkostes en ongerief aan vir passasiers.
Hoeveel derduisende dollars word nie vermors met een so 'n idiotiese maneuver nie?
En hoeveel kosbare ure van die passasiers se lewe?
En vir wat?
Sodat die 2 passasiers dinge op die grond kan uitpraat?
"Oh sorrie man, oukei, sallie weerie die seat so skierlik terugdrukkie man!"
Oukei, kom ons styg op en vlieg voort, R100 000 en verskeie ure later!
Dis nou Westerse logika wat ons arme donners hier in Afrika moet volg?
Ai jai jai...
Soos die een Yank die ooglopende uitspel... http://www.slate.com/blogs/moneybox/2014/09/04/knee_defender_fight_should_airlines_divert_flights_because_of_legroom_battles.html
Mann argues that the threshold for diversion as things stand is far too low. He notes that every hour an aircraft spends in the air costs about $6,000. "If you have to go an hour out of the way, it's a significant expense to the airline and a significant inconvenience to the people on board," he says. What's more, if in the process of a diversion the pilot and crew reach the maximum work hours allowed by regulation, the flight could be canceled until an entirely new pilot and crew is brought in. "More thought needs to go into it," Mann says. "I just see these as issues that shouldn't have resulted in a diversion."
Maar waar het die Westerling al ooit simptome getoon van logika, gesonde verstand en menslike insigte?
Hopeloos...mens sidder om te dink hoe diep SA vandag in die modder reeds ingeploeg sou gewees het as Madiba nie 20 jaar terug oorgeneem het en ons al kermende en klaende uit die donker eeue gesleep het nie!
Dank God vir die ANC, en ek is nie eens godsdienstig nie!!!
Francois Williams


Kommentaar
Welkom terug. Ek het gedink jy is al ingespit. Jou waarneming oor die westerlinge is verstommend (Dirk Rigter se gesegde). Ek glo nou wragtagwaar daarin dat mens nooit te oud is om te leer nie. Wie het nou weer gesê dat mens elke dag iets nuuts moet leer? Jou bydraes bevestig dit. Mooi so man. Doen so voort. Kan so brein nou tot niet gaan? Skade man skade.
Omdat die Oosterling skewe oë het.
Sooisie
Een van die min kere wat ek (min of meer) met jou saamstem. Die Westerling, om elke hoek en draai verwens deur veral Afrikane, stop hulle, die Afrikane, nog steeds vol aalmoese. Afrikane kan met gewone vissersbote reuse Westerse skepe kaap en die bemanning dan as gyselaars aanhou.
Mens kan aanvoer dat Westerlingsakebelange, soos die buit van erts, steenkool en ander gronstowwe, en die stort van toksiese materiaal, verantwoordelik is vir die pamperlang en gatlek van die Weste jeens Afrika en die Afrikaan. Dit maak van die gewone Westerling (soos jy) 'n nog dommer drol omdat julle als vir soetkoek opvreet wat die media julle vertel; julle is getransformeer in nie-denkende bleedin' heart zombies waarvan jy een van die uitstekendste voorbeelde is.
Voorwaar ongelooflik.
Jan Rap
Eina
"Hopeloos ... mens sidder om te dink hoe diep SA vandag in die modder reeds ingeploeg sou gewees het as Madiba nie 20 jaar terug oorgeneem het en ons al kermende en klaende uit die donker eeue gesleep het nie!"
Elektrisiteit is darem 'n wonderlike ding nè Francois?
Beste Francois,
Opmerklik jou wisselkoers en omskakeling van $6000 na R100000 ... dis natuurlik darem glad nie te ver die toekoms met die ANC in nie - dog, jy steeds nie die oorsaak van die waardeloosheid van die note met Madiba se gesig op mooi kan/wil begryp nie.
Namaste!
Cornelius Henn
Nogal verstommend hoe jy van deuntjie verander het sedert 2014. Deesdae plaas jy ook nou anti-ANC prentjies op Faceboek saam met al die 'afskuwelike' westerlinge. Noudat dit te laat is. En die land onherstelbaar beskadig en geplunder is. Jou verheerliking van die ANC is nou sommer daarmee heen. Tien jaar gelede, kon niemand jou egter niks leer nie. Dit laat my sommer ook dink aan al die Afrikaners (oftewel Europeaanse setlaars) wat tydens die Covid-19 inperking nog so geswymel het met elkeen van Ramaphosa se huisvergaderinge. Sommige van hulle het darem wel om verskoning gevra vir hulle gedrag later van tyd. Jy self het egter so stil-stil van koers verander.