Waar die Gode woon in SA ...

  • 1

Soos ons almal seer sekerlik teen die tyd ook nou al van bewus is, is Afrika die tuiste van die Mens, en uiteraard ook van die Gode, of hoe?

Ek meen, as Afrika die tuisland is van die Mens dan sou al die Gode tog noodwendig ook van hier af begin nesskop het, dannie?

Wat is God nou sonder die Mens?

Dus is beide die Gode en die Mens dus noodwendig al twee oorspronklike inwoners van Afrika!!

Hoe gelukkig is selfs die Afrikaners nie, korrelkop, dom en stom wat hulle is, om toegelaat te word om op sulke heilige grond te mag woon!!

Om hul ogies oop te maak daagliks en die wonderlike vlaktes van Afrika te mag beskou en in te neem al die wondere van die middelpunt van die heelal.

Vir diegene wat nie te laf van aard, en natuurlik nie te lafhartig is nie, kan selfs op 'n pelgrimstog gaan na die werklike heiligdomme van hierdie heelal ...

Kyk en leer ... van Moeder Afrika ...

Francois Williams

  • 1

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Om hul ogies oop te maak daagliks en die wonderlike vlaktes van Afrika te mag beskou en in te neem al die wondere van die middelpunt van die heelal. .... Kyk en leer ... van Moeder Afrika ... dankie Francois ... Namaste! Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top