Voorstel vir verbetering van SêNet

  • 2

Onderstaande verskyn binne konteks onder "Is SêNet 'n plek vir briewe aan indiwidue, onbetaalde reklame en ou politieke nuus?"

Hallo Dirk Rigter

U kry nege uit tien vir u oplettendheid insake tien briewe genoem en nege op die onderstaande lys. Dankie daarvoor. Ek kla nie oor briewe met onderwerpe politiek en godsdiens nie. Ek lewer kommentaar oor "ou nuus" indien u so goed sou wees om selfs meer oplettend te lees en dan kan u tien uit tien kry! Ek het beter dinge (ernstige skryfwerk) om te doen as om 'n Maandag, of enige ander tyd van die week Sondagkoerant se hoofberig oor Mazibuku wat in VSA te gaan studeer weer eens te lees op Litnet.

Litnet se inhoudsbestuur kan gerus 'n "sif" voorsit en sulke dinge voorkeer, voordat dit verskyn. Sodanige aksie kan slegs lei tot beter aanbieding van hierdie kolom.

Henk Seymore

***
Henk
Skryf vir ons ’n lekker en opwindende brief met vars nuus. Iets wat ’n nuwe gesprek kan laat begin. Toe!
Webvoet

  • 2

Kommentaar

  • Henk, nee man! Daar trap waaragtig in jou eie strik. Jy doen presies dit waarvan jy ander deelnemers hier beskuldig: Jy rig 'n brief aan my as individu. Ek hoop dat jy as "ernstige skrywer" meer akkuraatheid aan die dag sal lê.

     

    Jy lees ook maar vrotterig. My kommentaar het juis daarop gewys dat die briewe "aan individue" soos jy dit noem, hoofsaaklik oor politiek en godsdiens gaan en eintlik aan 'n groter gehoor gerig is.

     

    Nog iets: Hoe groot moet die gate in SêNet se "sif" wees? "n Siwwery in die konteks van SêNet is 'n moeilike konsep om toe te pas, geen wonder die woorde "sensuur" en "sif" begin beide met 'n "s" nie.

     

     

  • Lyk my jy is effens arrogant en vermetel. Dink jy almal moet net skryf oor dinge wat jóu interesseer? Daar sal nog lank gedebatteeer word oor die pas afgelope verkiesing en dinge daar rondom.

    Ek self stel nie belang in jou sogenaamde ernstige skryfwerk nie, ek het beter dinge wat my aandag verg.

    Sênet sal verbeter juis as jy hier wegbly - dit op sigself sal dit weer 'n hupstoot gee.

    Varkspek

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top