Voëlvry-konsert

  • 2

Hi

Ek het nou net die tesis gelees:

VOËLVRY AND THE “OUTLAWED” AFRIKANERS: AN ANALYSIS OF “THE ALTERNATIVE AFRIKAANS MUSIC MOVEMENT” AND AFRIKANER IDENTITY.
By Clara Pienaar
Student number: 0611021J.
A research report submitted to the Faculty of Humanities, University of the Witwatersrand, Johannesburg, in fulfillment of the requirements for the degree of Master of Arts.
Johannesburg, 2012.

Clara Pienaar sê dat Voëlvry beteken “so vry soos ‘n voëltjie”. Snaaks, maar “voëlvry” beteken vir my iets heel anders. Dit is wanneer ‘n persoon ‘n “fugitive of the law” is, en so ‘n ernstige kriminele oortreding gedoen het – dat wie ook al daardie persoon doodmaak nie vervolg sal word nie. Soos in die “cowboy movies” van ouds.
Dit is ook wat ek en my vriende wat destyds die Voëlvry-konsert in die 80’s bygewoon het, gedink het dit beteken. Ons was daadwerklik bewus van die politieke effek van die konsert en het dit veel meer geag as die musiek. Ons het dit bygewoon vir die politieke aspek, het die musiek as “commen” beskou.

In fact, ons was eintlik half bang om dit by te woon en het gedink dat ons moontlik gearresteer kon word. Ons het die konsert bygewoon en dit baie gewaagd en uittartend tot die politiek van daardie era ervaar. Goed so!!

Marie

  • 2

Kommentaar

  • Marie, ja jy's reg met jou interpretasie van die begrip "voëlvry". In die konteks waarin hierdie konserte plaasgevind het. James Phillips, Kerkorrel, Kombuis en kie het die establishment goed geskud en die owerhede kon niks daaraan doen nie, want net té veel jong Afrikaners het was deel daarvan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top