Hier in SA huil die Wittes klipharde en elle-lange krokodiltrane oor hoe kwansuis kak en swak is hul lewens hier in ons NSA.
As iemand deur 'n hond gebyt word wil hulle met alle geweld trek OZ toe, of as hulle per abuis hul selfoon verloor...maar dis regso, kom ons loer na die lekka lewe daar ver oorkant die blou dam.
Onlangs was daar weereens 'n geval wat mens ruk, dis nou midde in die kastige 'wêreld' stad van London, waar mense mos wandel op strate van goud of so iets ... maar as mens tussen die lang lyntjies leuens begin lees, dan kom jy vinnig agter die kap van die handbyl, en dan verdamp die spookstories orie die lekka lewe soos daggadampe op 'n ysige Londonoggend, so lees ons hier waar 3 jongmans aangekla word waar hulle kos steel!! Okei, okei, dis seker erg om honger te wil wees huh, en dan leef die outjies nog boonop in 'n 'squat', en ja, ja, ek het selwers in London ook maar gesquat, want ek het gearriveer met 10pond in die sak, maar hierdie is nie jou normale London krims en skirminkels nie, nee, hierdie is glo die respektabele MIDDELKLAS wat so onwettig squat en blykbaar onwettiglik kos 'steel'!!
Die middelklasse van die VK ... ja-nee ... verderaan was die kos wat hulle kwansuis steel toe reeds weggesmyt deur die supermark!!
Dis korrek, hulle 'steel' weggesmytte kos en die parate Britse polisie en aanklaers wil met alle geweld aanklaag want jy praat hier van 33pond se kos wat weggesmyt is!!
Hierdie outjies het maw, uit hongerte uit, kos uit die asblikke loop haal wat niemand meer wil vreet nie, maar hulle moet aangeklaag word en hoekom??
Onthou jy praat hier van 'n land wat uiters lig is op misdaad, veerlig.
Onlangs was daar grootskaalse veranderinge voorgestel in die Britse kriminele stelsel.
Dinge soos dat die polisie moordenaars skotvry kan laat uitloop na slegs 'n MONDELINGE waarskuwing bv ... ja, geen grappies nie, vantevore kon die baie parate Britse polisie moordenaars, dwelmhandelaars en nog 'n groot gros kriminele tolvry laat gaan met slegs 'n mondelingse waarskuwing: "Moenie dit weer doen nie ... of ..."
Of wat?
Moeilik om te seg, Britse tronke is oorlopens vol, en niemand mag meer toegesluit word voordat daar nuwe tronke gebou is nie ... geen wonder die pote gebruik mondelingse waarskuwings nie, maar waarom nou die drie armsalige stommerike dan nou wil aanklaag wat die kos so goedgunstiglik uit die asdrom graaf?
Ons lees:
http://www.theguardian.com/uk-news/2014/jan/29/prosecutors-drop-case-men-food-iceland-bins
The Guardian revealed on Tuesday that Paul May, Jason Chan and William James had been charged under the 1824 Vagrancy Act, after being discovered in "an enclosed area, namely Iceland, for an unlawful purpose, namely stealing food".
...
May Chan and James, all residents of a squat in north London, were arrested on 25 October, just before midnight, after a member of the public called the police to report three men scaling a wall at the back of Iceland in Kentish Town. Police arrested the men as they left the area with a holdall and trolley containing food. The total value of the items taken from the bins allegedly amounted to £33.
May, 35, a freelance web designer, said he was relieved the case had been dropped. He said it was a ridiculous charge, and "crazy" to think that prosecution was in the public interest.
He said he had taken the food because he needed it to eat and did not consider that he had done anything illegal or dishonest in removing food destined for landfill from a skip.
"Did we have dishonest intent when we jumped into the yard at Iceland to retrieve what was in the bins? No, we didn't," he said. "A dishonest action would be wandering into a store and filling your pockets with what is on the shelves. We didn't do that."
...
May says he is squatting because he cannot afford to rent in London and the alternative would be to move out of the city, making it hard to see his six-year-old son. Removing food from skips allows him to eat more healthily than he would if he was buying food on a low income, he claims. "If I relied on the little I have every day, I would eat very badly."
Nou ja toe, inne neutedop of hoe?
Hoeveel geld en tyd is hier gemors oor die 33pond se gemorskos?
Geen wonder die VK is 'n krim-paradys nie.
Die regering daar probeer 'n sluier trek oor hoeveel miljoene Britte soos rotte in vullis moet rondkrap vir kos, maar die waarheid kannie verdoesel word nie, 2 jaar terug het miljoene Britse jongelinge eenvoudig die strate ingevaar en gevat wat hulle wou, daai oomblik kom weer vinnig nader, en die keer gaan dit veel erger wees ... dan kom die rewolusie in die VSA ook daagliks nader en natuurlik die EU is 100% bankrot ... soos ek jare terug reeds voorspel het, die tyd kom nader wat Afrika ons grense sal moet beveilig, ek sien hordes ongewaste wit barbare wat Afrika instroom ... maak werk ... ons moet nou voorberei vir die dag ...
Francois Williams


Kommentaar
So what ou vetseun. Hier een duisende uit asblikke. Wil jy nou vir my seg die Ingelse is beter gewoond?
Die gemorskos wat Afrikaners in vet wit wurms omtoor, is veel erger as enigiets wat uit 'n asblik kom, so, die Afrikaner spandeer sy/haar lewe tussen asblikke en asbakke..