Na aanleiding van Jan Rap se twee briewe (4 Feb) oor die twee professore:
Eerstens: Ja Jan, nou flikflooi jy by prof Rachel Jafta, maar indien jy jou sin sou kry, moes sy, saam met haar "volksgenote", iewers in die obskure platteland in haar eie republiek of monargie gesit het, met 'n "eie" universiteit natuurlik. Dis nou in terme van jou definisie van demokrasie en natuurlik jou doktrine van "arbitrêre geboorteland". Soos jy gister (4 Feb) geskryf het…”regering vir die volk, deur die volk…” Maar nou dat sy suiwer Afrikaans praat, pas die skoen jou skielik. Jy's 'n manteldraaier man, en dis daar vir almal om te sien.
Tweedens: As prof Jansen ontstig was oor losies wat aan ‘n swart student geweier word, maar daar’s plek vir wit studente, dan weet ons almal hoekom hy ontstig is. Wat doen jy? Jy trivialiseer die kwessie deur rassisme gelyk te stel met rook / drink / kar enjins. Dis oneerlik man. Weet jy wat? Jy wil eintlik sê dat dit in orde is as die vrou op rassegrondslag losies weier. Maar sê dan so, moenie ander jakkalsdraaie gooi nie. Mense sal van jou opinie verskil, maar jou eerlikheid waardeer.
Dirk Rigter


Kommentaar
... siestog, hierdie gebraak oor eerlikheid deur "Hermann Giliomee se gebreinspoelde student Dirk Rigter", kan gerus ook maar teen die agtergrond van sy obsessie verdraaiing van ander se standpunte gelees word...