Vir Jan (Apartheid-was-goed) Rap oor die RSA in 1960

  • 3

Jan (Apartheid-was-goed) Rap en Cornelius (Boeregroete) Henn (en al jul ondersteuners), hier’s vir julle iets om aan te herkou:

50 Jaar gelede, op 9 Januarie 1964, verskyn die volgende op bladsy 9 in ‘n berig in Die Burger:

• SA-bevolking oorskry 16 miljoen: “Suid-Afrika het op 6 September 1960 altesame 16 002 797 inwoners gehad. Van hulle was 3 088 492 blankes, 1 509 258 Kleurlinge, 477 125 Asiate en 10 927 022 Bantoes. Hierdie syfers blyk uit die eerste boekdeel van die volkstelling wat pas beskikbaar geword het. Die volkstelling is in 1960 gehou. Johannesburg is steeds die grootste stad in Suid-Afrika. Dan volg Kaapstad, Durban en Pretoria.”

Hierdie was die amptelike syfers van die destydse NP-regering olv HF Verwoerd, wat bekendgestel is ná die 1960-sensus. Uit die 16 miljoen inwoners van die RSA, was slegs ‘n raps oor die 3 miljoen blank. Die res was Swart, Bruin en Indiërs. Insiggewend gebruik Die Burger (‘n sterk NP-gesinde koerant daardie tyd) die woorde … ”SA-bevolking oorskry…”

Hoe kan mens op énige manier dit regverdig dat slegs die 3 miljoen witmense kon stem, terwyl die oorblywende 13 miljoen in hul geboorteland hierdie basiese mensereg ontsê is. En dan wou die spul Natte amper 11 miljoen Swartmense na “tuislande” toe onder dwang verskuif?

Jan, waar’s jou argument nou weer toe jy iets kwytgeraak het soos dat Swart mense nie in die RSA kon stem nie, …”want mens kan nie sê die Portugese onderdruk die Duitsers omdat dié nie in Portugal mag stem nie…” Jy sê dus die Swartes in die RSA was soos Duitsers in Portugal? Dít terwyl die NP-regering van destyds érken dat Swart, Bruin en Indiër deel is van die RSA se bevolking.

Gaan besin weer oor hoe moreel reg apartheid was. Jou argument is intellektueel bankrot. Al waarop apartheidsondersteuners hul argument kan begrond, is dié van rasseverhewendheid. Sê dan so, maar moenie met allerhande wolhaarstories vorendag kom nie. As ‘n persoon se voorgeslagte eeue lank in ‘n land woon en hy / sy word daar gebore, is hy / sy ‘n landsburger mét stemreg én alle ander gepaardgaande regte wat daarmee gepaard gaan. Dis 'n internasionaal-erkende beginsel, finish en klaar.

Dirk Rigter

  • 3

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Dirk Rigter, soos reeds menigmaal aan jou uitgewys; jou persepsie is erg versteurd ... die jaartal wat jy aandui is kort voor Republiekwording en toe Groot Brittanje nog die reëls bepaal het ... Dr. Verwoerd het dadelik na Republiekwording op 31 Mei 1961 byvoorbeeld die proses van onafhanklike  Bantoe onderrig begin en het kort daarna anders as die Ingelse die EERSTE swart Universiteite in Suid Afrika begin bou - die Universiteit van Zululand is een van hulle ... die ideaal was om met die proses voort te gaan en nes Lesotho, Swaziland, en Botswana, ook onafhanklikheid vir die ander onderdrukte volke aan die Suidpunt van Afrika te bewerk - todat die Ingelse uit nydigheid hul vennoot die ANC 'n stok in die wiel begin druk het ... dink jy egter enige van Lesotho, Swaziland of Botswana sou vandag hul onafhanklikheid prysgee om deel van jou piesang demokrasie te word? ... jy het duidelik GEEN begrip omtrent die geskiedenis van Suid-Afrika nie en kerm nou reeds baie lank jou oordrewe skuldgevoel aan Apartheid agter die populêre pers aan hier af te probeer vryf... siestog, wees jy maar skuldig - daar's' gewis geen hoop in jou verwronge beeld van die geskiedenis nie ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • Cornelius, as jy dink groot Brittanje het steeds die reëls bepaal in 1960, dan het jy géén begrip van wat die staatkundige verhouding tussen die RSA en GB op daardie tydstip was nie. Die RSA was toe lankal 'n soewereine staat binne die Britse Statebond. Terloops, die sensus-syfers wat hier ter sprake is, is eers in 1964 gepubliseer, lank na Republiekwording. En die Verwoerd-regering het die Apartheidspykers net dieper begin inslaan.

    Die interessantse deel van jou kommentaar egter, is waar jy so wragtig waar praat van die Swartes as die ... "ander onderdrukte volke aan die Suidpunt van Afrika..." Wie het hulle nogal onderdruk? Sê vir ons. Hoe kry dit reg om so 'n verdoemende oordeel oor jou eie standpunt uit te spreek? 'n Mens hoef nie eers met jou te debateer nie, jy skiet sommer self jou eie argument aan flarde! 

  • CorneliusHenn

    Dirk Rigter, jy is so absurd in jou veronderstellinge as wat kan kom ... jy't reeds die punt verby gesteek wat 'n mens sou kon twyfel oor jou erns  hierin ... ek's al hoe meer oortuig jy voer bloot 'n klugspel op die werf! ... of, kan dit dalk wees dat jy werklik nie eens die betekenis aan die woord "soewerein" ken nie? ... met so 'n grootbek soos joune hier, sou 'n mens hoop dat jy minstens 'n algemene vaardigheid aan taal en die onderwerp het ...  

    soewerein1, (s), =e. Heerser, vors, koning, werklik regerende mag in die samelewing - soewerein2, (b), =e. 1. Verhewe, hoogste, opperste, oppermagtig. 2. Nie in blywende of formele onderhorigheid nie - soewereiniteit 1. Oppermagtige heerskappy, oppermag. 2. Wetlik erkende oppergesag ...  

    Hoe gek moet jy wees as jy meen dat die Republiek van Suid Afrika hoegenaamd soewerein in die betekenis van die woord kon wees voor 31 Mei 1961? ... die Unie van Suid-Afrika was 'n Britse DOMINIUM! ...  

    dominium, =s. 1. Heerskappy. 2. Gebied. 3. Susterstaat van Groot-Brittanje (in die Britse Gemenebes) ...  

    Eers NA 31 Mei 1961 het die nuut gevormde Republiek van Suid Afrika van die Britse Gemenebes onttrek - natuurlik 'n belangrike rede vir die kwien se haat teen die Boere wat jy ewe listig hier voer ... die sensus syfers waarmee jy so sukkel is nes jy dit self in jou swak bydrae hierbo verklaar - selfs voor die referendum van 5 Oktober 1960 opgeneem ...  

    EN DAN - jou onthutste vragie; wie't die volke hier kom onderdruk? ...  

    Dirk Rigter, gaan vra tog jou mede sikofante of hulle dalk uit hul kamstige 3 jaar BA geskiedenis vir jou die redes vir 'n leier soos Adam Kok se trek uit die Kaap kan leer ... of gaan krap in die geskiedenis van Afrika se EERSTE en VEELRASSIGE Fort Hare en vra HOEKOM Nelson Mandela en die res van Afrika se ikone nie een aan 'n Kaapse Universiteit onder Britse mag en gesag gestudeer het nie ... of, gaan vind uit oor die 1913 wet op die vervreemding van grond ...  

    Dirk Rigter, soos reeds gestel - jy's totaal absurd in jou veronderstellinge en desperaatheid om ander by jou sieklike minderwaardige skuldgevoel jeens apartheid of te wel - Britse segregasie, te sleep ... STERKTE vir jou en die res van die kruipers wat so in jou waan deel ...  

    Boeregroete,

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top