Vir Cornelius: Nog verkiesingsnuus!

  • 12

Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het pas bekend gemaak dat hulle ‘n spesiale versoek van Mnr Kerneels De Haan, ‘n bekende in Boeregroete-kringe ontvang het.

Mnr De Haan het volgens die OVK voorsitter daarvoor gevra dat daar, vir die komende verkiesing, ‘n ekstra stemblokkie op die stembrief aangebring word met ‘n afbeelding van die Voortrekkermonument by die blokkie. Die rede hiervoor, het mnr De Haan aangevoer, is dat die héél regses dit kan gebruik om hul stembrief te bederf deur ‘n regmerkie ipv ‘n kruisie daarin te maak. Hierdie bedorwe stemme kan dan in die telproses proporsioneel aan alle konserwatiewe / regse partye toegedeel word.

Toe mnr De Haan daarop gewys is dat bedorwe stemme wel getel word vir statistiese doeleindes, en daarna vernietig word sonder dat dit enige effek het op die stand van die deelnemende politieke partye, het hy skouers opgetrek en hardop gewonder hoe hy al die jare só verkeerd kon wees. Nietemin, sy versoek bly staan. “Dan moet ons maar ‘n kruisie in die blokkie trek,” het hy gesê. Ons stig dan die Ossewaparty en verenig die regse stemme op dié manier. Hopelik sal al die regses die Voortrekkermonument herken op die stembrief, wat enige verwarring vir wie hulle moet stem, uit die weg sal ruim.

Die woordvoerders van die VF plus, Front Nasionaal, die HNP, Praag, Boeremag, die Suidlanders, die Afrikanervolksparty, Volksorganisasie Leiersberaad (VOLBER), Die Nuwe Voortrekker Geloftevolk, Orania-volkstaters, die Oase Trek, die VVK-trek, Boerevolkradio, AWB en Aksie Boerevryheid wou nie een amptelik kommentaar op die jongste verwikkeling lewer nie. Maar, heelparty was bereid om, van die rekord af, kopskuddend te wonder wie sal nou die span kan lei.

Die OVK se hantering van hierdie versoek word gemonitor en sodra hulle uitsluitsel gee, sal dit in die media bekend gemaak word.

Dirk Rigter

  • 12

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Werklik ongelooflik arrogant  van jou Dirk Rigter!

    Vir wie probeer jy so lieg?

    Buiten jou rampokker meelopers hier, onderskat jy die intelligensie van belangstellendes duidelik baie erg.

    Elders het jy ook in jou waan geblerts: "Bedorwe stembriewe gaan vullisdrom toe mnr Henn. Klim terug op jou stellasie en kekkel daar verder. Jy is ook ‘n politieke-analfabeet."

    Hoe verwaand om jouself  nou selfs tot 'n "voledige bydrae" daaromterent te wend?

    Bedorwe stemme vullisdrom toe? ... soos in tel niks nie?

    Enige belangstellende kan gerus onder meer self hier lees: http://inkulufreeheid.org/ovov/not_voting.php

    Ek haal nogmaals daaruit aan: What spoilt votes do not affect is the seats in the National Assembly – they are simply divided up between the valid votes.

    Nou ja,as enigeen al ooit getwyfel het oor ou slim Dirk Rigter se "insig", dan kan hul na dese maar seker wees hoekom die arme mens so sukkel om my bydraes te verstaan. Dis regtig soos om te probeer om Calculus vir 'n graad nul leerder te verduidelik.

    Om gewoon 'n kruisie te trek, is duidelik totaal buite ou Dirkie se raam!!!

    Weet maar gerus; bedorwe en wegbly stemme tel een en dieselfde in ons kiesstelsel.

    Nes wegbly stemme, bevoordeel bedorwe stemme die wenner met dieselfde persentasie as met hul algehele steun gewin.

    'n Groot bedorwe/wegbly stem kan dus dalk weer 2/3 stem vir die ANC beteken!

    Moet asseblief nie die "slim" Dirkies glo nie - stem reg!!!!!

    ... ek wonder; gaan die arme ou Dirkie se meeloper rampokkers tjommies die moed het om in hul gewone manier van gatkruip hul maatjie probeer reghelp?

    ... ek wonder ook; hoeveel nog sulke "ingeligtes" daarbuite roekeloos rondloop en kiesers bedrieg?

    Boeregroete,

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    ... en net om absoluut seker te maak almal verstaan die implikasie geheel -----

     bedorwe stemme = wegbly stemme (minus 'n effense protes daarin)

  • Cornelius,

     

    Dalk verstaan jy as ek dit baie oorvereenvoudig aan jou verduidelik: Kom ons sê daar is 3 partye, A, B en C wat aan die verkiesing deelneem en daar is 160 stemgeregtigdes. Party A kry 60 stemme, B kry 50 stemme en C kry 20 stemme. Daar was 15 bedorwe stembriewe en 15 mense het nie gestem nie.

     

    Die Kiesbeampte sal die uitslag soos volg aankondig:

    Party A:  60 stemme

    Party B:  50 stemme

    Party C: 20 stemme

    Bedorwe stemme: 15

    Totale geldige uitgebragte stemme: 130

     

    In 'n proporsionele kiesstelsel soos in SA sal die onderskeie partye dus in die verhouding 60:50:20 verteenwoordiging in die parlement kry, niks minder nie en niks meer nie. Anders gestel, die partye sal die volgende (afgeronde) persentasie setels hê:

     

    Party A:  46%   (60/130)

    Party B:  39%  (50/130)

    Party C: 15%   (20/130)

    A + B + C = 100%

     

    Hoop jy begryp nou dat bedorwe stemme nie tel nie. Dis hoekom die IEC (OVK) die woord "nullify" gebruik as hulle bedorwe stemme beskryf.

  • Hello Cornelius, 

     
    Indien stemme dit vir jou kompliseer, gebruik appels en beperk dit tot 10 appels, aangesien miljoene mense en selfs appels verwarrend kan wees, alhoewel 'n appel 'n dag hou die dokter weg. maar terug na die som en hou jou sompompie naby, een appel stem nie en een appel is 'n spoiler. 
     
    Party A = 4 appels
    Party B = 3 appels
    Party C = 1 appel
    Vrot appel = 1
    wegbly appel = 1
     
    Totale appels in die mandjie = 9 appels
     
    party a = 44.44%
    party b = 33.33%
    party c = 11.11
    Vrot appel = 11.11
     
    100% (afgerond)
     
    Los Erik De Ridder, nie 'n ridder op 'n wit perd nie, dink soos die wat ken van statistiek sou doen of bel die OVK. 
     
    Midrash dit met 'n volledige brief. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Hello, 

     
    Ek kon nie Erik in die hande kry nie, maar het met 'n hulvaardige jong persoon daar gepraat wat in die aangename gesprek bevestig het dat die stemme word nie toegdeel soos Cornelius impliseer nie en heel toevallig het sy ook haar voorbeeld beperk tot 10 stemme en drie stemme wat bederf was en dan hoe die setels toegeken word tussen die oorblywende sewe. (Cornelius se naam is nie genoem nie)
     
    Statistiek is hierdie keer sonder blaam in teenstelling met Mark Twain se "lies, damned lies & statistics". 
     
    Bel hulle hier: 
     
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • CorneliusHenn

    Dirk Rigter,

    Jy het duidelik nie 'n benul wat die effek van wegbly stemme en bedorwe stemme in Suid Afrika se proporsionele kiesstelsel het nie!

    Jou volgehoue arrogansie gaan ook nie die land se kiesstelsel in jou bedrog laat verander nie.

    Wegbly stemme en bedorwe stemme beland in dieselfde "snippermandjie" as jy dit so wou beskou.

    Jou drek waarin jy my so graag persoonlik probeer verneder en selfs kwaadwillig met my familienaam probeer hekel, dui onteenseglik op jou aksionabele vlak van redevoer - ook geruime tyd reeds en rakende vele onderwerpe waarin jy jou "useful idiot" napraat en gatkruip propaganda voer.

    Dis opmerklik hoe jy die deel wat ek hierbo aanhaal moedswillig mis.

    Ek herhaal weer: What spoilt votes do not affect is the seats in the National Assembly – they are simply divided up between the valid votes ...

    ... en weer - met nuwe klem: What spoilt votes do not affect is the seats in the National Assembly – they are simply divided up between the valid votes.

    LET VERAL OP: ... divided up between the valid votes.

    Met ander woorde; ... opgedeel tussen geldige stemme.

    Dit lui sekerlik nog nie 'n klokkie in daardie hol plek tussen jou ore nie - ek meen; dit klink steeds vir jou nes "nullify en in die snippermandjie land - bedorwe stemme tel nie" ...

    Sien Dirk, in teenstelling tot jou waan, tel elke geregistreerde kieser in ons land se stem - hetsy hulle wegbly - hetsy hulle dit bederf - of hetsy hulle dit raak merk ...

    Daar is GEEN verskil tussen wegbly stemme en bedorwe stemme in hul proporsionele berekening (opgedeel tussen geldige stemme) nie!

    Ek besef 25 minute oortree jou konsentrasievermoë by mate, maar voor jy verder dog jy het nog gronde om jou verleentheid agter jou verwaandheid te versteek, kyk self die volgende verduideliking deur Doktor Pieter Mulder:  http://www.youtube.com/watch?v=XcwDx114IFQ&feature=share

    Begin by 3:50 min en probeer asseblief jou gedagte bymekaar hou tot by 5:20 min ... ... konsentreer op Dr. Mulder se "Oom Jan" metafoor ... dis genoeg vir eers ...

    Begin daarna in jou "slimmigheid" te verklaar waarom bedorwe stemme, anders as wegbly stemme gereken word en dan ook soos ek ook voorheen versoek het - dui 'n gesaghebbende bron aan waarin bedorwe stemme nie soos wegbly stemme proporsioneel gereken word nie.

    Dirk Rigter, besef ook jou "volledige bydrae" waarin jy my so hard probeer beswadder het is vas en kan nie soos Chris Dippenaar die kommentare agterna verwyder as jou verleentheid daarin staan nie.

    Jou onthutste soort "useful idiot" agressiewe liberalisme en laakbare kwaadwilligheid getuig nou finaal teen jouself!

    Ek sal weldra weer 'n opsomming maak van geheel jou en jou medekruipers se bedrog met hierdie as klinkklare bewys van jul onverdraagsame gesindheid waarin julle gedurig Boere-Afrikaners probeer verneder in jul vuil DANC gatkruip operasie.

    Boeregroete,

    Cornelius Henn 

  • CorneliusHenn

    "Wouter Ferns" , nes Dirk Rigter spog jy duidelik met 'n rampokker ANC matriek in wiskunde! ... jul kommentare is eintlik heel kostelik en ek hoop eerlikwaar julle raak nie 'n Chris Dippenaar en verwyder jul verleentheid later nie ... jou mandjie het eintlik TIEN appels en nie 9 soos jy sukkel om te tel nie ... Dirk Rigter se mandjie het eintlik 145 appels gereken 'n voorbeeld aan ons kiesstelsel, maar ek sou nooit verwag dat hy by tien sal verby kan tel nie - ek los dit dus daar ... wat wonderlik is omtrent jou mandjie is minstens die byrekening van 'n vrot appel EN 'n wegbly appel ... nou moet jy ook nog net Dr. Mulder se "Oom Jan" sinnebeeld verstaan en siedaar! - miskien het ons land nog 'n effe beter ingeligte kieser hierdie jaar ... bly net eerlik as jy kan en verras ons almal hier sodra die liggie iewers in jou dop aanskakel ... pedagogiese groete, Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    ... betreffende "Wouter Ferns" se terugvoer van "inkulufreeheid"; vat dit maar van wie/wat dit kom ... dis vanselfsprekend dat "Wouter Ferns" se navraag gemanipuleer was om 'n antwoord te kry wat hul rampokker agenda te dien ... ek dink Dr. Pieter Mulder se sinnebeeld behoort selfs vir 'n DANC kieser wat net tot tien kan tel, verstaanbaar te wees ... wegbly en bedorwe stemme het 'n beduidende effek in ons proporsionele kiesstelsel wat ALLE geregistreerde kiesers inreken in die bepaling van parlementêre verteenwoordiging ...

  • Vir oulaas, Cornelius,

     

    Wegbly stemme en bedorwe stemme dra op GEEN manier by tot die berekening in die proporsionele verkiesing-stelsel nie, slegs die uitgebragte aanvaarde stemme. Jy is lief vir hoofletters, so hier kom dit:

     

    BEDORWE- EN WEGBLY-STEMME WORD NIE OPGEDEEL TUSSEN GELDIGE STEMME NIE!

     

    Jy het kennelik GEEN idee wat hier aangaan nie. Soos ek reeds vir jou gesê het, jy verstaan nie jou eie Engelse aanhaling nie. Bel die OVK en vra hulle, dalk sien jy dan die lig. Ek het hulle webwerf vir jou as bron gegee, wil jy meer gesaghebbend hê?

     

    Wouter,

     

    Dankie vir jou moeite om te bevestig wat ons almal reeds weet. Ek voel amper moedeloos met hom wat geen begrip het vir so 'n eenvoudige konsep nie. G'n wonder die regses is so deurmekaar nie.

     

    Groetnis

     

    Dirk Rigter

  • CorneliusHenn

    Siestog Dirk Rigter, ek's nog lank nie klaar nie - ek't maar skaars begin! ... die rekord staan egter! ...  jy't gewis ook nie Dr. Pieter Mulder se "Oom Jan" sinnebeeld gesnap nie - of dink jy jouself 'n groter gesag as Dr. Mulder omtrent die effek van wegbly en bedorwe stemme in ons kiesstelsel?... ja, julle (s)linkse "useful idiots" is gewis maklik om te breinspoel gereken aan jou erge onthutstheid selfs omtrent ons eenvoudige kiesstelsel ... genadiglik is die kanse gering dat daar 'n "Dirk Rigter" (nes 'n "Wouter Ferns") iewers op 'n kieserslys in ons land verskyn ... geduldige groete, Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Paniek vaar daarteen uit - onkunde bespot dit  - kwaadwilligheid verdraai dit - maar die waarheid is steeds onweerlegbaar... en daar het julle dit nogmaals!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top