In debatsvoering is die deelnemers dikwels geneig om “groot begrippe / woorde” te gebruik ter stawing van hul punt, of om andersdenkendes te diskrediteer. Die gevaar is dat jy jouself totaal in die voet skiet as jy die goed nie mooi verstaan nie. Amper soos die ou wat die klok hoor lui het maar nie weet waar die koster hang nie…
Hier op SêNet het pas weer twee uitstekende voorbeelde hiervan na vore gekom. Raai wie? Ja nee, dis nooit anders nie as Cornelius Henn en Jan Rap. Kom ons ontleed bietjie wat sê die twee:
Op 10 Feb skryf Henn oa die volgende:”… Dit gebeur soos klokslag dat neo- liberales soos Dirk Rigter, Jaco Fourie en die klug Wouter Ferns ... jeens 'n gebrek aan oortuiging in hul kruipery hulself tot sulke sluheid wend…”
In die konteks van die debat oor apartheid is dit duidelik soos daglig dat Henn nie die vaagste benul het wat “neo-liberaal” beteken, óf hoe die begrip ontstaan het nie. So Kerneels, hier’s ‘n baie kort les, luister nou mooi: Dis hoofsaaklik ‘n ekonomiese begrip, nie ‘n politieke begrip nie, wat ontstaan het in die 1930’s as ‘n middeweg tussen ongebreidelde, harde kapitalisme en ‘n sentrale kollektiewe stelsel. Kortliks staan dit vir die vrye mark-beginsel met so min staatsinmenging in die ekonomie as moontlik. Spasie ontbreek om meer breedvoerig hieroor uit te brei.
So, as jy my van die neo-liberalisme beskuldig, baie baie dankie vir ‘n groot kompliment. Onthou nou, elkeen van die baie kere in die verlede wat jy my as neo-liberaal uitgeskel het, het ek gekraai van die lag vir die mooi woorde aan my toegedig.
Maar sê ook vir ons: Waar pas jy in op die ekonomiese spektrum? ‘n Kommunistiese sisteem soos in die ou Sowjet-Unie. Dis min of meer die teenpool van die neo-liberalisme wat jy so verpes. Nou verstaan ek nie mooi nie, was Verwoerd, Vorster en daai snare dan nie érg teen die kommunisme gekant nie? En nou is jy daar? Hoe dan nou Cornelius? Nou sal jy moet opheldering gee.
Op 11 Feb skryf Jan Rap oa die volgende:”…die Boere was NIE die booswigte wat die liberaal-demokrate (maw die benepenes, verkramptes en breingespoeldes) weet ons te vertel nie…”
Nou toe nou. Volgens die politieke wetenskaplike Jan Rap is ‘n liberale demokraat “benepe, verkramp, breingespoel”, ens. Wat is die werklikheid?
Elke enkele definisie waarop ek my hande kon lê definieer “liberale demokrasie” met oa die volgende eienskappe: Universele stemreg vir landsburgers, verteenwoordiging in die parlement, gereelde verkiesings, vrye toegang tot deelname vir alle politieke partye, skeiding van wetgewende, uitvoerende en juridiese magte, oop samelewing, oppergesag van die reg, grondwetlike staat, vryheid van beweging, vryheid van assosiasie, burgerregte, ens, ens. Die kersie op die koek? Byna elke denkbare Europese staat, die VSA, Australië, Nieu-Seeland en talle ander stabiele grondwetlike state voldoen aan die vereistes van die liberale demokrasie.
So Jan Rap, ingsgelyks vir jou ook: ‘n Hartlike woord van dank vir die kompliment. Ek is ‘n liberaal-demokraat in murg en been, in hart en niere soos die Bybel iewers sê. Gaan voort, beswadder my as liberaal-demokraat, ek geniet elke oomblik daarvan.
Soos Henn moet jy ook antwoord: As jy ons liberaal-demokrate so verpes, waar staan jy op die ideologiese spektrum. Reg aan die teenoorgestelde kant dalk? Hoe lyk dit daar? Enige vryhede om te stem, te beweeg, toegang tot die reg, vryheid van assosiasie, oppergesag van die reg, ens, ens… Onthou nou, soos jy vir Perdebytjie gesê het, jy wil darem nog cowboy boeke en Dan Roodt se fulminasies lees om jou bietjie op te beur. Ons soek by jou ook helderheid.
So vir ‘n nagedagte aan beide van julle: As julle hierop repliseer, hou asb by die punt. Ons wag in spanning oor die ekonomiese en politieke sisteme wat julle twee vir ons land begeer.
Dirk Rigter


Kommentaar
Dirk
Dis tog so helder soos daglig. Hulle is mos dweep disipels van Rooi Daantjie, en wat hy ookal voorstel, die sal hulle voor gaan, wat sal beteken hulle sal nie weet wat hulle wil hê nie, want Rooi Daantjie is net so confused.
Baie dankie Dirk.
Warghahahahaha Dirk Rigter, my bedoeling met neo- liberaal staan in die letterlike betekenis van die woord in die HEDE naamlik "nuut" ... hahahaha... ek bedoel dus jy is deel aan vandag se soort "nuwe- liberalisme" met 'n besonderse - dog paradoksale radikale, fundamentele en uiters antagonistiese klankie daaraan ... hahahahahaha!!!!!!!... die 1930's is lankal oud en koud ou Dirkie - jy is vandag se neo- liberalis!!!! ... dankie vir die lekker lag ... vrolike Valentynsdag vir jou ook - Cornelius Henn
Enigiets wat deur enige lid van die komposstampbende gebraak word, sal deur die ander lede vir soetkoek opgelek word.
Die klug "Wouter Ferns" en Jaco Fourie se opgewondenheid hierbo is dus verstaanbaar.
Ek deel graag my verdere antwoord op Dirk Rigter se gewaande veronderstelling omtrent my neologisme van die woord neo- liberaal, met enige ander redelike belangstellende.
Daar is menige sulke woord in ons taal wat 'n verskillende verklaring bied afhangende dit met 'n hoofletter en kleinletter gespel word; katolieke Kerk en Katoliek, gereformeerd en Gereformeerd, Apartheid en apartheid, ... kommunis en kommunis, ensovoorts.
Die woord "neo- liberalis" is dalk nog so 'n voorbeeld.
Hierdie artikel bied 'n goeie voorbeeld van hoe die woord Neo-liberalis en neo- liberalis onderskeie meriete kan het: http://folk.uio.no/daget/What is Neo-Liberalism FINAL.pdf
Soos reeds verduidelik bedoel ek 'n nuwe woordgebruik, of te wel neologisme aan die woord neo- liberalis.
"Wouter Ferns", Jaco Fourie en Dirk Rigter is in werklikheid juiste voorbeelde van verwarde Neo- liberaliste in 'n kommunistiese en sosialistiese bestel vandag. Neo as "nuut" in die sin van die woord, is hulle 'n nuwe soort liberalis wat erg fundamenteel en radikaal vyandig teenoor enigeen is wat met hulle verskil.
Sulke onverdraagsame ultra (s)linkses is alledaags oral in die wêreld vandag, hul verkragting van die woord "liberaal" algemeen in hul gewraakte mensehaat.
breedgesind, =e. Ruimhartig, liberaal. breedgesindheid.
Liberaal1, (s), ..rale. Lid v.d. Liberale Party.
liberaal 2, (s), ..rale; ..raler, =ste. Voorstander, aanhanger v.d. liberalisme.
liberaal 3, (b), ..rale; ..raler, =ste. 1. Vrygewend, milddadig. 2. Met 'n ruim opvatting, onbekrompe. 3. Onbevooroordeeld. 4. Nie streng van opvatting insake godsdiens nie. 5. Vrysinnig, verlig. liberaalheid.
liberalis, =te. Aanhanger, voorstander v.d. liberalisme as lewensbeskouing.
liberaliseer, ge=. Bevry van beperkinge of belemmeringe. ..sering.
liberalisme. 1. Liberale standpunte en beleidsrigtings, veral op die gebied van sosiale, ekonomiese en politieke vraagstukke. 2. Vrysinnige rigting in die Protestantisme.
liberalisties, =e. 1. Liberaal gesind. 2. Vrysinnig, in die gees v.d. liberalisme.
liberaliteit. 1. Vrysinnigheid, onbekrompenheid. 2. Onbevooroordeeldheid. 3. Vrygewendheid.
Kerneels, jy't nou jou gat gesien, geheel en al! Kyk na jou eie woordeboek definisie: "...Vrysinnigheid, onbekrompenheid. 2. Onbevooroordeeldheid. 3. Vrygewendheid..." Dis wat ek is. Dankie!! Ongelooflik as jy 'n absolute gek van jouself maak, vir almal om te sien. Waar's jy, het ek gevra. Teenoorgesteld van jou eie definisie, né.
Neelsie.
Pleks van die alewige stinkstrontpraat, beantwoord die vraag:
"waar staan jy op die ideologiese spektrum. Reg aan die teenoorgestelde kant dalk? Hoe lyk dit daar? Enige vryhede om te stem, te beweeg, toegang tot die reg, vryheid van assosiasie, oppergesag van die reg, ens, ens…" en ook: watter "ekonomiese en politieke sisteme wat julle twee vir ons land begeer".
"Jaco Fourie Dirk Rigter", dis baie duidelik dat "julle" om die beurt buk vir mekaar ... nietemin, ek's glad nie meer verbaas dat na soveel stel van my standpunte in die eenvoudigste en algemene taal moontlik, jy dit steeds steeds nie begryp nie ... daaruit is dit tog voor die handliggend en heel bepaalbaar dat my standpunte niksseggend vir jou sal wees ... dis ook eweneens verstaanbaar gereken jou patologiese narsisme dat jy glo jy is 'n liberale held ... siestog, net jy dink egter so ... enige redelike ander sien die vermetelheid en arrogansie waarmee jy jou radikale en fundamentele drogredes agter allerlei maskers probeer aanvoer ... ek ag nie my ideologiese beskouinge juis te liberaal nie- dog ek my nie oor 'n ander se hart (gelowig of ongelowig) sal verhef nie ...
Hello,
Wat om te doen met Cornelius Henn?
Hy wat die minste weet, praat die meeste.
Vir hoeveel jaar gaan Henn nie nou al so aan nie. Erger as sy oom, Jan Rap.
Comestor lees darem, hy wil net nie PRAAG laat gaan nie.
Henn, is so complacent about the fact he doesn’t know much about anything that he has made himself stupid. He’s like an inverted polymath: his ignorance is multi-disciplinary and constantly expanding. He’s perfectly happy.
Die poging om Henn dus iets te vertel van neoliberalisme sal dus faal.
Maar Dirk het die gewoonte om 'n vraag te vra, wat my laat dink, maar ek weet min van daardie onderwerp af en dan gaan lees ek daaroor.
Ek het weer so gaan doen en volg 'n kort opstel saamgestel uit Manfred B. Steger and Ravi K. Roy se "Neoliberalism A Very Short Introduction".
http://www.kalahari.com/Digital-Downloads/Neoliberalism-A-Very-Short-Introduction-eBook_p_43195566
Spesiaal aangekoop om te deel met Neelsie.
(Onthou Neelsie, wanneer die skrywer en die boek duidelik uitgelig word, is dit nie plagiaat nie).
Ook belangrik, KYK MA, GEEN WOORDEBOEK NIE!!!!
Die skrywers is aan die woord, en die aspekte soos gekies deur my hier geplaas:
This book has been designed to introduce readers to the origins, evolution, and core ideas of neoliberalism by examining its concrete manifestations in various countries and regions around the world.
‘Neoliberalism’ is a rather broad and general concept referring to an economic model or ‘paradigm’ that rose to prominence in the 1980s.
Built upon the classical liberal ideal of the self-regulating market, neoliberalism comes in several strands and variations.
Perhaps the best way to conceptualize neoliberalism is to think of it as three intertwined manifestations:
(1) an ideology;
(2) a mode of governance;
(3) a policy package.
Let us carefully unpack these fundamental dimensions.
Die konsep van ideologie gaan ek nie nou bespreek nie en word aan die leser oorgelaat om te handel met die konsep volgens sy eie kennis.
Die tweede aspek van die definisie sal dus begin word mee:
A neoliberal governmentality is rooted in entrepreneurial values such as competitiveness, self-interest, and decentralization.
It celebrates individual empowerment and the devolution of central state power to smaller localized units.
Such a neoliberal mode of governance adopts the self-regulating free market as the model for proper government.
Rather than operating along more traditional lines of pursuing the public good (rather than profits) by enhancing civil society and social justice, neoliberals call for the employment of governmental technologies that are taken from the world of business and commerce:
mandatory development of ‘strategic plans’ and ‘risk-management’ schemes oriented toward the creation of ‘surpluses’;
cost–benefit analyses and other efficiency calculations;
the shrinking of political governance (so-called ‘best-practice governance’);
the setting of quantitative targets;
the close monitoring of outcomes;
the creation of highly individualized, performance-based work plans;
Die derde aspek van die definisie word soos volg uitgelig:
Neoliberalism manifests itself as a concrete set of public policies expressed in what we like to call the ‘D-L-P Formula’:
(1) deregulation (of the economy);
(2) liberalization (of trade and industry);
(3) privatization (of state-owned enterprises).
Related policy measures include massive tax cuts (especially for businesses and high-income earners);
reduction of social services and welfare programmes;
replacing welfare with ‘workfare’;
use of interest rates by independent central banks to keep inflation in check (even at the risk of increasing unemployment);
the downsizing of government;
tax havens for domestic and foreign corporations willing to invest in designated economic zones;
new commercial urban spaces shaped by market imperatives;
anti-unionization drives in the name of enhancing productivity and ‘labour flexibility’;
removal of controls on global financial and trade flows;
regional and global integration of national economies;
and the creation of new political institutions, think tanks, and practices designed to reproduce the neoliberal paradigm.
The so-called ‘neoconservative’ initiatives often supported the neoliberal policy agenda in pursuit of shared political objectives.
In turn, many neoliberals embraced conservative values, especially ‘family values’, tough law enforcement, and a strong military.
The nearly universal adoption of at least some parts of this policy package in the 1990s reflected the global power of the ideological claims of neoliberalism and thus normalize market-oriented behaviour.
Neoliberal modes of governance encourage the transformation of bureaucratic mentalities into entrepreneurial identities.
The intellectual origins of neoliberalism can be traced to Friedrich August von Hayek, an influential member of the early 20th-century Austrian School of Economics and attracted like-minded intellectuals committed to strengthening the principles and practice of a ‘free society’ by studying the workings and virtues of market-oriented economic systems.
Vowing to stem what they saw as the ‘rising tide of collectivism’ – be it Marxism or even less radical forms of state centred planning.
A great believer in the free market’s spontaneous ability to function as a self-regulating and knowledge-generating engine of human freedom and ingenuity,
Hayek considered most forms of state intervention in the economy as ominous milestones on the ‘road to serfdom’ leading to new forms of government engineered despotism.
The neoliberal principles advocated by Hayek greatly influenced the American economist Milton Friedman, winner of the 1976 Nobel Prize. The charismatic leader of the Chicago School of Economics (based at the University of Chicago), Friedman had an influential hand in guiding neoliberalism from constituting a mere minority view in the 1950s to becoming the ruling economic orthodoxy in the 1990s.
Neoliberalism soon spread to other parts of the world.
Examples include Chile after General Augusto Pinochet’s 1973 CIA supported coup, the economic transformation of formerly communist Eastern Europe, and post-Apartheid South Africa.
The rise of neoliberalism in the English-speaking world is most notably associated with US President Ronald Reagan (1981–8) and British Prime Minister Margaret Thatcher (1979–90).
Hoofstuk 2 bespreek Reagan & Thatcher terwyl Hoofstuk 3 die ekonomiese beleid rigtings van "President Bill Clinton and Prime Minister Tony Blair in the 1990s bespreek.
"Reflect a middle-of-the road approach that embraced major portions of neoliberalism while also seeking to incorporate parts of a socially progressiveagenda traditionally associated with political parties of the democratic Left.
Die verspreiding van neoliberalisme word dan bespreek in die konteks van ander lande ook, soos byvoorbeeld, Chile, Japan, Ghana ens.
Die boek eindig met die volgende, het die krisis van 2008 die einde van neoliberalisme gebring.
Tentatiewelik word die volgende gedagtes gedeel.
Most blamed global financial elites for adhering to a neoliberal dogmatism.
Political leaders both on the Left and the Right not only openly questioned the tenets of neoliberalism, but also argued in favour of greater regulatory oversight by national and global institutions.
But perhaps the most comprehensive and sophisticated criticism of the neoliberal model came in March 2009 in the form of a 65-page United Nations Conference on Trade and Development (UNCTAD) Report, titled ‘The Global Economic Crisis: Systematic Failures and Multilateral Remedies’.
The UNCTAD Report contains four key messages.
First, it emphasizes that ‘market fundamentalist laissez-faire’ of the last two decades had dramatically failed the test on real-world application. Financial deregulation had created the build-up of huge financial risks whose unwinding had pushed the global economy into debt deflation that, ultimately, could only be countered by government debt inflation.
Second, ‘blind faith in the efficiency of deregulated financial markets’ and the absence of a cooperative financial and monetary system had created an illusion of risk-free profits and licensed profligacy through speculative finance.
Third, the growing role of financial conglomerates on commodities and derivatives had led to extreme volatility and the emergence of speculative commodity ‘ bubbles’ such as the US housing bubble.
Finally, similar to the 1997–8 Asian Crisis, the absence of a cooperative international system to manage exchange rate fluctuations had facilitated rampant currency speculations and increased global imbalances, thus bringing a number of countries to the verge of default.
The UNCTAD Report also suggested three constructive remedies:
(1) comprehensive re-regulation of the global financial system with the world’s governments working in unison to achieve this goal;
(2) government–private sector cooperation to stimulate economic growth;
(3) developing countries should no longer be subjected to the kind of neoliberal logic that caused the current crisis in the first place.Indeed, less than a month after the publication of the UNCTAD Report the heads of state of the G-20 Summit met in London to agree on a common economic strategy.
Daarmee dan, neoliberalisme in 'n neutedop.
Henn, dit sou beter gewees dat jy dalk hierdie keer eerder wikipedia gaan probeer het, in plaas van jou woordeboek.
Vra FC Boot om jou te help, hy kan google dat dit klap.
Lees meer ouboet. Dit gaan jou regtig help.
Nou kan jy met ons deel watter bestel jy en Jan Rap hier sou wou sien.
Baie dankie
Wouter
Die klug "Wouter Ferns" se vermetelheid en arrogansie ook maar soos altyd 'n stertjie agter die res van hulle anderhaters aan: "Wat om te doen met Cornelius Henn?"... ja, tot op hede had die verspotte karikatuur nie die ordentlikheid om te verantwoord op slegs enkele voorbeelde van die drek en bedrog wat hy/sy/dit gedurig omtrent my hipostateer nie: https://www.litnet.co.za/Article/brief-n-veldtog-vol-modder (wat kan 'n karikatuur iedergeval voel of gewete aan het?) ... die siek, koorsige, smetterige en geveinsde smerigheid tref gedurig in 'n tsunami van derduisende woorde ... dit/hy/sy of wat ookal, toon ook duidelik geen respek aan woorde met hoofletters en kleinletters se onderskeie betekenis, of aan my verduideliking reeds hierbo nie ... siestog, dit val ver buite "hulle" begrip en daarom is my verduideliking vir "hulle" iets totaal niksseggend - dis byna soos om Calculus vir graadeens te probeer verduidelik - net dat ek dit nie probeer nie en bloot deur sulke onthutstheid oorval word sonder dat ek daarvoor vra ... natuurlik is enige kritiek teen my soos evangelie vir die "Dirk Rigter Jaco Fourie" komposbende en hul ewe misantropiese sikofante (gelowig en ongelowig), en kan hulle nogals vreeslik opgewonde raak in hul waansin onder mekaar ... ek is egter oortuig van die meeste belangstellendes hier se intelligensie!
... en o ja, woorde met hoofletters en kleinletters is wel erg buite die begrip van domastrante slimjanne soos "Dirk Rigter Jaco Fourie" en hul longdrop tjommies soos die karikatuur "Wouter Ferns" - hoe gaan die trop ooit iets met 'n koppelteken in soos "neo- liberaal" en "neoliberaal" onderskei? ... die wonder van 'n verklarende woordeboek: neo=. Voorvoegsel met die betekeniswaarde: nuut ... byvoorbeeld; Neo-Calvinisme. Rigting in die beoefening en propagering v.d. Calvinistiese lewens= en wêreldbeskouing in die TWINTIGSTE EEU! ... ja, vir die trop haters vandag is liberaal ewig en in die verlede vasgevang en is 'n beskrywing van hul fundamentele en radikale afkeure as verkragting aan die woord liberaal en 'n nuwe soort liberalisme, veels te veel om te begryp ... liberalisme het 'n wapen in die hand van dekadente, promiskue en onverdraagsame oorlogshonde geword in hul algehele aanslag teen enige hart, orde of instansie wat liefde en waardigheid koester - en dit is die nuwe- /neo- liberalisme waarna ek vandag verwys ... is daar dalk enige ander woord om die nuwe soort fundamentele en radikale vyandigheid onder 'n mantel van liberalisme vandag te beskryf? ... die gepaste woord illiberaal, pas nie die skyn en geveinsdheid waarmee hierdie kwansuis liberaliste die wêreld in hel omskep nie ... daar word ook byvoorbeeld gereeld na neo- Nazi in dieselfde bedoeling verwys ...