Na aanleiding van Jaco Fourie se brief van 28 Januarie (Dan Roodt se verwarring mbt onnoselheid en Johannes Comestor se opvolgende kommentaar, het ek Roodt se twee rubrieke van 19 Jan en 26 Jan op Praag se webwerf gaan lees.
Volgens Comestor is …”Roodt wyd belese en toon hy dikwels goeie insig. Deur 'n ander standpunt as die geykte polities korrekte te stel, vervul Roodt myns insiens 'n baie belangrike, eintlik onontbeerlike, funksie. Ek (Comestor) lees gedrukte koerante en ook Praag sodat ek tot 'n eie en hopelik ewewigtige standpunt kan kom.”
In sy twee rubrieke trek Roodt los teen onder andere wyle Dr Van Zyl Slabbert, Adriaan Basson van Beeld, Helen Zille, Naspers, Koos Bekker, en Proff Jonathan Jansen en Russel Botman. Paragraaf op paragraaf fulmineer, vervloek en verwens Roodt hierdie mense en sommer alles wat nie “Praag” is nie. Om die volle omvang van sy vloek- en skelredes te begryp, gaan gerus na praag.org/rubrieke en gaan lees self die gevloek en geskel. Dis só erg dat ‘n mens nie die goed hier direk kan aanhaal nie, want dit kan hierdie forum onnodig blootstel.
Soos Johannes Comestor glo ek ook dat ‘n mens aan uiteenlopende standpunte en opinies blootstelling moet kry, om daarna tot ‘n “eie ewewigtige standpunt te kan kom” Wel, ek het voorheen besluit dat Praag se webwerf nie vir my is nie, want opinies wat só haatdraend en onbeskaaf is, lewer géén bydrae tot ewewigtige meningsvorming nie. Dis net ‘n gevloek en geskel. Wéér het ek tot die besef gekom: Dankie, maar nee dankie, ek sal my mening laat slyp op baie ander (ook konserwatiewe en behoudende) forums, maar definitief nie hiér nie. Roodt se opinies is nie meningsvormend nie, dit besoedel net.
Die toppunt egter is om te sien hoe hierdie “eendersdenkende” volgelinge van Roodt onder mekaar invlieg onderaan sy rubrieke by die kommentaar-seksie. Dis die een belediging na die ander, dreigemente van laster teenoor mekaar en dreigemente van fisiese geweld. “...As ek net weet waar jy bly!!”... daai tipe ding. Wat sê dit vir ons? Roodt / Praag aanhangers duld nie eers debat of verskille in eie geledere nie, wat nog te sê met opponente en mense van ander oortuiging. Die gedagte om saam met die lot in ‘n tuisland te bly, gee my koue rillings. Om af te sluit: My siening van Praag en Dan Roodt bly onveranderd. Soos een van Roodt se volgelinge, Arnieann vir ‘n ander een sê: “En verder is ek met jou klaar, I do not suffer fools gladly” Dit staan net so daar!
So vir ‘n nagedagte: Koos Bekker en Naspers word só deur Roodt en kie uitgeskel dat geen spreekwoordelike see hul ooit in Praagland sal kan reinig nie. Nou wonder ek, hoeveel van dié mense het al hul DStv en MNet subskripsies gekanselleer? Want as dit nie vir Koos Bekker was nie ...
Dirk Rigter


Kommentaar
Dirk Rigter, wyl jy so skynheilig mondspoel hier oor Dr. Roodt, het jy steeds nie die moed om te antwoord op jou aksionabele verdraainge van my standpunt nie - enigeen kan dus hierdie modder van ou Dirkie in die gedagte lees dat ou Dirkie by uitstek daarop uit is om ander wat nie by sy gebreinspoelde menings inval nie, se meninge en standpunte verdraai en verkrag; Dirkie ook Dr. Dan Roodt se standpunte ook nie gepsaar nie ...
Cornelius, ek weet ek het jou, by wyse van spreke, byna disnis getik so 'n paar weke gelede, maar ek het regtig gedink jy sou jou asem terug kry na 'n paar dae. O wee, ek sien jy's nog altyd winddronk. Gaan jy ooit weer regkom? Beterskap vir jou...
PS: Doen ons almal 'n guns: Gaan lees eers Roodt se geskel - Jy sal baie tuis wees in die geselskap. Kom dan en wys waar ek Roodt se standpunte "...verdraai en verkrag..." Sê sommer ook vir ons wat "aksionabele" beteken?
Nee wat Dirk Rigter, jy bedrieg jouself en onderskat die intelligensie van meeste belangstellendes hier .... jy het heel kwaadwillig gelieg dat 'n mens horing ruik - dis al ... 'n aksionabele strategie wat reeds deur menige sikofant probeer is ...
Dirk
Dit is heel opvallend dat Dan Roodt se ondersteuners hier op SêNet geensins enige van niksseggende Neelsie se kwylende stront be-aam nie, want selfs vir hulle is sy disfunksionele stellings 'n groot verleentheid
Aggenee, Jaco, jou kommentaar het nou alweer jou eie "gekkegrens" oorgesteek! (Ek kan maar net nie vat kry aan die vreemde woord wat Jaco geskep het nie - dit bly onlekker. Dis nou wat mens noem 'n "non-starter"). Frases soos "niksseggende Neelsie" en "kwylende stront" is oneerlike en infantiele wyse van debat voer. Oneerlik, want om dr Roodt so neerhalend te etiketteer is ver verwyderd van die werklikheid. Infantiel, want dis werklikwaar onsinnig en platvloers om van 'n begrip soos "kwylende stront" te skrywe.
Jaco
Henn het nou weer eens aan ons almal bewys: Hy lewer blindelings en instinktief kommentaar, sonder enige nadenke. (Kommentaar ter wille van gehoor / gesien te word). Ek het hom mooi gevra om eers Dan Roodt se twee rubrieke hier ter sake te lees, en daarná vir my uit te wys waar ek “kwaadwillig lieg of standpunte verdraai.” Maar nee, geen teken daarvan dat hy homself enigsins inlig oor waaroor die diskoers gaan nie. Dieselfde geld ook vir van die ander Roodt apologete wat aanvanklik blindelings ingespring het tot Roodt se verdediging toe jy sy geskel uitgewys het in jou brief van 28 Januarie. Dis tog duidelik dat van hulle, wat gesofistikeerde lesers is, hier net ingeduik het sonder om hulself ordentlik te vergewis van wat jy gesê het. Dít is wanneer jy geloofwaardigheid verloor.
Gawerjal.
My respons was op Cornelius Henn se twak aan Dirk gemik. Cornelius = Neels = nikseggende Neelsie, want hy het niks van waarde te sê nie. Hier is niks neerhalend deur my aangaande Dan Roodt gesê nie. Lees weer.
Gawerjal
Die gekkegrens is etikeerders "par excelance" van diegene wat hulle wil afkraak. Etikette waarvan jyself ook te lief is om te gebruik, nl. verraaiers, jellievisse, renegate en sikofante; skoenlekkers en papperds. Het jy nie gesê die wat dit gebruik: "is oneerlike en infantiele wyse van debat voer". Nou wanneer ek die etiket "gekkegrens" gebruik, is dit "onlekker, 'n non-starter". HUH! en weer HUH!
Dan jou sielsgenoot, nl. Cornelius Henn = nikseggende Neelsie waaroor jy swyg wanneer hy platvloers is: "Jaco Fourie se loopgraaf ruik soos altyd maar na 'n longdrop; komposstampers; en ook waar hy ander hier op die Net ewe kru beskrywe". Nou wanneer ek sê hy praat "kwylende stront", maak jy kapsie.
Jy handhaaf dubbele standaarde
Dirk
Wanneer Dan Roodt ander: aap; Afrikaneridioot; moroon, ens. noem, soos onlangs in sy rubrieke, dan praat hy volgens sy aanhangers met gesag, en juig hulle hom histeries toe, maar waag ander om ‘n paar waarhede oor hom uit te spreek, dan kryt sy volgelinge soos volg uit: “om “dr” Roodt so neerhalend te etiketteer is ver verwyderd van die werklikheid.”
In 2009 het hy belowe ‘n volkstaat gaan binne die volgende 5 jaar verwesenlik word (dws 2014). Nou sê hy onlangs, met ‘n paar honderde duisend stemme sal ‘n volkstaat binne enkele maande verkry kan word met ‘n groot stuk grond en dele van die voorstede.
Ek sien dat selfs Sunette Bridges haar vir die “man” se stellings vererg het, en dit 'n infame leuen genoem, waarin sy nie betrokke wil wees nie. http://praag.co.za/?p=21964
Ek weet Dan Roodt kan nie so dom wees nie, sy volgelinge wel. Hou die wortel van Afrikaneronafhanklikheid gedurig voor diegene wat dit verlang, dan het hy hulle aandag en natuurlik hulle geldelike ondersteuning ook, wat by uitstek die belangrikste faktor is.
Ek verwys enige belangstellende wat dalk sou wonder oor Dirk Rigter en sy meelopers se domastrante grootpratery hierna: https://www.litnet.co.za/Article/brief-hermann-giliomee-se-gebreinspoelde-student-dirk-rigter
... en o ja Jaco Fourie, wyl jy darem die moed het om my so indirek aan te durf; verduidelik vir wie ookal jy meen jou beste tjommie en jy veilig is - hoekom jy byvoorbeeld meen die woord "komposstamp" platvloers is? ... ek aanvaar jou stuipe dat ek "niksseggend" is omdat ek nie soos jy saampraat, napraat en kruip in die waan dat die massamening morele hoofgrond bepaal nie ...
Dan Roodt @danroodt ... Ooit gewonder waarom jy praag móét lees? Hier: Zuma, Kubane na Brazzaville om ‘Cuito-oorwinning’ te vier http://praag.co.za/?p=22037