Vinnige persoonlike vragie vir Francois Williams

  • 0

Dierbare Francois,

As ernstige student en groot bewonderaar vir Richard von Krafft-Ebing, Sigmund Freud en Melanie Klein, benader ek jou corpus en spiritus met die grootste deernis en respek om my in te lig oor die volgende aspekte wat ‘n essensiële deel vorm van my doktorale tesis oor seksuologie wat ek tans onderneem aan die Universiteit van Zimbabwe, onder die leiding van Professor Doktor Emeritus Makoena Zonkelelimabuza.

Soos jy seker onthou van die goeie ou dae van die Melt Myburg-era was my interesse maar altyd psigiatrie, en die meer eksotiese fenomene van psychopatia sexualis. Nou om ‘n lang storie kort te knip wil ek graag van jou weet  hoe het ‘n man van jou fenomenale groot bou omgegaan ( maw knippies gevang - verskoon die uiters kru taal) met daardie klein, fyn Chinese poppies. Studie van die Kama Sutra was in hierdie geval van geen hulp vir my nie, en dus sal jou kosbare en eersterangse ondervindinge die mediese wetenskap ‘n enorme stoot vorentoe gee, as jy jou geheime resep en posisie(s) vir ons blootlê.

Laat ek nog byvoeg dat Professor Doktor Emeritus Makoena Zonkelelimabuza die grootste respek het vir jou oordeelkundige skrywes op LitNet, en beskou jou as ‘n vooraanstaande voorbeeld van ‘n ware Afrikaan. Dit spyt hom intens dat ‘n persoon van jou hoë kaliber dit nie oorweeg om jouself in Zimbabwe te kom vestig nie, of ten minstens aansoek te doen vir die professoraatskap van Afrikaans aan die Universiteit van Harare.

Best groete,

Pieter Redelinghuys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top