Jaarliks wanneer mens die lys van karavaanparke in die land beloer met die oog om ‘n bespreking te maak, kom Victoriabaai ook by my op, dit lyk darem wonderlik om daar te kampeer.
Sondag is ons in die omgewing en gaan toe strand toe. Ek besef toe hoe ‘n fatale fout dit moet wees om oor Kersfees/Nuwejaar daar te wees met in agneming van hoe dit Sondagmiddag op Victoriabaai gelyk het, en hoe ander strande lyk op daardie dae van die jaar. Jy wil nie eers op ‘n gewone Sondag daar wees nie. Dis een geluk van sommige van die Natalse suidkus se karavaanparke, hul is op ‘n streep langs mekaar en die enigste toegang na die strand toe is indien jy in die karavaanpark woonagtig is.
Pieter

