VFPlus: 'n Kommentaar sonder titel

  • 3

Hallo Jaco et al,

Baie dankie vir jou kommentaar.

Ek wil graag weet waar kry jy jou statistiek?

Die rede hoekom ek vra, is aangesien die verlede van ons land 'n vraag wat berus op kleur soms ongemak skep en daar in die algemeen nie volgens daardie kriteria gepraat word nie. Maar graag sou ek betroubare statistieke wou sien wat die werklike stand van stemme soos dit in 2014 uitgespeel het per party kan uitwys. Die enigste rede daarvoor is om te sien of die belangrikste party wel 'n verskeidenheid van kleur dek. Hierdie is dus doodgewoon 'n opdeel van die partye se ondersteuning volgens kleur en die tentatiewe afleidings wat daaruit gemaak kan word.

Gewoonlik verkies ek dat statistiek, onafhanklik, van ten minste drie bronne moet bevestig word, daarom gebruik ek lugtig, die stelling dat 800 000 DA-kiesers nie wit is nie. Dis vir my motivering dat die DA in 'n veelkleurige party ontwikkel het. 'n Ontwikkeling wat my positief stem, aangesien dit die moontlike middeweg van gedeelde waardes impliseer wat in die toekoms nie gebuk sal gaan onder die historiese erfenis nie, maar sal fokus op die uitdagings van die samelewing en die toekoms van die samelewing.

Die verloop wat ek sien is die volgende:

1994 Freedom Front (FF-VF) 424 555 2.2% 9 setels
1999 Freedom Front (VF/FF) 127 217 0.8% 3 setels
2004 Vryheidsfront Plus         139 465 0.9% 4 setels
2009 Vryheidsfront Plus         146 796 0.8% 4 setels
2014 Vryheidsfront Plus         165 715 0.9% 4 setels.

Nou dit is die probleem met statistieke. "Boervrou58", bewys die bestaan van "volksmoord" in Suid-Afrika terwyl Africacheck, geen so 'n tendens sien nie. Bogenoemde vergelyk dan met jou statistiek wat soos volg uiteengesit word:

1994 424 000 28.0% (Die NP wat toe nog bestaan het, het omtrent die verskil bo 28% gekry)
1999 127 000 8.5%
2004 140 000 9.3%
2009 147 000 9.8%
2014 166 000 11.0%

Die verskil is natuurlik 'n "rowwe" vergelyking tussen 18,4 miljoen versus 1,5 miljoen, maar in die groter prent het die 40 000 mense meer wat oor 15 jaar vir die VF+ gestem het, geen verskil in die setels gemaak nie en toon dit 'n party aan wat die pas makeer.

Daarom dan Dirk en myself se spesifieke stelling, "die VF+ se dalende en nou statiese steun". In die konteks van 1994, 'n daling. Wat het gebeur in 1999 en die glybaan van slegs vier setels met elke verkiesing. Die statiese aspek daarvan.

Soos Paul Simon dit het in "Train in the Distance":

"What is the point of this story? What information pertains..."

Die kan ek jou nie vertel nie.

Ek kyk weereens na die syfers en kan nie kop of stert daarvan uitmaak nie.

"Train in the Distance" eindig soos volg op die vraag wat dit stel:

"The thought that life could be better
Is woven indelibly
Into our hearts
And our brains".

Nou so soppy gaan ek nie wees nie, veral weens die groot debat wat bestaan oor die toekoms van demokrasie en die gebreke daarin. 'n Onderwerp groter as hierdie enkele en die beperkte omvang van die brief. Geopper weens die komende populisme van die EFF in jou kommentaar en die moontlike beweging van die ANC om ook meer populisties te word.

Ek eindig met die volgende aanhaling wat ek lankal brand om hier te plaas en kaap die antwoord aan jou om so te doen aangesien dit 'n goeie vertrekpunt is om die gebreke in die bestaan te rekonsilieer met die bespreking daarvan in enige konteks en word die volgende inleiding uit "Visions of Utopia, Edward Rothstein, Herbert Muschamp, Martin E. Marty", geneem:

"And it shall come to pass, in the end of days that rivers of milk and nectar shall flow, that the wolf shall dwell with the lamb and spears shall be beaten into pruning hooks, that philosophers shall be kings,that there will be no hypocrisy, dissembling, deceit, flattery, strife, or discord. There shall be neither hate nor envy nor hunger nor thirst.

There shall be much leisure and few lawyers. There shall be no private property, and there shall be communal camaraderie. From each shall come work according to his abilities and to each shall come support according to his needs. New forms of human consciousness will evolve. Our erotic natures will be freed from gratuitous repression, and society will bask in polymorphous redemption. Neither shall we learn war anymore. And all of us, both great and small, shall know bliss."

Yeah right....

Baie dankie

Wouter

Naskrif: Weet iemand van 'n goeie betroubare bron wat die stemme per party en bevolkingsgroep bevestig?

  • 3

Kommentaar

  • Wouter

    Ek haal jou vereers aan.  Jou respons aan Cornelius was:

    "Jou klagte wat Verwoerd betref, is dan dat sy opvolgers gefaal het in hulle visie van die tuislande en met tyd die oorspronklike droom moes afskaal. Iets wat Front Nasionaal weer 'n vlam voor laat brand, maar Jaco het bevestig dat minder as 6000 mense daardie visie deel en so ook die VF+ se dalende en nou statiese steun wat bevestig dat minder as 200 000 mense  nog werklik daardie droom deel."

    In die konteks wat jy hierbo geskryf het, het jy na Afrikaners verwys.

    My respons was:

    "die VF+ se dalende en nou statiese steun" in  die konteks dat onder Afrikaners (ek praat hier nie van die landsbevolking nie) is hierdie party op pad uit.  Dit is ook Dirk Rigter se siening.

    By beraming is daar omtrent 3 miljoen Afrikaners, waarvan omtrent net helfte bo 18 is, dws 1.5 miljoen moontlike stemgeregtiges. Hieronder volg die werklike steun (vir die VF+)  onder Afrikanerkiesers gebaseer op genoemde stemgeregtige veronderstelling:-

    1994      424000      28.0%  (Die NP wat toe nog bestaan het, het omtrent die verskil bo 28% gekry)
    1999      127000        8.5%
    2004      140000        9.3%
    2009      147000        9.8%
    2014      166000      11.0%

    Jou en my stemsyfers stem ooreen, myne net afgerond.   My persentasies is as 'n persentasie van 1.5miljoen Afrikanerstemgeregtiges bereken.  Ek het tot my respons bygevoeg "Sou my veronderstelde kiessyfers verkeerd wees, bly die groeitendens proporsioneel tot enige aangepaste kiesersyfer".

    My punt!!  Afrikanersteun vir die VF+ is nie besig om te daal of staties te bly nie.  Geskiedkundig het dit geleidelik sedert 1999 gegroei.

    Ek het my redes reeds gegee hoekom ek voorts vir die VF+ en nie vir die DA weer sal stem nie, wat ek nie hier wil herhaal nie.

    Ek respekteer jou, Dirk en die oorgrote meerderheid Afrikaners se voorkeuse vir die DA, asook Cornelius se keuse vir die Front Nasionaal.

  • Cornelius Henn

    Dankie Jaco ... ek is egter minder as jy hierin aangesien ek nie kan help om wit Afrikaners se gebreinspoelde agterna drentel by die DA as belaglik te minag nie!

  • Hallo Jaco, 

     
    Ek is heeltemal bereid om te volstaan met wat jy oor die onderwerp geskryf het en kibbel nie in essensie met jou nie en sal na jou verwys wat die onderwerp betref. Ek is tevrede met jou ontleding daarvan. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top