Ek lees in News 24 dat die volgende persoon in Ohio VSA deur middel van ‘n gifinspuiting tereggestel gaan word:
“Ronald Philips is scheduled to die on 14 November for raping and killing his girlfriend's 3-year-old daughter, Sheila Marie Evans, in 1993”.
Ek is ‘n voorstaander vir die teregstelling van persone skuldig aan moord; gewapende roof; dwelmhandel en verkragting.
Wat ek nie kan kleinkry nie is dat die VSA geneig is om jare te wag alvorens hulle die doodsvonnis voltrek. In Philips se geval, 20 jaar.
Jaco Fourie


Kommentaar
In Amerika geld 'n baie lang en duur regsproses voor iemand tereggestel word. Om die waarheid te sê, dit is daar blykbaar duurder om iemand tereg te stel as om hom bloot lewenslank op te sluit.
Brianvds
Wat jy skryf maak sin. MAAR. Hier in SA, vergeleke met die VSA, word daar nie veel waarde aan enige lewe geheg nie, viz a viz ons buitensporige moordsyfers asook die onlangse verbranding van vermeende bendelede deur die gemeenskap in Bekkersdal. DUS, enige toevallige teregstelling deur ons howe opgelê van 'n onskuldige moet maar in dieselfde lig gesien word totdat daar by verre meer waarde aan lewens hier in SA geheg word.
Hierdie is maar 'n persoonlike beskouing.
Jaco Fourie