Verneukspul

  • 5

Ons voorgangers het ons die wondere van die werklikheid ontneem, en met drome van onbekende hemels en helle bedeel.

CM

  • 5

Kommentaar

  • Watter voorgangers? Adam en Eva?  Archimedes? Kepler? Leibniz?  Newton? Florence Nightingale? Emily Hobhouse? Einstein? Marie Curie? Koos de la Rey? Jou oupa? Jou pa?

  • Jan Rap

    Almal.   Byvoorbeeld:   Daar is geskrywe dat Adam en Eva sulke onbevredigende skepsels was dat hulle afstammelinge verdrink moes word.

  • Dis eintlik Jesus se ouer boeties en  die wulpse aardse dogtertjies se kinders wat te groot en te gewelddadig na god se sin geword het, en toe versuip moes word. 

  • CM

    Jy sê almal?  Dan geld dit mos vir jou EN die nageslag ook.  'n Oorbodige stelling dus, konstatering van die ooglopende.

    Angus

    Wulpsheid is ingebou, geneties.  Hoekom moet wulpses dan uitgewis word, dis dan hulle aard?  Buitendien, waar sal die nageslag vandaan kom as daar nie wulpsheid was nie?

  • Beste Jan,

    Smaak my jy het nie mooi gelees nie. God wou nie die wulpsheid uitroei nie; hy wou die nageslag van Jesus se boeties en die wulpse meisietjies uitroei omdat hulle gewelddadig was. Dis ook nie ek wat so sê nie, dis die Bybel wat so sê. Gaan lees Genesis 6 (1933-vertaling)
    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top