Onderwyl ek gewag het vir my beurt by ’n mediese laboratorium, het my vrou ’n publikasie vir dames deurgeblaai en daar ’n advertensie gevind van Hannes en Mauritz, die suksesvolle Sweedse firma wat klere maak. Die advertensie wys ’n pragtige vrou wat ’n nuwe rok vir 9,90 Euro ( SAR 143.55) getoon. Die prys van hierdie nuwe kledingstuk is belaglik goedkoop vir die gemiddelde Europeër wat ’n minimum uurlikse inkomste van 6 Euro ( SAR 87) verdien. In lande waar hierdie kledingstukke vervaardig word soos China, Bangladesj, Indië en die Filippyne verdien hierdie fabriekswerkers 30 Euro per maand! Boonop werk hulle vir 12 uur per dag aanmekaar sonder enige ruspouses en geen vakbonde word toegelaat om na hulle belange te kyk nie.
Suid-Afrika, gedurende die Apartheidsbestel, is heftig deur die Westerse lande gekritiseer oor die lae lone wat aan swart arbeiders betaal is. In die Ooste vandag bestaan daar dieselfde kultuur van besigheid gekarakteriseer deur die uitbuiting van letterlike "slawe-arbeid", deur Westerse firmas. Hierdie betreurenswaardige situasie kom nou en dan tot die aandag van die wêreldpers wanneer so ’n "sweatshop" aan die brand raak en honderde werkers doodbrand of ernstig beseer word. Meestal is vrouens met families en die tragiese gevolge is voor die hand.
Ek kan nie verstaan hoekom hierdie firmas nie 19.90 of 29.90 Euro vir hulle rokke vra nie en hulle werkers ’n beter loon betaal nie. Maar die Kapitalistiese evangelie van besigheid vir maksimum profyt het nou die dominante filosofie van vandag se wêreld geword, en daarvoor het ons die VSA veral te bedank. Toestande in hierdie fabrieke in die Ooste is die spieëlbeeld van dergelike haglike toestande in fabrieke in Engeland, 150 jaar gelede toe Marx hulle beskryf het. In die VSA, enigiets wat na "sosialisme" ruik, soos bv ’n behoorlike staatsonderskryfde mediese diens, of ’n menswaardige omgewing vir werkers, laat hulle sommer die stuipe kry.
Dus as julle weer besluit om bv. ’n Lacoste T-hemp te koop vir ’n R1000, kyk mooi waar dit gemaak word. Beslis nie meer in Frankryk nie ( die arbeid daar is té duur) maar in een van daardie lande waar die werker SAR 435 per maand verdien!
Beste groete
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Cey me a fokken river agge toe pleeze...jy is die groot krokodiltraan-tjankbalie hier...die weste was nog altyd moreel totaal korrup, maar jy verseg om dit toe te gee...nou tjank jy so jammerlik agteruit...erken dit net!!
Dankie vir die positiewe en opbouende repliek.
Hoop jy leef lekker daar in die korrupte, besoedelde lande van die Ooste met jou SA Rande wat nie veel meer kan koop nie, danksy jou juveniele bewondering van die ANC. Waar is jy nou? Terug in China? Ek sien dat jy onlangs op hierdie webwerf adverteer dat jy na die ex-Britse kolonie toe gegaan het om 'n biejie asem te skep, en om 'n bietjie westerse beskawing en lewe te geniet, asof ons nou geïnteresseerd sou wees in jou doen en late. Kry nou vir jou 'n jobbie by die ANC - maar ek twyfel sterk dat jy vir hulle aanvaar sal wees. Selfs hulle het standaarde soos jy weet.