Beste Wouter,
Weens my afwesigheid die afgelope week (ek was in Frankryk op reis) was ek dus nie in staat om jou nuutste briewe te lees wat handel oor Truman en die atoombom nie. Maar baie dankie vir die inset en navorsing oor die redes vir die gebruik van hierdie wapen wat die dood van honderde-duisende onskuldige siviele veroorsaak het, en ook tydens die maande en jare wat daarop gevolg het, die lewens van nog duisende geëis het wat aan radioaktiewe stowwe blootgestel was. Ek merk dat daar ’n verskeie redes voorgedoen word , die belangrikste waarvan ’n spoedige einde aan die oorlog gebring kon word, veral weens ’n toenemende vrees dat die Sovjet-Unie dalk suksesvol sou wees om Japan te beleër. En Amerikaanse imperialistiese ambisies in die Stille Oseaan gaan vêr terug na die oorlog teen Spanje met die verowering van die Phillippyne.
Vandag is daar ’n breë konsensus onder deskundiges dat die gebruik van die atoombom heeltemal onnodig was. Die VSA het ook tydens die Koreaanse oorlog oorweeg om atoombomme te gebruik nadat hulle bewus was van die dodelike effek op menselewens. Maar die lewens van Asiate word in die VSA blykbaar as minder waardevol beskou as dié van wit Anglo-Saksiese protestante as in oogmerking geneem word op watter wyse hulle die Vietnamese, die inwoners van Kambodia en van Laos afgemaai het. Kissinger sou onder normale omstandighede in Den Haag aangekla kon word vir volksmoord, maar omdat hy ’n burger van die VSA is, sal geregtigheid nooit geskied nie.
’n Ander onderwerp wat veel interessante kommentaar uitgelok het was die kwessie omtrent homoseksualiteit. Onder persone wat kan dink met hulle verstand sal toegee dat die reëls en regulasies van Levitikus nie meer van toepassing in die derde millennium is nie. Die groot ironie van die saak is dat Tel Aviv hom nou voordoen as die mees "Gay- vriendelike stad" in die wêreld, en dus blyk dit vir my dat die Israeliete nie langer glo in die anti-Gay gebode wat direk van hulle stamgod, Jahweh, afkomstig was. Goed dat die einste volk en land wat verantwoordelik was vir die doodstraf vir homoseksuele, en wat oorgeneem is deur die Christelike kerke, self nie langer glo in hulle reëls van destyds nie ...
Jaco kan gerus ’n trippie neem na Tel Aviv en ons kom vertel wat daar aangaan in die "heilige land".
Is dit nie hoogs tyd om die Bybel te herskryf nie? Dit was tog van die heel begin van sy oorsprong ’n werk van mensehande.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Hello Pieter,
Pieter
Jy skryf: "Die groot ironie van die saak is dat Tel Aviv hom nou voordoen as die mees "Gay- vriendelike stad" in die wêreld, en dus blyk dit vir my dat die Israeliete nie langer glo in die anti-Gay gebode wat direk van hulle stamgod, Jahweh, afkomstig was".
In Israel is meer as 40% van die bevolking nie meer godsdienstig nie. Hulle sit ook soortgelyk as Afrikaners met 'n gekkegrens, nl die heel ortodokse Jode wat maar net 18% van die bevolking uitmaak. 'n Mens is Israeli, nie meer as gevolg van godsdiens nering vandag nie, maar meerendeels als gevolg van kulturele verbintenis.
Tel Aviv is nie hoog op my voorkeur lys nie. Ek hou daarvan om my tande op 'n voorhuid te kan peusel, soos die geval op die Kanarie eilande, Ibitha en Prague, wat internasionaal van die Europese besoekers, veral van die noorde, wemel, my voorkeur in soete smaak en reuk.
Jaco Fourie