Trienie – Gees en siel

  • 11

Als ateïs, kan ek nie in enige vorm van intellektuele geestelike wesens glo nie, hetsy god, engele, duiwels, en afgestorwe geeste nie.

Ek het nou tyd gehad om jou voorstelling ivm siel en gees meer duidelik te lees.  In Bybelse terme is ek eens met die siening in jou voorlegging, dat siel en liggaam onafskeidbaar is.  Die liggaam is leweloos sonder die siel, en die siel kan nie sonder ’n liggaam bestaan nie.  In mediese terme sou dit soortgelyk wees aan die elektriese impulse wat deur die liggaam straal, met impulse wat die hart sy hartklop gee.  Sonder hierdie elektriese impulse, kan die liggaam nie lewe nie, en sonder ’n liggaam, kan daar nie elektriese impulse afskeidbaar bestaan nie.

Die Bybel gebruik die woord “nephesh” meer as 700 keer in die ou testament in hierdie verband.  Die woord het sy wortel in die werkwoord “naphash” wat net drie keer voorkom.  Laasgenoemde beteken om asem te kan haal om lewend te kan bly.  Soortgelyk word die Griekse woord “Psuchi” in die nuwe testament gebruik. 

Mbt. Gees, is die Bybel nie heeltemal duidelik nie.  Die woord “ruach” in die ou testament en die Grieks “phantasma” en “peuma” in die nuwe testament varieer in die konteks wat dit gebruik word, merendeels soos wind, asem, selfs woede en geuiterde emosies.  In ’n paar gevalle word dit in die konteks van gees (soos spook) gebruik

Omrede die Bybel se dat god alleenlik “immortal” is (1 Tim. 6: 13-16 ) en dat hierdie onverganklikheid by die mens alleenlik aanwesig sal word met die wederkoms en opstanding (1 Cor. 15: 51-53 en 1 Thessalonians 4:16), skep dit die indruk dat ’n mens eerder “gees” in die sin van asem of wind lees wat uitblaas met afsterwe, en nie in ’n “spook” hoedanigheid nie.

Jaco Fourie

  • 11

Kommentaar

  • Jaco,

    Hoekom sou daar by die mees primitiewe mens 'n vrees en 'n hunkering na 'n 'bonatuurlike wese' ontstaan het?

    Hoekom sou die mens 'n bewussyn en daaruit , onder andere , 'n emosie soos liefde, ontwikkel het?

    Hoekom het jy as ateïs, hierdie eienskappe en is jy nie liefdeloos nie?

    Die liefde en 'n bestaan net om bestaansontwil klop nie.

     

    Raed-na-Gael

  • Raed

    Die vrees aan onoorbrugbare probleme sal daar by ieder altyd wees, en sal daar gesoek word om hulp. God is 'n verbeeldings skepping van die mens se vrees vir die onbekende.waarnatoe hy hom kan wend vir hulp.

    Kyk na ons voorbeelde hier op SeNet van gelowiges.  Elkeen bely dieselfde god.  Elke gelowige hier wil mekaar verskeur, en die hemel waarnatoe hy smag, ander gelowiges wil ontse.

    Nie een ken die volgende antwoord nie, nl:

    1.  Hoekom moet god dit vir die mensdom moeilik maak om hom te ontdek of te verstaan, ten spyte van moderne  tegnologie?
    2.  Waar is die hemel en hel gesetel?
    3.  Wat gaan die mens in die ewigheid doen behalwe aanbid in die hemel en skreeu van pyn in die hel?
    4.  Hoekom beskerm god nie sy volgelinge teen eeuwels nie?  Ten tye van sunamies; aarbewings, vloede, ens. word nie tussen gods volk en satan se volgelinge onderskei nie?  Almal sonder uitsondering ondervind dieselfde lot.

    En laastens.  My logika se vir my daar is geen god nie.

    Jaco Fourie

    • johann muller

      Jaco, God is ’n Werklikheid. Ek was "still born" uit Liefde het Hy my terugbesorg aan My ouers; op 15 jaar was ek in ’n motorongeluk, na ses weke het hy my terug gebring uit ’n koma; al wat ek oorgehou het, ek is ek is bipolêr gediagnoseer; op 33 was ek weer in ’n motorongeluk, God het my gespaar. Paar maande later ’n hartaanval - weer het hy my terug gebring na 2min-15sek. God het ons Lief; Hy red ons tot uit die dood, wat mooi is jy ken die Bybel, My lewe is soos Psalm 23, Ek sal vir jou bid my vriend, ek het in 1997 op Kersdag n vriend verloor wat ook nie geglo het nie, maar sy gewete het geglo daar is ’n God, Ek het sy bybel wat hy pal by hom gedra het. Ek stel ’n vriend aan jou voor ’n baie goeie vriend Jesus Christus, Hy is met my al vir jare, ek praat met hom soos ek met jou praat, God geniet ons geselskap. Alles van die beste.

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, die antwoord is werklik hartseer en ek deel dit met respek - gaan staan voor die spieël en spog hardop met jou harteloosheid aan jouself daarin ... dalk sal jy die haat wat jou so verblind, self daarin sien ... Namaste! Cornelius Henn

     

  • Jaco,

    Jou skrywes hier bevat vele waarhede. Gelowiges wat mekaar verskeur is ‘n uiters swak voorbeeld van hoe ‘n opregte gelowige moet opereer. Ek stem saam. Oorsaak van vele kerkskeurings. Maar selfs hierin sal jy duidelik onderskei wanneer die skrywer se siel (vlees) praat of wanneer die skrywer se gees praat. As die gees nie sterker is dan die sielslewe, spel dit probleme. Kommentare hier op SêNet is die beste voorbeeld waarin jy dit kan opmerk. Wanneer wederbare gees spreek, kom sterk bybelse waarhede na vore, maar wanneer die skrywer hom vererg vir kommentaar op sy skrywe, sal die siel (vlees) inskop en ore afkap. Daarom sal jy vind dat ongelowiges partykeer ‘n beter gesindheid openbaar, dan ‘n gelowige. Sommige is meer in beheer van hulle siel. Die siel kan opgevoed word, net soos die gees vernuwing moet deurgaan.

    Wat die siel bedink is die dood. Vele van my eie kommentare was al in die vlees. Dit genereer dood, alhoewel ek steeds hardkoppig (sielsfunksie) deurdruk met die ‘send’ knoppie. Al briek my gees. Ons siel & liggaam (die vlees & sintuie) sal daar by ieder altyd wees. ‘n Ewige stryd!

    Sommige antwoorde kom maklik wanneer ek die skeiding tussen my gees en siel ontdek, en dit probeer beantwoord:

    Jy skryf: Nie een ken die volgende antwoord nie, nl:

    1. Hoekom moet god dit vir die mensdom moeilik maak om hom te ontdek of te verstaan, ten spyte van moderne tegnologie? (Antwoord: Moderne tegnologie sal God nooit verstaan omrede dit gekoppel is aan die verstand (siel) en sal dit nie logies (siel) kom. Geestelike dinge kan net deur die geloof (geesfunksie) begryp word. Dis ‘n simpel antwoorde, né? – sê die verstand.)

    2. Waar is die hemel en hel gesetel? (Daar is baie sieninge. Dit weet jy. Maar sal die antwoord my saligheid beïnvloed? Nee - Ek sal dit verkies dat jy moet weet dat die hel nie geskape is vir die mens. Maar dat die wat gaan saam hul leier daarheen gesleep sal word. Vrees vir die hel sal jou ook nie tot bekering roep. Inteendeel, dit bewerkstellig rebellie. Wat verander my hart teenoor God dan? Net Sy onmeetlike liefde vir jou. Want God is liefde. God wil nie dat jy jouself haat of in die hel sien. (Ek vra verskoning vir Henn se uiteringe hier teenoor jou.) God wil ook nie dat jy heeldag aan die hel of jou sonde of tekortkominge dink nie. Hy soek jou vir nou, nes jy is. Verkry liewers ‘n godsbewustheid, los selfbewustheid.

    3. Wat gaan die mens in die ewigheid doen behalwe aanbid in die hemel en skreeu van pyn in die hel? (Weereens uiters interessante vraag! Verseker gaan daar nie net aanbid word in die eerste, tweede of derde hemel. Dit verdien ‘n eie hoofbespreking.)

    4. So ook jou vierde vraag.

    Al hierdie onderwerpe is al holrug gery op LitNet. Maar geen een het al indruk op jou gemaak nie Jaco. Ek kan dit sien.

    Terug na siel en gees. Jou brief aan my beïndruk my vir ‘n ateïs. Ek waardeer jou opsoek van die woord ‘gees’ in die bybel. Jy noem mbt tot gees, is die bybel nie heeltemal duidelik. Ek stel voor dat indien ‘n studie oor die gees van die mens gemaak word, die engelse Amplified bybel as duidelikste oorkom. (Jammer Jan Rap - waarom kry julle nie vir ons meer sprekende geesteswoorde nie). In elk geval is dit nie maklik om die funksies of werkinge tussen gees en siel te onderskei. Tereg het Perdebytjie iewers genoem: wat maak dit saak? Meeste gelowiges ken ook nie die verskil. Almal is nie kennis-freaks soos ons. Ons grootste probleem is juis dat ons alles met kennis wil begin uitredeneer en die innerlike wete wegstoor as onlogies. Bonatuurlike of geestelike sfere sal nie begryp word met die kognitiewe. Die gees se kennis kom deur net vanuit ondervindinge.

    Ek dink jou voorstelling van “elektriese impulse wat deur die liggaam straal, met impulse wat die hart sy hartklop gee...” is ‘n goeie voorstelling hoe liggaam, gees en siel opereer. Die apparaat wat gebruik word, is die liggaam, die elektriese krag (of batterykrag) waarsonder die instrument nie kan opereer, is die siel, maar die onsienlike impulse wat deur die liggaam trek of die geel skynsel (lig) wat die globe afgee, is soos die gees. Jy het al drie nodig. Daarom word God ook simbolies voorgestel as: God is lig.

    Bewaar jou gees Jaco, dis die mees eerbaarste van jou innerlike wese.

    Trienie

  • CorneliusHenn

    Opmerklik dat Trienie Mahne, haarself van die begin af hier as 'n sogenaamde ware gelowige verhef het en Kobus de Klerk beaam het dat die Bybel, Jesus Christus (die Woord van God) is.

     

    Derhalwe is Trienie Mahne, ook deur Wouter Ferns se minagting vir ander se spiritualiteit - selfs tot sogenaamde gees vervulde trane gedryf!

     

    ... en nou beoordeel Trienie Mahne wie opreg in hul geloof is en wie nie!  

     

    Buite God se genade, sal Jaco Fourie ook net dieper in die adders nes kruip ...  

     

    Betekenisvol beaam Trienie Mahne egter my beswaar hierbo met die volgende: "Vele van my [Trienie Mahne se] eie kommentare was al in die vlees. Dit genereer dood, alhoewel ek steeds hardkoppig (sielsfunksie) deurdruk met die ‘send’ knoppie. Al briek my gees. Ons siel & liggaam (die vlees & sintuie) sal daar by ieder altyd wees. ‘n Ewige stryd!"  

     

    Ja Trienie Mahne, hoekom laat vaar jy nie net jou bose millitante meewarigheid teenoor my ter wille van die Evangelie nie?

     

    Het jy regtig gedink ek sal jou "liewe ekke" veldtog hier ten koste van die Evangelie en ander se harte in ons Skepper se hand verdra?  

     

    Nee wat!

     

    Eweneens, kniel ek nederig saam met elke sondaar op aarde en bid dat Jesus Christus onse HERE, ons almal sal vergewe, self die Tuinier in 'n ieder se hart sal wees en geloof daarin bewerk.

     

    Namaste!  

     

    Cornelius Henn

     

  • Kobus de Klerk

    Kerneels,

    Waarom is dit jou altyd beskore om, indien iemand werklik 'n sinnelose, feitlose en onakkurate bydrae lewer, dit jou naam sal wees wat onderaan verskyn?

    Kom, sommer so 'n vinnige voorbeeld - wys vir ons enige brief waar ek of Trienie sou beweer dat die Bybel, die HERE Jesus Christus is en ek sal jou talle wys waar ek sê dat die Bybel die kernagtige opgetekende geïnspireerde Woord van God bevat. Ons dien en aanbid dus die God, die HERE, van die Wie die Bybel getuig, maar mos darem sekerlik nie die Bybel self nie.

    Hoe is dit moontlik dat jy die verskil nie kan insien nie?

    Arme jy. Jy sukkel werklik baie. G'n wonder jy het so irrelevant geword nie. Dit is omdat jy soveel haat en nydigheid in jou siel en hart koester. Spreek slegte boekdele van die gees wat jou beheers... Jy is besig om van binne af stelselmatig tot niet te gaan... Weereens, arme jy...

    Kobus de Klerk

  • Trienie

    Jou hart is in die regte plek, en ek respekteer jou dienooreenkomstig daarvoor. 

    Die aanvaarding van enige god gaan vir my vele ver verby as wat jy hierbo suggereer.  Indien enige god bestaan, moet hy vir die hele mensdom sigbaar en bewysbaar wees, soos die pouslike god vir Katolieke is.

    Gelowiges glo in 'n god wat geen belangstelling in sy eie toon nie.  Gelowiges en ongelowiges vaar gelyk onder die voorspoed en verlies wat die lewe aanbied.  Die Bybel belowe voorspoed en gesondheid aan die wat sy wil doen, en verdoemenis  en armmoede vir diegene wat nie daaraan voldoen nie.  Feitlik gebeur die teendeel.  Van jou mees voorspoedigste mense is ateiste, van jou misrabelste Christene.

    Om op beter verwagtinge na die dood te smag soos baie Christene doen, is 'n "self delusion".

    Hier in die Vaaldriehoek waar ek bly word gelowiges se motors Sondae buite die kerke gesteel.  In die week word in kerke ingebreek om elektroniese toestelle te steel.  Party kerke is dik met lemmetjiesdraad omhein.  Karwagte word aangestel om motors te bewaak, en so gaan dit aan.  Nou waar is die beskermende engele? Waar is god om sy eie te beskerm?

    Ek is 'n ateis, van die gelukkigstes onder die mensdom.  Goeie opvoeding en geleerdheid, finansieel welvarend, reis die w<reld vol, het 'n geliefde lewensmaat, geniet seks met baie ander buiten my sielsmaat, is sosiaal met baie vriende, suksesvol in my werk, inteendeel myself als amper onvervangbaar by my werkgewer gemaak dat hy my verskeie giere moet geduld. 
     
    My buurman in teendeel.  'n Opregte Christen (en daarvan kan ek getuig), ouderling in sy kerk.  Ses maande gelede by sy werkgewer terugbesnoei.  Hy sit met 'n verband op sy huis, vrou en twee kinders en leef tans op sosiale toewysings en waar die NG Kerk-welsyn hom uithelp.  Sy UIF is nou uitgeput.  Ons help hom uit met petrolgeld.  Hy soek orals vir werk, maar kry dit nie.  Nou waar is sy god wat hom moes kwansuis uitgehelp het en aan wie hy en sy familie daagliks getrou bid om hulp?

    Die dood.  Ek vrees dit nie, want ek weet my bestaan vir ewig daarna bestaan nie.  Al waarvoor ek vrees is om tot so 'n mate verlam of geestes verstoord te word, dat ek nie  meer 'n kwaliteit menswaardige lewe kan geniet nie.
    Dus die dat ek 'n groot voorstander van gewettigde euthansia is, die reg om my lewe te beëindig sodra dit 'n las vir ander en myself gaan word.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk - nogmaals - dis wonderlik om te lees jy't weereens moed bymekaar geskraap om iets vir my te tik!!! ... tot op hede het nie een van jy, Trienie Mahne, of enige ander ware gelowige die ordentlikheid gehad om jul bedoeling met die "Woord van God" te verduidelik nie ... ek gaan dit ook nie teen jou hou nie ... dus, net vir die rekord; die algemene indruk is wel dat jy gedurig na die Bybel as die Woord van God verwys - en nie so gereeld en besonder soos jy hier probeer voorgee; as die "kernagtige opgetekende geïnspireerde Woord van God bevat" nie ... laasgenoemde, is gewoon jou laakbare slimmigheid  en woordspeling ... die Bybel, "bevat" in ieder geval ook nie Jesus Christus nie ... jy sien, ek is ook nie hier om enigeen te oortuig nie - REDELIKHEID, is al wat nodig sou wees - dit, wat jy selfs ook benede jou erns beskou ... HOEKOM verwys jy na die Bybel, as Jesus Christus - die Woord van God -  en dit in stryd met soveel aanhaling daarin juis om dit nie te doen nie? ... dis my vraag weereens ook hier aan jou, Trienie Mahne en al die sogenaamde ware gelowiges (let wel, ek is oortuig dat Trienie Mahne en die res agter jou slimmigheid sal inval) ... Cornelius Henn

  • johann muller

    Ek merk nou op die plasings van Jaco is al in 2013 geplaas, ek maak verskoning maar wat ek geskryf het is van pas want ek hoop dit gaan goed met Jaco Fourie. Hy is welkom om te laat weet hoe dit gaan. Ek is maar ’n Seer by die aanvraag na raad. Ek hoop Jaco het my Vriend gevind. Ek sal wil hoor waaroor hul gesels het. Jesus is my beste pel ek stel Hom aan almal voor.

  • Beste Johan Muller

    Dankie vir jou twee onlangse response, en dankie ook dat jy oor my besorgd is.

    Jou ondervindings is 'n emosionele en uiters persoonlike saak by jou, en die laaste wat ek sal wil doen is om jou geloof enigsins te skaad, dus wil ek nie graag daaroor met jou wil uitbrei nie.

    Indien jy wel belangstel, kan jy my huidige en onlangse korrespondensie met FC Boot volg en selfs daaraan deelneem.

    Alles van die beste vir jou

    Jaco

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top