Thomas se oerknal en almal se gewonder

  • 1

Dis tog so eenvoudig.

Daar was 'n digtheid, seg Thomas, en almal stem.

Oor wat die aard van die digtheid is, praat hy nie, en almal wonder nie verder nie.

Nou geagte vrinne ...

Die sogenaamde digtheid was nie massa nie, maar suiwer energie.

Toe kom die bewese Higgs verby, massavorming vind op so 'n skaal plaas dat die oerknal gebeur en die heelal uit "niks" ontspring.

Dit is dus logies dat daar voor die oerknal iewers "iets" bestaan het waarvan die Higgs kon kom. So nie, waarvandaan kom die Higgs dan ... hé ?!

Ons kan nie die wette van ons heelal net so van toepassing maak op enige iets wat voor die knal kon bestaan het nie.

Soos genoem, moes daar " iets" vooraf bestaan het waarvandaan ons kom.

Die ewigheid dus. En vorentoe??

Groetnis

Raed-na-Gael.

  • 1

Kommentaar

  • Beste Raed-na-Gael,

     
    Is dit noodwendig so dat daar juis 'n "iets" moet bestaan om die oorsaak te wees vir iets om êrens vandaan te kom? Waar kom die eerste "iets" dan vandaan? Vra maar net.
     
    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top