OZ was mos gedurig voorgehou as die sg 'gelukkige landjie' waar alles eksie perfeksie verloop en waar die vet uitgevrete Afrikanerosaurusse lekka luilekka weereens kan herkou aan die soete verbode vrugte van apartheid na hartelus!
OZ is vandag volgestop van neo-nazi neo-afrikaner, neo-ngk, neo poepol wanna Ozzies verloopt vanaf SA.
Een Kanadees op die jeepny hier in Filippyne laas week vertel my glads dat SA se nuwe onderwysstelsel is glo gebaseer op die Ozzie onderwys!
Bid jou dit aan?
Ek vra toe die Kanadees of dit beteken dis nou verpligtend vir SA kinders om elke aand deur die inkfeetjie besoek te word waar hulle rondleg en luilekka droompies droom van goed gevoed deur dagga, speed, heroin en coke, die stapelvoedsel van die Ozzie jeug?
En natuurlik is studeer of leer buite die kwessie vir die 'gelukkige kindertjies' van OZ, waarom dan leer wanneer die Tjinese gereed staan met vragtevol geld om jou steenkool en staal ten duurste te koop?
O gaats, maar ek vergeet, die slim Ozzies het intussen die Tjinese hoogs de bliksem in, en skielik het daai Tjinese geldkraan intussen kurkdroog opgedroog, en wat nou van die sg 'gelukkige landjie' daar aan die poepol-kant van die wêreld met sy hoogste lewenskostes ter wêreld?
Ek lees hoeka die 'befaamde' lugredery daar is bankrot, 3 triljoen verliese slegs die jaar?
Ek dink baie binnekort gaan jy ellelange rye Ozzies sien wat hulle 'gelukkige landjie' teen die spoed van wit lig verlaat ... of wag bietjie, ek sien dit reeds ... hier in Filippyne bv en regoor Asië ... the good times are over, it is now the African Century all the way!


Kommentaar
Dankie vir jou brief waarin jy onder die aandag van SêNet lesers bring dat Australië die "lucky country" is. Die statistieke en opnames van die VVO ondersteun jou bewering waar Australiese stede die beste in die wêreld is om in te woon, en waar die land in "ranking" die derde beste is na Noorweë en Kanada.
Dalk kon jy ook noem dat waar Wit Anglo-Saksiese Protestante hulle in die wêreld gevestig het soos in Kanada, Australië, Nieu-Zeeland, en die grondwerk neergelê het vir die ekonomie, demokrasie, die "rule of law", en menseregte, hierdie lande floreer het, en is vandag die beste lande in die wêreld om in te woon.
Soos daardie digter-imperialis Rudyard Kipling destyds gesê het: to be born British is to win the first prize in a lottery.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Verskoon my tog dat ek nie genoem het nie dat Suid-Afrika 118de plek inneem op die VVO "ranking", en die Filippyne 117de, en dus kan jy seker wees van jou uitstekende keuse om daar te gaan woon.
Wat die Afrika-state betref, sal jy moet begin soek na plek 150. Dalk kan jy jou lekka luilekka lewe op die strande van die Filippyne nou los en gaan help met die opbou van die "African Century".
Groete,
Pieter Redelinghuys
Beste François,
Ja,... en in sy gebrek aan standvastigheid steun ou Pietie in die volgende asem weer Hamas in sy sterk afkeur aan die Jode en “Wit Anglo-Saksiese Protestante”.
Ek sou nie sy drek hierbo aan jou te ernstig lees nie.
Intussen hef ou Pietie ook saam met Chris Dippenaar in dieselfde gat gekruip, die ANC ewe hoog aan – glo omdat die ANC ewe hand om die blaas met “helde” soos oorlede Muammar Gaddafi en menige ander moordenaar, soos Hamas, van sagte teikens hang.
Jou kwessie met “God’s People” in die Suidelike halfrond blyk ook onderhewig aan jou persoonlike ervaring miskien? daar te wees.
Glo my; uit persoonlike ervaring weet ek jy’s veral verkeerd omtrent Ysland, New Zealand en Prins Edward Island.
Maar, dis ook oukei.
Ek glo darem nie jy sal so laag soos die “dapper” ou Pietie daal - nes ‘n wafferse “ware gelowige” Kobus de Klerk en die nare Chris Dippenaar - om jou opponente se geliefdes in hul haat te betrek nie.
Namaste!
Cornelius Henn