Beste Leser
Die algemene voorkoms van tatoeëermerke ( tattoos and body art) by veral die hedendaagse Westerling is 'n moderne verskynsel wat my grense van toleransie vir andersheid tot die uiterste limiet toets. 'n Mooi gevormde en goed versorgde menslike liggaam is een van die pragtigste produkte van die evolusie ( tesame met dolfyne, tiere en pandas oa!) en het geen verdere versiering nodig nie. In die verlede was dit hoofsaaklik matrose en tronkvoëls wat hulle liggame versier het met illustrasies van een of ander aard, gewoonlik prentjies van vrouens met enorme borste. Vandag is dit selfs prominente persone in die publieke oog soos "rock stars" en filmsterre soos Angelina Jolie wat die voorbeeld stel vir jongmense. Ek wonder of hierdie persone besef dat hulle gesaal sit vir die res van hulle lewe met hierdie swak stukkies "kuns" wat met naalde in hulle vel gebrand word, en dat dit veloorplantings verg om die "goed" te verwyder, en die resultaat is nooit bevredigend nie.
Daar is gelukkig een volk wat hulle verstand nog behou het ten opsigte van tatoeëermerke - Japan. Hulle assosieer tatoeëring met die Yakuza, die Japanse weergawe van die Mafia en 'n persoon met tatoeëermerke word die gebruik van publieke swembaddens geweier, of 'n besoek aan hulle "onsen" of warmwaterbronne en saunas.
'n Ander verskynsel waaroor ek ook kriewelrig voel is die gebruik van sg "piercing" waar die voorkop, die neus, die ooglede, die ore, die tong, die labia majora en minora en penis deurboor word met metaalringe. Soos ek hier skryf begin ek bietjie naar te voel aan die gedagte van hierdie desekrasie van die menslike liggaam wat eertyds deur die Renaissance-beeldhouers verheerlik was. Wat het van ons Westerse beskawing geword?
Groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Ek neem ernstige aanstoot oor jou kommentaar oor ons ouens wat met "wet comics" gemoer is. Ek het 'n moerse tatoe op my bors. (Tat one and tat two). Ek stem saam dit lyk om die minste te se onmooi. Die nuutste tendens is blykbaar om vleis uit te sny en jouself nie meer te laat tatoeëer nie. Soos die girl wat 'n luiperd op haar bors laat tatoeëer het, dertig jaar later is dit toe 'n giraaf. Of die lat wat die Disselboom van Potchefstroom iewers wou laat opverf en toe agter gekom het hy is 'n bietjie te optimisties. Daar is vir my niks so kommin soos 'n dame wat mooi toegdraai is en daar 'n tatoe uitsteek nie. Ek dink hier aan nig Angeline Jolliefikasie. Mooi girl, maar eish sy lyk onmooi met 'n halternek nommertjie. Ek praat nie eers van die skroewe spykers en vishoeke nie. Enige sterk magneet sal jou van jou pote afruk. Elke mens het mos maar die vryheid van keuse gelukkig het die tipe ding my nog nooit gepla nie.
Pieter
Nou toe nou. Nooit geweet jy's so preuts nie.
Die lyf is pragtig gemaak, maar die mens doen dinge om daardie lyf meer prikkelbaar te maak. Haarstyl, kleredrag, stem, oë flikkers, ens. synde tradisioneel.
Die Kelte het hulle hele lyf getatoeëer en die mans het kaal die vyand aangepak. Gewoonlik het hulle dit reggekry om sodoende hulle vyande die skrik op die lyf te jag dat hulle voor hulle weggehol het. Hulle berugte koningin, Boadocea was vollyf ook getatoeëer, en was die voorste onder die aanvalslinnies.
Die preutse koningin Victoria se man Prins Albert was lief vir sy penisring en staffie in die urethra, wat nou as die Prins Albert penisdekorasie bekend staan.
Vir my is 'n fris gespierde getatoeëerde man, met lang dik hare (verkieslik blond) soos 'n perd se maan in die hardloop, met kort baard en snor, tesame met sy nipple and cock rings die toonbeeld van die "noble savage" (Viking, Teuton, Kelt). Ek raak sommer in 'n beswyming selfs aan die gedagte daaraan
Ek stem. Het jy al ooit 'n "bumpersticker" op 'n Ferrari gesien?
Beste Pieter
Beste Pieter
Maya,
Jou komentaar is skitterend, ek het goed gegrinnik oor die bumpersticker.
Duitswester
Wat is die verskil tussen tatoeëering en iets soos, mmmmm, 'n polisie (of enige ander) uniform? Die feit dat die uniform uitgetrek word of dalk nooit uitgetrek word nie? Ek dra myne met trots, want dit gee my nie noodwendig 'n identiteit nie, maar dit sê tot 'n mate wie en wat ek is. Presies soos die das wat sovele mense in die snikhete Afrika-son dra (dit is sekerlik die enkele mees sinnelose drag ooit uitgedink).
Soms, as jy jouself deel voel en so identifiseer dan sit jy jou merk op jou skouer of voorarm. Presies soos die sakeman wat sy das aansit en blink skoene aantrek en homself spesifiek laat uitken. Of die ou toppie wat met aftrede sy Mercedes koop.
Ink is 'n keuse en 'n leefwyse. Ons is nie uit die bose omdat ons ink verkies op sommige plekke nie.
Nee genade mense. En hier sit ek met my 3 tattoos en dink die outydse mense baie yl gesaai is, net om te sien hier kloek 'n klomp saam. Het jy al ooit gedink dat baie van die mense se tattoos betekenis het? Iets wat dalk persoonlik is maar tog in 'n prentjie vasgevang is? Elke tatoo wat ek het beteken iets vir my. Dit laat my dink aan iemand op 'n sekere en unieke tyd in my lewe. Ja, daar is baie mense wat totaal oorboord gaan en baie mense wat nie mooi dink voor hulle dit doen nie. Ek voel dat 'n verantwoordelike tattoo kunstenaar nie net n tattoo sommer opsit nie, maar wel eers jou mooi alles verduidelik en jou tyd gee na die ontwerp gedoen is om seker te maak jy wil dit doen. Met my laaste 2 het ek eers henna/tydelike tattoo laat doen om seker te maak. En ek is g'n skorrie-morrie kanaalbaber nie. Ek is 'n suksesvolle besigheidsman met meer as een besigheid. Ek kan ook noem dat ek reeds vir twee jaar al my volgende 3 tatoos beplan. Ek het self in my jonger dae n oogring en oorbel gedra, maar agv klubrugby speel het ek hulle verwyder. Toe ek ophou speel het ek hulle wel terug gesit asook 'n tong piercing ook gekry. My hoofrede vir my piercings is om die droë drolle in die lewe te irriteer en verkeerd te bewys.
Daar is niks beter as wanneer iemand na my kyk met my glad geskeerde hoof en my piercings en natuurlik die een tattoo wat sigbaar is as ek 'n kortmou-hemp dra, en dan dink ek is 'n gomgat kanaalbaber, en dan vind hulle uit dat ek 'n baie suksesvolle besigheidsman is. Net so snaaks is hulle gesigte as hulle my in 'n winkel sien en hulle fluister so agter die hand, en dan as hulle my in die parkeerterein sien in my nat nuwe jeep Grand Cherokee klim of in my Wrangler Unlimited sien ry watse ekstras meer kos as meeste normale karre. Maar dit bly 'n persoonlike ding en daarom sal ek nie enige iemand anders se tattoos veroordeel nie.
Hallo,