Enige politieke stryd word gekenmerk deur etikette. Ons ken dit. Wit is boos en swart is veronreg – daar is natuurlik nog 'n klomp ander. Wanneer die politieke leiers vir jou laat glo alle Russe is boos kan hulle jou lei soos skape. As jy begin besef 'n Rus is nie anders as 'n ander mens nie en is maar net soos jy bekommerd oor sy kinders se toekoms is die etiketteerders in die moeilikheid.
Daar is baie ouens wat hulle gatte met kleur gesien het – jy weet wat ek bedoel en bogenoemde is aanduidend. Nogtans gaan ek oor swart en wit skryf. As ons van die etikette vergeet durf ons dadelik sê daar is verskille. Nogtans as 'n mens dekades ver kan terugdink besef jy ook dat die tyd vele insigte gebring het. Sommer net, nie te ernstig nie, wil ek beweer dat wit ongeduldig is en swart bereid om te wag. Nogtans raak twintig jaar se wag selfs vir 'n swartman lank. Dis dinge wat opbou en mos geneig is om juis op die verkeerde tyd tot uitbarsting te kom. Moenie dink ek is van die leedvermakerige soort nie. Ons is almal in dieselfde bootjie en ons almal word geaffekteer. Nogtans dit is beter as swart mense swart mense doodskiet as wanneer wittes swartes skiet.
As 'n mens na die einde van Januarie se politieke nuusberigte kyk kan dit nog 'n warm jaar word, waar politici nie net groot vergoedings ontvang nie, maar moet sweet in die proses! Lyk half of ek nou leedvermakerig word. Wil ewe ongeduldig verklaar dat Zuma nou moet waai maar ons sal seker tot na die verkiesing moet wag. Tim du Plessis sê ons is nie 'n demokrasie nie want in 'n demokrasie sou 'n president wat meer as R200 miljoen onwettig vir homself aanwend dadelik waai. Gee maar net kans. Swart geduld is aan die opraak. Dis 'n feit waaroor ek meer bekommerd as leedvermakerig is, hier in die stroomversnellings. Moet net nie dink dat kalmer toestande alles weer normaal gaan maak nie. Die politiek gaan meer na links neig, terwyl die ekonomie juis die teenoorgestelde benodig, naamlik werkskepping. Daar is soveel dinge wat 'n mens kan aanroer. Ek noem net onderwys. Nadat die onderwys vakbondmanne vir die ANC gestem het sal hulle vlerke eenvoudig geknip moet word. Ons het nie 'n opsie nie. Die tekort aan finansiële onderwyshulp is kritiek. Nie almal wat 'n patetiese matriekvrystelling kry moet tot die universiteite toegelaat word nie, maar slegs diegene wat 'n soort van 'n kans het. Ons het nie nog BA-LLB's nodig wat nie kan formuleer of tel nie.
George Bekker


Kommentaar
George jy slaat die spyker by sy kop. Hier kom 'n erge uitdagend en uitmergelende tyd, wat oorkombaar is mits almal kalm en rustig bly. Sover ek kan onthou is die land se tyd vyf voor twaalf. Lyk my die horlosiewysers het daar vasgehaak. Ek huldig nog altyd die mening dat die grootste "bullshitters" in die volgende rangorde is, ekonome, politici, transport (tranestort) en versekeringsverkoopmanne. Ek dink die huidige bestel se tyd is besig om vinnig uit te loop. Ongelukkig is die kiesers in die land nie opgewasse om die "regte" besluit te maak nie agv die volgende redes, etnisiteit, ras, sentiment, vrees en kultuur. Soos dit maar in die lewe gaan, die geel speek aan die wiel moet weer een of ander tyd bo uitkom. Solank ons in 'n land bly met "onvolwasse" kiesers gaan hier nie gou dramatiese veranderings kom nie. Verregaande eise gaan gestel word aan ieder en elk in die jaar wat kom. Opwindende tye, gawe tye, lekker tye. Ek is gereed daarvoor.