Na aanleiding van Cornelius Henn se laaste kommentaar by my skrywe van 16 deser, die volgende:
Cornelius (Boeregroete), gaan lees (asseblief tog!) 500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis van CFJ Muller, veral hoofstukke 17 en 18. Prof Muller was historikus by Tukkies en my weergawe is gedruk in 1973. Elke hoofstuk in die boek is deur ‘n Afrikaner-historikus geskryf. In hoofstuk 17 word uitvoerig geskryf oor die prominente rol van Genl JBM Hertzog in die opstel van die Statuut van Westminster. Hertzog, 'n stoere Afrikaner, se rol word uitgesonder as die grootste bydraer om die dominiums se staatsregtelike posisie op gelyke vlak te plaas met Brittanje. Geen Engelse slenter soos jy sê nie.
Maar, Cornelius kyk tog weer na hierdie aanhaling van jou: ..."in Afrikaans impliseer dit juis dat 'n Republiek BUITE die Britse ryk die enigste werklike soewereiniteit had ..."
Weet jy wat? In my weergawe van Muller se boek, op bladsy 401, en elke ander bron waarop ek my hande op kon lê, word uitvoerig geskryf oor Dr Verwoerd se belofte aan die "volk", vóór die referendum oor republiekwording, dat die nuwe Republiek ‘n Republiek "binne die Britse Statebond sou wees". Met ander woorde, jou held Verwoerd het werklike soewereiniteit nié BUITE die Statebond gesien nie!
Ná die referendum is Verwoerd in Maart 1961 na Londen om formeel kennis te gee dat SA 'n Republiek binne die Statebond wou wees. Eers nádat Verwoerd sterk teenstand gekry het in die Statebondskonferensie oor SA se rassebeleid, het hy besluit om SA se aansoek om ‘n Republiek binne die Statebond te wees, terug te trek.
Verduidelik nou asb. vir ons hoekom jou held, HF Verwoerd binne die Statebond wou bly met die nuwe Republiek? Hoe rym dit met al jou stellings dat soewereiniteit slegs buite die Statebond verkry kon word?
Boonop is hierdie weergawes van die geskiedenis neergepen deur geswore Afrikaner-historici, nie een of ander Britse Imperialis nie. Jy ken gewoon net nie jou eie land se geskiedenis nie en openbaar jou onkunde met elke woord wat jy kwytraak. Onthou tog: Die basis van enige argument is korrekte feite en inligting, nie ‘n klomp emosionele warm lug nie.
Die Unie van Suid-Afrika was ná 1931 de facto én de jure soewerein in alle opsigte. Hou op om die Engelse daarvan te beskuldig dat húlle vir Apartheid verantwoordelik was. Dit was Malan, Strydom, Verwoerd en Vorster en die Nasionaliste se brouwerk.
Dirk Rigter


Kommentaar
Dirk jy verwys aan die begin van jou brief na “'n Afrikaner-historikus”. Hierteen kan seker niemand beswaar inbring nie. Aan die einde van jou brief verwys jy egter na “geswore Afrikaner-historici”. Ek het ernstige probleme met die stelling. Prof CFJ Muller was 'n professionele historikus wat sy professionele taak ernstig opgeneem het, objektief oor geskiedenis geskryf het en werk van hoë gehalte gelewer het. Jou (hopelik) onnadenkende uitlating of dit nou op Muller of enige van sy medewerkers betrekking het is uiters beledigend teenoor historici wat dit nie verdien nie.
Ek bevestig graag dat ek nie 'n bewonderaar of vriend van Cornelius Henn is nie. Oor die statebond lig jy hom goed in, maar as jy hom bykom wanneer hy die oorsprong van apartheid lank voor 1948 gaan soek is dit jy (Dirk) wat moet kennis neem dat “Die basis van enige argument is korrekte feite en inligting ...”. Miskien kan 'n geskiedenisboek met 'n veel jonger datum as 1973 jou op die regte spoor bring. Dalk is Hermann Giliomee se boek Die Afrikaners (2004) 'n goeie begin. Net 'n enkele aanhaling: “Daar kan betoog word dat die apartheidsbeleid van die twintigste eeu sy diepste wortels in die Kompanjiestyd gehad het, met 'n geprivilegeerde burgerstatus as die kern van die bestel.” (bladsy 54). Ek gaan nie op “die Engelse wortels” in nie maar hulle invloed is veel belangriker as die van die Hollanders.
George, jy is heeltemal reg oor my foutiewe uitlating ivm "geswore Afrikaner-historici". Die punt wat ek wou maak is dat die medewerkers aan Prof CFJ Muller se boek allermins Britse Imperialiste of anti-Afrikaner was. Maar vir seker moes ek ander terminologie gebruik het. Verskoning as ek Prof Muller en ander te na gekom het. Jou opmerking oor die professionele werkswyse van Prof Muller en medewerkers onderstreep die rol van Genl Hertzog en Dr Verwoerd soos ek dit hier uitgespel het.
Ek het in al my skrywes nog nooit ontken dat apartheid se ontstaan veel vroeër as 1948 is nie. Maar ek het tot die debat toegetree laat verlede jaar toe Jan Rap in 'n skrywe te kenne gegee het dat apartheid in die algemeen nie sleg was nie. Toe ek my teenstand teen die onmenswaardige behandeling van mede landgenote uitgespreek het, het Jan Rap én Cornelius Henn in verskeie skrywes en kommentare die totale skuld vir apartheid eensklaps op die Engelse geplaas, so asof die Afrikaners geen aandadigheid daarin gehad het nie.
My argument was nog altyd dat veral na 1948, die opeenvolgende Nasionale Party-regerings die skroewe stywer en stywer aangedraai het. In 'n skrywe verlede jaar het ek die talle stukke post-1948 apartheidwetgewing gelys, en ek gaan dit nie weer herhaal nie. Die verwoestende uitwerking van daardie ideologie is vandag daar vir almal om te sien. Cornelius Henn se hele betoog draai daarom dat alles wat tussen 1848 en 1961 gebeur het Engeland se skuld was omdat SA nog lid van die statebond was. Dis gewoon plein onsin.
Vir my is die groot tragedie dat die Afrikaners (en die Nasionale Party) nie vroeër kon sien watter leed apartheid aan mense gedoen het nie en hoe immoreel dit was nie. (Terloops, ek is 'n oudstudent van Prof Giliomee en sy boek staan prominent op my boekrak!)
Beste George,
Die onderwerp is gewis ver bokant die skaduweeboksertjie Dirk Rigter se vuurmaakplek.
Welke jy my sou bewonder of my vriend is skeel my ewe min.
Ek twyfel nie aan die intelligensie van die meerderheid van die belangstellendes hier nie, ook nie joune.
Ek weet dat daar iewers 'n afsnypunt moet kom waar die Dirk Rigters, Jaco Fouries en karikaturale ongelukke soos die klug Wouter Ferns se twak die billikheid van ander sal roer.
Nie een van die sogenaamde sondelose ware gelowiges maak eens beswaar dat die klug Wouter Ferns artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, waarin 'n heilige algemene of katolieke Kerk bely word, aan my alleen toedig nie.
Ek haal my hoed af hier vir jou wat wel die verkragting van ons geskiedenis deur 'n kamstige denkende Afrikaner soos Dirk Rigter so op die man af aanspreek.
Ja, ek is ietwat oorlaai en gatvol vir hulle twak en ignoreer meeste daarvan.
Nie een van die misantrope wat die werf so oorspoel met stront beskik egter eens oor 'n behoorlike taal vermoë nie.
Indien jy Dirk Rigter se aanhaal van my hierbo lees, sou jy sien dat ek na die Britse ryk - of te wel, 'empire' verwys.
Dis voor die handliggend dat Dirk Rigter nie kon onderskei tussen 'n ryk, statebond, gemenebes, unie, republiek, empire of soewereiniteit ... wat nog in die sin van die woord nie!
Maar hul bek is groot ...
Ja, en help 'n mens die Dirk Rigters en "Wouter Fernse" reg uit iets so basies en eenvoudig soos 'n verklarende woordeboek, dan raak hulle eers onthuts.
Ek sal die gebreinspoelde kruipers speel solank ek kan. Op 'n manier verteenwoordig hulle wel 'n ewe gebreinspoelde waansin daarbuite ... dis maar dieselfde gekke wat glo dat blanke Afrikaners 'de facto' en 'de jure' gelyk in die land se ekonomie en elders oorleef net omdat dit op papier iewers staan!
Boeregroete,
Cornelius Henn
Dirk Rigter, so tipies in jou lafhartige verdagmakery tik jy die volgende twak: "Toe ek [Dirk Rigter] my teenstand teen die onmenswaardige behandeling van mede landgenote uitgespreek het, het Jan Rap én Cornelius Henn in verskeie skrywes en kommentare die totale skuld vir apartheid eensklaps op die Engelse geplaas, so asof die Afrikaners geen aandadigheid daarin gehad het nie" ... siestog Dirk Rigter, ek daag jou om enige aanhaling uit enige van my bydraes of kommentare te maak wat jou laakbare bog beaam! ... nie net dit nie, hoe verbasend dat jy meteens voorgee dat apartheid se ontstaan voor 1948 kom - dit na jou medekruiper die karikatuur Wouter Ferns onder name ook Lilly White lank reeds hier voorgee dat die Britte se segregasie iets anders as apartheid was ... en ook nie net dit nie - jy ewe die " onmenswaardige" van apartheid uit historiese konteks verkrag om jou minderwaardigheid daaraan te regverdig ... dit alles tersyde - lees my uitdaging aan jou verdagmakery hierin as jou gedagte wel iets werd is ...
Ou Boeregroete Henn, antwoord (sinvol!) op die volgende asb.:
Dit lyk my jy's nog altyd uit op jou voete. Snuif 'n bietjie outydse reukwater, dan kom jy dalk by! Groetnis vir jou.
Baie goed Dirk - daar is genoeg vir Henn om te oordink
Dirk Rigter,
Dis voor die handliggend dat geen sinvolle gesprek of rede met jou gevoer kan word nie.
Ek sit beslis nie hier in 'n voltydse hoedanigheid om jou klugspel en onkunde in iets soos algemene kennis te beantwoord nie.
Had jy respek en het nie gedurig my standpunt verkrag met jou lafhartige en gefabriseerde drek daaroor nie, sou ek soos reeds menigmaal voorheen joune nes ander belangstellendes se vrae beantwoord het.
Op hierdie stadium is ek oortuig dat ander belangstellendes, nes ek, wel deeglik bewus is van jou neo-liberale arrogansie sonder enige waarde hoegenaamd aan jou standpunt om ander by jou minderwaardigheid en oordrewe apartheidskuld te sleep.
Val gerus verby Dirk Rigter!
Cornelius Henn
... en o ja:
stront, (informeel, plat, geselst.). 1. Uitwerpsel van mense en diere, drek, mis. 2. Nikswerd, smerige vent, smeerlap, skobbejak. in strontstraat beland, in uiters ongunstige omstandighede, in groot moeilikheid raak; bo bont en onder vol stront, uiterlik mooi, maar onder die klere vuil; innerlik verdorwe; dis stront met hom, hy gaan nie sy sin kry nie, daar kom niks van nie; hy praat stront, kaf, onsin; so 'n stuk stront, so 'n veragtelike vent; hy is vol stront, nukkerig, onredelik, vol bogtery. stronterig.
Dirk Rigter, stront is dus duidelik die mees gepaste woord in Afrikanaans om jou stront mee te beskryf ...
Dirk dit was goed om 'n paar gedagtes met jou te wissel. Is verras om te hoor dat jy 'n student van Hermann Giliomee was. Jare gelede het 'n kollega, wat ouer as ek was, vir my vertel dat sy in Nederland 'n student van NP van Wyk Louw was. Ek dink Van Wyk Louw was die rede waarom sy haar daarna in Suid-Afrika gevestig het. Wat ek eintlik wou sê, ek het destyds amper jaloers gevoel op die feit dat sy en nie ek nie by hierdie man les gehad het.
Dit is wonderlik hoe positief kontak op die regte tyd met die regte persoon 'n mens se lewe kan beïnvloed. Selfs 'n webwerf soos hierdie kan veel bereik, maar dan is respek van die een skrywer teenoor die ander van wesenlike belang. Ek preek nou en hoop dat selfondersoek wel sal plaasvind. SêNet is só bang vir die woord “sensuur” dat alles deurgelaat word. Hoe sal dit wees as SêNet die woord “sensuur” met “opvoeding” vervang. Dalk raak iemand skaam. Beste wense.
George
Henn, dis "...onkunde oor algemene kennis, nie "...onkunde in algemene kennis nie. Jou gebruik van voorsetsels is ook maar wankelrig.
Jy antwoord nie op my vrae nie, want jy het nie antwoorde nie. Net één vraag, kom nou. Hoekom wou Verwoerd binne die Statebond bly as dit beletsel sou plaas op die nuwe Republiek se onafhanklikheid. Moenie weghol nie, antwoord!
"Herman Giliomee se student Dirk Rigter"
Een van die grootste oorsake van "katgevegte" op die werf, is die feit dat sogenaamd spiritueel intelligentes en ander slimjanne moedswillig enigeen wat hul opponeer of nie eer nie, se standpunt verdraai en dit dan met soveel reëlmaat herhaal dat hulle hulself naderhand glo.
My standpunt omtrent Dirk Rigter se onsin is eenvoudig naamlik dat; blanke Afrikaners nie uitgesonder kan word in enige aspek van apartheid nie.
Derhalwe, ook die feit dat apartheid voor 31 Mei 1961 en apartheid daarna die rol van Brittanje daarin toon aangesien die uitvoering van die Suid Afrikaanse regerings voor 31 Mei 1961, en daarna verskil het.
Intussen het Dirk Rigter my standpunt verkrag (verkrag gewis die mees gepaste woord vir sulke moedswilligheid) met - "Cornelius Henn in verskeie skrywes en kommentare die totale skuld vir apartheid eensklaps op die Engelse geplaas, so asof die Afrikaners geen aandadigheid daarin gehad het nie".
Ek herhaal my standpunt; dit is absurd om wit Afrikaners vir apartheid uit te sonder en selfs op te wreek met omgekeerde rassisme en met gebreinspoelde hanskakie luitenante soos Dirk Rigter aan't hand wat sy mede Afrikaners as minderwaardig en alleen skuldig aan apartheid probeer belas.
Wat sou 'n hanskakie so bevredig in hul verraad teen mede volksgenote?
Ek dink daar is menige sinici/misantroop/mensehater wat geheel sielsiek 'n behae daarin skep om hul eie mense te onderdruk.
Sulke sinici is nooit 'pro' enige iets nie, maar altyd 'anti' en veral teen hul eie mense.
Dit gebeur soos klokslag dat neo-liberales en neo-demokrate soos Dirk Rigter, Jaco Fourie en die klug Wouter Ferns ... , jeens 'n gebrek aan oortuiging in hul fundamentele kruipery hulself ten koste van hul medegenote tot sulke sluheid wend.
Sulkes se volgende lis is om enige uitdaging om hul gewronge en aksionabele veronderstellinge te staaf te ignoreer, en hul aanval vol te hou met nog onsinnigheid soos byvoorbeeld die vrae deur Dirk Rigter hierbo.
Ten einde my punt nogmaals te demonstreer, maak 'n uitsondering en antwoord daarop:
1. Jy [Cornelius Henn] reageer glad nie op my versoek om Prof Muller se ontleding van Genl Hertzog, 'n Afrikaner-nasionalis, se bydrae tot die Statuut van Westminster te lees, en dan daaroor kommentaar te lewer nie.
Antwoord: Dis gewoon irrelevant - Dirk Rigter moes eerder eerlik met behoorlike aanhaling daaruit sy eie standpunt stel.
2. Hoekom sê jy [Cornelius Henn] niks oor jou held Verwoerd wat binne die Britse Statebond wou bly met sy Republiek nie?
Antwoord: Dis altyd verkeerd om die verloop en volgorde van gebeure te minag ... die verantwoordelikheid in praktyk teenoor die Britse kroon, ongeag die papier waarop die Statuut van Westminster gedruk was, was die swaarste las op die Suid Afrikaans regering voor 1961... na republiekwording was dit gewoon 'n gevolg van die vyandigheid deur die Statebond wat die nuutgevonde soewereiniteit van die Republiek probeer ondermyn het met hul eise... Dr Verwoerd wou dus wel in die statebond bly maar het jeens die teenstand van die Statebond en in die vryheid van die nuutgevonde soewereiniteit van die Republiek, bedank daaruit ... indien Suid Afrika 'n Unie gebly het as 'n dominium, dan sou Dr Verwoerd nie uit die gemenebes kon tree nie - soveel vir die soewereiniteit van die Unie van Suid-Afrika voor 1961!
3. Spel vir ons uit wat die verskil is tussen die Britse "Statebond" en die Britse "Ryk".
Antwoord: Daar bestaan nie iets soos 'n Britse Statebond nie ... uit die verklarende woordeboek: ryk1, (s), =e. Gebied, staat; koninkryk / statebond, (hist.). Bond tussen state, gemenebes ... Die Britse Ryk was 'n voormalige ryk bestaande uit Groot-Brittanje en al die gebiede onder haar beheer soos Nieu-Seeland, Skotland, Bahamas en Australië, onder andere... die Britse ryk bestaan nie meer formeel nie ... baie van die lande wat voorheen deel was van die Britse ryk het by die Statebond aangesluit nadat hulle onafhanklikheid bereik het.
4. Wat is die verskil tussen "gemenebes" en "statebond"?
Antwoord: Niks ... dis sinoniem ... ook net nog 'n bewys hoe elementêr Dirk Rigter se onthutstheid is ...
5. Wat is die relevansie van die Nederlandse geloofsbelydenis in hierdie debat?
Antwoord: Dit dien as voorbeeld hoe eenders Dirk Rigter en 'n klug soos Wouter Ferns se absurde redes gevoer word ...
6. Onthou vir die toekoms, "taalvermoë" is een woord.
Antwoord: Ek sal ... dankie ... (en ja, ook maar net nog 'n bewys hoe Dirk Rigter na strooihalms sal gryp om my verdag te probeer maak)
7. Wat is 'n "misantroop" en hoekom gebruik jy die woord "stront" so graag?
Antwoord: Misantroop beteken mensehater en my gebruik van die woord "stront" is reeds beantwoord in 'n kommentaar hierbo ...
8. Verklaar asb. die sinsnede..."wat nog in die sin van die woord nie. (sic)
Antwoord: Die vraag is duidelik onnadenkend gestel ... hy bedoel waarskynlik - verklaar asb. die sinsnede "in die sin van die woord" ... (Met dieselfde betekenis, gelykbetekenend) "in die sin van die woord" = "in die BETEKENIS van die woord" ... byvoorbeeld: sou 'n mens kon redeneer dat Lesotho se regering die werklike regerende mag in die betekenis/sin van die woord soewerein in hul samelewing is?
Wyl ek wel die moete gedoen het om Dirk Rigter se vragies te beantwoord, sal ons sien of Dirk Rigter eerder verder van die punt probeer dwaal deur hare op my antwoorde te kloof, of my besorgde uitdaging hierbo te antwoord!
Boeregroete,
Cornelius Henn
Hello,
En vir die rekord, ek is jaloers, daar is 'n paar persone by wie ek ook graag sou wou klas gehad het.
Nog een, is Maurice Blanchot(oorlede), 'n kluisenaar wat nooit klas gegee het, maar indien hy sou, sou ek ingeskryf het, so ook Adam Phillips, nie 'n kluisenaar nie, maar gee nie klas nie, 'n Britse sielkundige en 'n ander onlangse ontdekking, A.O. Hirschman(oorlede) en lank gelede, Harold Bloom, dalk nou nog, veral weens die insig wat hy bied met die volgende.
Betekenis van woorde. In die algemeen beteken die volgende:
British Empire (Britse ryk)
http://www.oxforddictionaries.com/definition/english/
British-Empire a former empire consisting of Great Britain and its possessions, dominions, and dependencies. Colonization of North America and domination of India began in the 17th century. A series of small colonies, mostly in the West Indies, were gained during the late 17th-early 19th centuries, and Australia, New Zealand, various parts of the Far East, and large areas of Africa were added in the 19th century. Self-government was granted to Canada, Australia, New Zealand, and South Africa in the mid 19th century, and most of the remaining colonies have gained independence since the end of the Second World War
(the Commonwealth),
i(n full the Commonwealth of Nations) an international association consisting of the UK together with states that were previously part of the British Empire, and dependencies.
Statebond Of Gemenebes van onafhanklike state
Hello,
Wonder bo wonder 'n antwoord, maar vol van die gewone ontwyking en word slegs 'n paar punte uitgelig uit Henn se relaas. Henn se verweer oor apartheid is soos volg: "blanke Afrikaners nie uitgesonder kan word in enige aspek van apartheid nie. Derhalwe, ook die feit dat apartheid voor 31 Mei 1961 en apartheid daarna die rol van Brittanje daarin toon aangesien die uitvoering van die Suid Afrikaanse regerings voor 31 Mei 1961, en daarna verskil het".
Daar is met groot geduld aan Henn verduidelik dat die stigting van die Unie in 1910 die volgende bevestig het:
The following is taken from the Cambridge History of South Africa Volume II under the editorship of Robert Ross et al.
The Union of South Africa came into being with the opening of Parliament in November 1910, following a lengthy period of negotiation between the four self-governing British colonies in southern Africa. The Union closely resembled an independent country, and it would evolve, as would the other British dominions, further in that direction. A peculiar feature of the Union was its failure to integrate politically what economic geographers would certainly already have considered the natural socioeconomic terrain on which it stood.
Alreeds van 1910 was die Wit Afrikaner in beheer en die maak van beleid sy verantwoordelikheid.
Dit word bevestig uit 'n tweede bron, die van John Darwin en sy boek getiteld, The Empire Project.
In South Africa, Britannic nationalism played a different part. The white ‘nation’ was predominantly Afrikaner not British. The grant of self-government to the former Boer republics had brought Afrikaner not British politicians to power. Union in 1910 gave them control over a unitary (not federal) dominion.
Elders in aparte briewe het beide ek en Dirk die wetgewing wat oor 84 jaar deur die wit Afrikaner uitgevaardig is bespreek en wie aan bewind was ten tye van daardie wetgewing. Dit loop soos 'n goue draad dat die Afrikaner in bewind was, onafhanklik en vry was om wetgewing te formuleer na hartelus.
Dirk se uitwysing van die statute van Westminster is daarom juis waardevol aangesien dit die vryheid van die Unie in groter besonderhede bevestig en spreek die opstel in die Cambridge History of Africa dit soos volg aan.
At the Imperial Conference in 1926,Hertzog asserted South Africa's right to secede, and in effect he had his way: he influenced the drafting of Balfour's definition of Dominion autonomy. In 1927 South Africa set up its own department of external affairs.
In 1931 the offices of governor general and high commissioner were separated while the Statute of Westminster formally enacted the legislative sovereignty of South Africa and the other Dominions.
Early in 1934 parliament passed a Status of the Union Act which used the Statute of Westminster to confirm South African independence, and in particular its right to conduct its own foreign policy.
In bogenoemde is nie een keer na Wikipedia verwys nie, maar na drie verskillende historiese bronne wat die onafhanklikheid van die Unie bevestig het, beide vanaf die stigting van die Unie asook deur die periode waarin die wetgewing om die detail te bevestig vorm aangeneem het.
In die plek daarvan, is doodgewoon, die stelling van Henn wat aandring dat die wetgewing wat apartheid verhard het, Brittanje se rol daarin bevestig.
Die teendeel is soos bo gesien kan word die teenoorgestelde, naamlik die Unie se onafhanklikheid was vanaf die begin erken en versterk oor tyd.
Dit is in die lig daarvan dat Henn, nie wil rekenskap gee van Genl Hertzog en die Statuut van Westminster nie, aangesien dit Henn se onsinnige stelling van die Unie as gebonde ontbloot vir die onkunde wat dit bevestig en verantwoordelikheid vir apartheid volkome vir die rekening van die Afrikaner ontken. Die is belangrik dat onthou moet word dat die Kaapse kolonie het stemreg vir swartes laat vaar as fondasie vir die Unie.
Verwoerd en die Statebond toon weereens Henn op sy mees ontwykende.
Hier herhaal ek weer van die idees formuleer in The Lion and the Springbok deur Ronald Hyam, Emeritus Reader in British Imperial History, University of Cambridge, and a Fellow and former President of Magdalene College & Peter Henshaw Research Professor in History at the University of Western Ontario.
Die indruk wat Henn skep is dat "'n gevolg van die vyandigheid deur die Statebond wat die nuutgevonde soewereiniteit van die Republiek probeer ondermyn het met hul eise:
"Na 'n verskeidenheid van verwysings wat die historiese verloop bevestig en die staatkundige en grondwetlike aspekte uitlig en die onafhanklikheid van die Unie en uiteindelik die Republiek bevestig, is Henn se verweer, dat Brittanje was 'plein aspris', moedswillig.
Die besonderhede is anders en word 'n beperkte deel uit "The Lion and the Springbok" herhaal.
Die realiteit is dat die Republiek is uit die Statebond uit weens die gruwel van apartheid, en in teenstelling met Henn se stelling dat Brittanje 'n hand gehad het in die formulering van apartheid, word die volgende bevestig:
South Africa’s departure was more easily contemplated in theory than in practice, and in the meantime the dilemma for the British government was acute. On the one hand, Britain needed good relations with the Union not only because of their mutually beneficial and close economic connections, but also because of British defence requirements and the prestige of the Commonwealth – both important in the context of the Cold War.
So what drove the National Party and the Conservative government further apart?
Three things.
First, it needs to be stressed that above all else it was the policy of apartheid, which British ministers and their advisers without exception thought was utterly wrong and retrograde. The Afrikaner state, commented Sir John Maud, had somehow managed to miss the spirit of the century: ‘To a Western European, it seems to owe more to the seventeenth century than to the twentieth century – though there is an ominous Hitlerian smell about it.’
Die ander twee aspekte is hier aangespreek:
https://www.litnet.co.za/Article/brief-suid-afrikaanse-soewereine-geskiedenis-101-vir-cornelius-henn.
Brittanje was dus volkome teen apartheid veral ook omrede die feit dat in hierdie tyd het Suid-Afrika soos 'n seer vinger uitgestaan.
Die optrede van Verwoerd weens kritiek word soos volg opgeskryf:
Sir John Maud had frequently warned that Verwoerd was an arrogant and ruthless intellectual, an authoritarian, enigmatic, doctrinaire fanatic of ‘impregnable insularity’, formidable, and ‘frighteningly self-righteous’.
Macmillan’s memoirs deployed emotive adjectives in describing the departure of South Africa from the Commonwealth: unhappy, painful, very sad, tragic, disastrous. He harped upon his sense of ‘grief and foreboding’: ‘I felt almost a sense of despair’ – was every problem to be met with such rigidity, incomprehension, and lack of compromise as Verwoerd had displayed?
Die rede was dus die hardkoppigheid van Verwoerd om 'n absurde beleid te probeer handhaaf en was Verwoerd nie bereid om te bevraagteken word daaroor nie. So is die helde van 'n Henn en 'n Jan Rap en sekerlik 'n FC Boot ook.
Gegewe die verskil tussen die "Statebond" en die Britse "Ryk". 'n Verklaring uit 'n woordeboek is sekerlik die maklikste manier om die vraag te antwoord. Maar soos male sonder tal uit uitgelig is aan Henn, daar is 'n hele grote bestaan buite 'n woordeboek en dit is wat moet ondersoek word.
Die plan is om vir myself die "Oxford History to the British Empire" - 5 volumes aan te skaf, in kindle formaat, aangesien hierdie sekerlik een van die belangrikste instellings was in die mensdom se geskiedenis en in meer detail moet verstaan word as wat gevind kan word in 'n woordeboek.
Tentatiewelik wil ek verwys na "Britain, the Commonwealth and Europe Edited by Alex May Research Editor, University of Oxford", hoofstuk III geskryf deur Sir William Nicoll:
At the opening of the decade after the war, the symbol of the Commonwealth was a column four abreast with its head at the Cenotaph and its tail in Princes Street, Edinburgh. This was the tally of the dead of the UK, Empire and Commonwealth armed forces since 1914. Twice what was called British outside Britain had joined in the war declared by the country called Britain. What was this Commonwealth? Unlike most international gatherings, it had no charter or constitution. These were not considered the English way of doing such things. More tellingly, no charter could have been drafted without endless anguish ending in wearisome banality: better to use the symbolism of a monarch rebranded ‘Head of the Commonwealth’. The British government, which paternalistically organized most Commonwealth gatherings throughout the 1950s, imposed upon itself severe restraint in its Commonwealth dealings. It has been said that there was a tacit understanding that the content of all Commonwealth gatherings was a search for consensus, that is, a minimum. When consensus was manifestly unattainable, as it was right at the creation in the Kashmir dispute, the subject was dropped from the agenda. There it stayed, as those who venture to intervene find out to their discomfiture.
Wat van belang is dat die "Commonwealth" vrywillig was.
Wat die Nederlandse geloofsbelydenis betref.
Dit is Henn se dagdroom van die 'katolieke kerk', met sy 'miljoene lidmate'. Kritiek op hierdie versinsel word deur Henn beskryf as "voorbeeld hoe eenders Dirk Rigter en 'n klug soos Wouter Ferns se absurde redes gevoer word".
Elders is die skeiding tussen die Roomse Katolieke Kerk en die Protestante beweging aan die hand van die "Routledge Companion to the Church" bespreek, as 'n poging om die bestaan van Henn se 'katolieke kerk' te probeer bevestig. Histories is die rekord stil oor die bestaan van hierdie 'kerk' maar Henn hou vol dit dat bestaan.
Pous Benedict XVI spreek homself soos volg daaroor uit terwyl hy in die amp was.
Ateïs wat ook al mag wees skaf ek onlangs die volgende boek van Pous Benedict XVI aan getiteld Light of the World.
Die volgende vraag is aan die Pous gestel oor die verhouding van die Katolieke Kerk met die Protestante bewegings.
Pous Benedict XVI is nou aan die word:
First of all, we need to consider the vast, multilayerd character of global Protestantism. Lutheranism, after all, is just one part of the spectrum of the Protestant world. There are also the Reformed, Methodists and so forth. In addition, there is also the major new phenomenon of the Evangelicals, who are expanding with an enormous dynamism and are in the process of changing the whole religious landscape in the countries of the Third World. So when we talk about dialogue with Protestantism, we need to keep in mind, this multifaceted character, which also varies from country to country. We must recognize the fact Protestantism has taken steps that have led it farther away from us, rather than closer to us ... but let us join as real Christians in performing some task, in bearing some witness, in this word.
Die volgende vraag wat aan die Pous gestel word is soos volg:
Is it really true that the Pope does not regard Protestants as a Church, but only as an ecclesial community?
Pous Benedict XVI is nou aan die woord:
The word, “ecclesial community”, is an term employed by the Second Vatican Council. A Church in the proper sense as we understand it, exists where the sacramental expression of apostolic succession is present, which also implies existence of the Eucharist as sacrament that is dispensed by the bishop and by the priest. If this is not the case we are dealing with the emergence of another model. It is worth stressing again that the ecclesial sitiation differs greatly from one Protestant community to another. They define themselves differently even among themselves, so that we cannot speak of the Protestant Church.
Henn, verwerp dit alles en gooi alles in een pot en word kwaad vir almal wat hom op sy foutiewe metodiek wys.
Die volgende opvolg vraag word dan aan die Pous gestel:
And not even a Pope can offer an alternative definition of a Church?
Pous Benedict XVI is nou aan die word: No.
He has no authority over that. The Second Vatican Council is binding on him.
Sulke beperkinge wat die Pous bind, geld egter nie vir Henn nie en ewe kordaat stel hy dit soos volg: Tot op hede, deel ek eintlik net inligting uit my algemene katkisasie aan die Protestante, Baptiste, Apostolate, Evangeliste, Kopte, Ortodokse, en Katolieke. Tog val dit hierdie groep totaal verby. Henn is die vangnet vir alles. Henn staan vir alles en reduseer die komplekse werklikheid tot die enkele blik wat Henn op die werklikheid het, in kontras tot hoe Pous Benedict XVI dit formuleer. Dan is Henn kwaad vir almal wat hom op sy foute wys met sy mantra van:
"Dit dien as voorbeeld hoe eenders Dirk Rigter en 'n klug soos Wouter Ferns se absurde redes gevoer word ..."
Dit terwyl Henn doodgewoon nie die werklikheid in die gesig wil staar nie en moeite doen met ondersoek en self ondersoek.
Wat die platvloersheid betref van punt nommer sewe. kan dit maar net weer herhaal word en dien dit as bevestiging vir die sinneloosheid daarvan om in gesprek met Henn te staan. Hierdie is 'n persoon wat so verwyderd is van die werklikheid dat dit geen nut het om te probeer verstaan wat in Henn se skedel aangaan nie. Henn moet nou maar glo wat hy wil en die aan sy gehoor verkondig.
Daar is darem Jan Rap en FC Boot vir hom en is ek eens met Jaco se beskrywing van onlangs:
"sal beslis nie my verwerdig om my tyd en energie te mors op die bekrompe Neelsie wat alle onderwerpe vanuit 'n verstompte en kortsigtige lewensbeskouing probeer regverdig; en dit sê veel".
Henn het 'n "run" gehad wat hom nie veroorloof was nie.
Ek sluit nou af, daar is soveel om te gaan lees.
(Dit is juis hierdie gesprekke wat bevestig hoeveel het ek nog om te lees)
Baie dankie
Wouter en Lilly
Dankie FC Boot ... dis werklik skreiend hoe sogenaamde studente van faam nie eens die algemene verklaring van woorde ken nie dog gedurig ander met hul 'slimmigheid' probeer voorskryf ...en dan is daar nog die klug Wouter Ferns ook!
... net vir die rekord; enigeen wat daaroor wonder kan gerus my uitdaging aan die liegend klug Wouter Ferns se kwaadsprekery hier lees: https://www.litnet.co.za/Article/brief-n-veldtog-vol-modder ... ja, die verspotte karikaturale komposstamper het nog nooit daarop geantwoord nie ... sal maar sien of ou Dirkie as erelid van die klugspelbende wel die moed het om sy laakbaarheid te verantwoord ...
Ai Dit is tog te fraai, hoe almal vir almal 'n geskiedenisles wil leer, veral as dit kom by die ontstaan van apartheid. En dan kom dit nogal van mense wat waarskynlik van mense wat nooit eers by enige odministrasie of ontwikkeling van 'n swart woongebied betrokke was.Was Apartheid 'n Suid-Afrikaanse uitvinding. Beslis nie as 'n mens die volgende lees nie.
Apartheid: made in Britain:
Richard Dowden explains how Churchill, Rhodes and Smuts caused black South Africans to lose their rights IN THE days leading up to the South African election we will be told by journalists and commentators that democracy has finally arrived in South Africa and that black South Africans will be voting for the first time. Neither statement is quite true.
Democracy has a long, if contorted, history in South Africa. For nearly 100 years there was a non-racial franchise and the electoral role did not become exclusively white until 1956. The Coloured Vote Bill in that year was the final blow to a non-racial democracy which had been whittled away over the decades. Like many apartheid laws passed by the National Party government in the Fifties, it was not a radical departure from the past. The legislation which created apartheid was based on existing laws and in many cases simply tightened or tidied them.
The myth that there has never been democracy in South Africa is linked to a second myth. Most people think they know that apartheid was an invention of the Afrikaners and their belief that South Africa should be ruled exclusively by whites. Conversely, it is usually thought that the English tradition in South Africa was non-racial and democratic. In fact, the British tradition, as purveyed by both English-speaking South Africans and the parliament at Westminster, has played a less than glorious role in establishing democracy.
It was two renowned Englishmen, Cecil Rhodes and Winston Churchill, who at crucial moments planted the seeds that were to ripen into policies which deprived black people of democratic rights in South Africa. A third, Jan Smuts - an Afrikaner by birth who became a committed supporter of the British Empire - was also an architect of laws which were later to become the framework of apartheid. Like Churchill, Smuts has a statue in Parliament Square, but in South Africa both will go down as men who destroyed rather than built democracy in the country.
Let's take Rhodes first, the Bishop's Stortford boy who wanted to build an African empire from Cairo to the Cape, who invented Rhodesia and left us with the De Beers diamond monopoly and 160 Rhodes scholarships at Oxford. A millionaire from diamonds and gold before the age of 30, Rhodes became Prime Minister of the Cape in 1890. For more than 40 years the Cape had had a non-racial franchise which allowed anyone, irrespective of race, with property worth pounds 25 or wages of pounds 50 a year to vote for representatives in an Assembly which made laws for the colony.
Rhodes believed that the world should be ruled by the Anglo Saxon and Teutonic races: one of his dreams was to force the United States of America back into the British Empire. Although Africans represented a minority of voters and did not vote as a block, Rhodes passed two laws simultaneously which caused large numbers of them to be struck off the electoral role. One, the Glen Grey Act, limited the amount of land Africans could hold;
the other tripled the property qualification for the vote. Many Africans now had insufficient property to qualify and would find it almost impossible to get back on the list because of the legal limit on the amount of land they could hold. The next blow to democracy came after the Boer war. Elsewhere in the world the imperial government in London exercised a veto over its colonialists to protect the interests of the native people of the colony from the settlers. In Kenya, for example, London blocked several attempts by colonists to make Kenya a 'white man's country'. Ultimately, in Rhodesia, Britain imposed sanctions to reverse Ian Smith's Declaration of Independence. In South Africa, however, the veto was abandoned when the Union of South Africa Act was passed in 1910 and the man who played a vital role in its abandonment was Churchill.
If you read the debates that led up to the Act of Union, the most striking thing is that the words 'racial conflict' referred to the Anglo- Boer war. What we would call the racial issue was then 'the native problem'. The British had fought the war partly, it was said, to protect the interests of the natives from the Boers, the Afrikaners.
During the war the British had encouraged Africans to work for British victory, which they did in large numbers. With victory, Britain might have been expected to extend the Cape non-racial franchise to the conquered territories of the Transvaal and the Orange River Colony so that blacks would be represented in the whole territory the way they had been in the British colony. But not only did they not do so, they also limited the 'native' vote to the Cape. Africans were to have no say in the election of a national parliament, although they retained their voting rights to the Cape parliament.
The young Churchill, then Under-Secretary for the Colonies, had covered the South African war as a journalist and had been captured by - and escaped from - the Boers. His knowledge and influence in making the agreement after peace was signed was crucial. In a debate in July 1906 he called the peace treaty 'the first real step taken to withdraw South African affairs from the arena of British party politics'. He argued passionately that the Afrikaners should be allowed self-rule, a self-rule which he admitted would mean that black Africans would be excluded from the vote.
In parliament he told those who pointed out that the treaty had enshrined the rights of Africans that the Afrikaners interpreted the peace treaty differently. He said: 'We must be bound by the interpretation which the other party places on it and it is undoubted that the Boers would regard it as a breach of that treaty if the franchise were in the first instance extended to any persons who are not white.'
When South Africa was discussed four years later, Churchill's successor tried to reassure parliament that the Afrikaners would come round to the view that it was wiser to include Africans in the franchise. A delegations of Africans from the South African Native Congress, the forerunner of the ANC, came to lobby parliament at Westminster, but to no avail.
Because of Churchill and his policy the British parliament had already washed its hands of responsibility for the rights of its black citizens in South Africa. When the new parliament in South Africa passed the Land Act, making it illegal for Africans to purchase land from Europeans anywhere outside the reserves, a delegation of Africans who came to London to protest were told that it was a matter for the South African parliament.
The deputy leader of the party which passed the Land Act was Jan Smuts. He had fought against the British and his troops had been responsible for massacres of unarmed Africans acting as drivers and porters for the British army. After the war he played a crucial role in striking the deal between Britain and the Afrikaners and is usually regarded as the man who represented liberal democratic values in South Africa. In fact, Smuts believed that South Africa should be a 'white man's country' and he believed in 'segregation' - which is simply English for apartheid.
He passed the first piece of legislation which separated white and black areas and in 1920 the Native (Urban Areas) Act which laid down the principle of residential segregation in urban areas, keeping blacks away from white residential areas. He also initiated the principle of reserving jobs for whites in the Mines and Work Act. In the 1929 'Black Peril' election, when fear of being dominated by Africans became the major issue, Smuts demanded that the rate of black integration into white society must be curtailed. He also called for South African influence to be extended north and east in the creation of a British Confederation of African States.
Smuts lost that election to J B Hertzog's National Party, but five years later they formed a coalition and democracy took another blow. The Native Representation Act of 1936 took away the franchise from Africans in the Cape. Instead, Africans in the whole country were to be able to elect four white men to represent them on a council, with eight other appointed members. Although 'coloureds' remained on the Cape electoral role until 1956, the 1936 act was the final stage in a long retreat from democracy in South Africa.
When the National Party won the 1948 election on the platform of apartheid, it did not have radically to rewrite South Africa's laws. The foundations of apartheid were already in place. Sex outside marriage between races was already banned, but it was carried to its logical conclusion in the 1949 Mixed Marriages Act and the Immorality Act of the following year which banned any sex between races.
The Native Laws Amendment Act, built on Smuts' Native (Urban Areas) Act, redefined which Africans were allowed into urban areas. The laws affecting the various pass laws that were already in existence were amalgamated into the Abolition of Passes and Consolidation of Documents Act and forced all Africans to carry a single pass. It was made a criminal offence not to produce the pass book when required by the police.
Various laws relating to urban affairs which prescribed segregation were gathered into the Group Areas Act which made separation absolute and gave the government powers to define an area as White, Black, Indian or Coloured. The Industrial Conciliation Act built on the foundations of Smuts' Mines and Work Act to restrict further black rights at work. On the crucial issue of land, the Prevention of Illegal Squatting Act gave the government power to move African tenants from privately or publicly owned land and tidy up the land into segregated areas. This was the completion of legislation which began with Cecil Rhodes' Glen Grey Act, nearly 50 years before.
The arrival - or rather rearrival - of non-racial democracy in South Africa is clearly cause for celebration, but it should not be an occasion for British self-satisfaction that Western-style democracy and the Mother of Parliaments have won another convert. Perhaps, though, there should be half a cheer for Churchill's colleague, Lord Elgin, the Secretary of State for the Colonies, who in 1906 expressed the fervent wish that the Afrikaners would, 'in some time to come', see the good sense of granting 'reasonable representation to the natives'. I suppose you could say his wish has come true - at last. Richard Dowden is in South Africa to cover next week's election.
http://www.independent.co.uk/voices/apartheid-made-in-britain-richard-dowden-explains-how-churchill-rhodes-and-smuts-caused-black-south-africans-to-lose-their-rights-1370856.html
Apartheid is dus 'n Britse idee, wat 'wet' onder die NP-regering geword het.
Verduidelik tog hoe Smuts nie 'n Afrikaner is nie? & hoe Rhodes se afsterwe in 1902 die wetgewing vanaf 1910 gevorm het - 'n Unie wat onafhanklik was en waar die Afrikaner aan bewind was vanaf die begin.
Hello,
Hello,
Die week wat verby is het ek die geleentheid gehad om twee uitstekende films te sien, "12 years a slave" en die biografiese film oor Hannah Arendt wat die verhoor van Eichmann ondersoek.
'n Wyle terug was daar 'n debat hier oor Lincoln en dit is nou nog nie heeltemal duidelik wat Comestor se doel met die "ontmaskering" van Lincoln was nie, maar dit is genoegsaam om dit te stel indien daar enige twyfel was oor die onmenslikheid van slawerny, "12 years a slave" dit bevestig.
Onverstaanbaar soos dit ook al mag wees dat bevestiging vir die onmenslikheid van slawerny nodig is.
Tesame hiermee is die biografiese film oor Hannah Arendt net so goed oor die gebrek van denke, wat toelaat dat daar gepoog is om 'n nasie uit te wis, 'n volksmoord en Hannah Arendt se poging om dit te verstaan, die redes vir dit te probeer ondersoek.
Daar kan gevra word, wat was die rede vir apartheid hier en die onmenslikheid opgesluit in daardie stelsel.
Die reaksie daarop is veelvuldig.
Daar is die wat ontken dit het ooit gebeur, 'n Jan Rap as 'n voorbeeld, daar is die wat die oorsaak en oorsprong wil verskuif na die Engelse en so hul gewetes sus, 'n FC Boot en 'n Cornelius Henn en vele mede sluipers hier.
Daar is die wat die meerderheid as barbaars sien soos Comestor aan die hand van José Ortega y Gasset van 'n paar jaar gelede.
Wat ontbreek is 'n eerlike ondersoek oor hoekom dit gebeur het en die konteks waarin dit gebeur het.
Nie om soos Job 'n leeftyd op die ashoop te gaan sit en met potskerwe krap nie, maar om eerlik met die kompleksiteit van die verlede, skuld, verantwoordelikheid om te gaan,
Daarom is 'n enkele opgrawing van FC Boot van 'n opstel deur Richard Dowden nie die manier om dit te doen om nie eers te praat van Henn se eindelose aanhalings uit woordeboeke nie.
Indien hierdie werklik wil verstaan word, aangesien die argument oor die verlede nie tot 'n end wil kom nie, verlang dit veel meer as 'n verdwaalde opstel hier en daar of 'n ellelange aanhaling oor die kwaliteit van grond elders geplaas en woordeboeke by die dosyne.
Net op hierdie stadium, volgens van die boeke in my biblioteek sou ek graag die volgende boeke wou uitlig as 'n manier om die verlede hier in konteks te plaas.
Dit is apart van die verskeidenheid van boeke alreeds gebruik:
WHITE SUPREMACY A Comparative Study in American and South African History by George M. Fredrickson
Dan 'n boek wat my opgewonde gehad het na ek die advertensie in die London Review of Books gesien het en Vrydag die kindle-weergawe kon aankoop.
Racisms: From the Crusades to the Twentieth Century by Francisco Bethencourt
En dan na aanleiding van Jan Rap se tirade oor demokrasie of Jan Van Riebeeck kon stem of nie en die verhouding van demokrasie tot Athena.
Democracy in Europe A History of an Ideology Luciano Canfora Translated by Simon Jones en deel van "The Making of Europe Series" Editor Jacques Le Goff.
Bogenoemde as 'n begin om die konteks van rassisme en die effek daarvan op beleid, plaaslik en globaal te ondersoek en hoe demokrasie ontwikkel het.
Dit maak die afskuif van apartheid na Brittanje soos 'n Henn en 'n Boot wil doen, onmoontlik, aangesien dit 'n geskiedenis en kompleksiteit veronderstel wat nie in 'n enkele verdwaalde opstel vasgevang kan word nie.
Martin Luther King se frase 'The arc of the moral universe is long, but it bends towards justice', is die frase wat die rigting aandui en die hoop vir die toekoms bevestig.
Richard Dowden is bekend aan my, weens die volgende boek, kindle weergawe en die stand van Afrika wat hy ondersoek aan die hand van 'n paar lande waarvan Suid Afrika een is. Dit is duidelik dat FC Boot kan google dat dit klap maar 'n geheel die sal jy nie uit Boot kry nie en alhoewel ek nog nooit in 'n Diepsloot was nie, kan ek dit tentatiewelik stel, dat so 'n besoek is nie nodig om my te oortuig van die onmenslikheid opgesluit in sulke gebiede soos gesien kan word aan die hand van Anton Harber se studie en artikels wat die New York Times oor Diepsloot publiseer het en soos gesien kan word aan die volgende hoofstuk uit Dowden se boek en die toestande bespreek soos dit in 1979 was en moet FC Boot oordeel of Dowden nog steeds aan sy kant is, fraai soos Boot se sarkasme ook al mag wees:
Africa: Altered States, Ordinary Miracles (Richard Dowden)-
Highlight Loc. 4293-4673 | Added on Saturday, January 25, 2014,
It is 1979 and we are in Winterveld, a vast, bleak squatter camp for `excess labour' just north of Pretoria, the capital of white-ruled South Africa. Winterveld is one of those unstoppable encampments that apartheid's mad laws have spawned across South Africa's bleakred plains of thorn scrub and meagre grasses.
Nearly a million people are doomed to survive here in mud-brick hovels with corrugated iron roofs and doors.
Some have been here since 1951.
There is no centre, no organisation, no leadership. It is as if thousands of people with nothing have come to this place of nothingness and must sit and do nothing until the end of time.
A few lucky ones have menial jobs in Pretoria but while whites there wanted their labour, they did not want them living anywhere near the city.
I visit a shack with three rooms that houses a family of fifteen.
The latrine is four pieces of battered corrugated iron leaning together three yards from the house.Jacob Mthemba, the head of the household, the one with a job, is about fifty years old.
He earns 120 Rand (.£60 at this time) a month and has worked six days a week for twenty years as a cleaner in Pretoria.
He pays 8 Rand a month rent, but the biggest problem is water which he has to pay for litre by litre and the price is going up. `Every month I am left with a debt, an IOU at the store,' he says, watching his exhausted-looking wife bath a baby in a blue plastic bowl filled with reddish brown water. If a child gets sick it dies. We cannot afford medicine and the hospital is far.'
Beds are a pile of mouldering mattresses laid out on the earth floor each night.
Whites and blacks had completely different experiences of what apartheid actually was.
In white areas, where only a tiny handful of the black population ever went, apartheid meant the signs saying Whites Only or Non-Whites Only.
In black areas like Soweto, however, there were no Non-Whites or Whites Only signs.
So while for whites those signs were the most visible manifestation of apartheid, most blacks never even saw them.
From a white viewpoint apartheid was only what the word meant: separateness, a way of reserving certain areas for themselves.
A common white reaction to questions about apartheid was, `They have their own areas and if they aren't as nice as ours, it's because the blacks are dirty and lazy.'
Whites never went to see Soweto or Winterveld or New Brighton.
They had no conception of what life was like in these officially created slums.
These places were what blacks experienced as apartheid.
Systematically dispossessed of land, homes and the opportunity to work, to have a family and a future, they were a slave class whose sole purpose was to provide cheap labour for whites.
Above all, apartheid stripped them of their rights as citizens and their dignity as human beings.
At the heart of separate development and the attempt to make non-white people mere `hewers of wood and drawers of water' was a contradiction.
The creation of wealth in South Africa needed neither wood nor water. It depended on educating skilled labour. Bantu education - as the apartheid system called it - provided few skills beyond literacy, let alone the maths, sciences and technical skills a modern economy needed.
But impoverishment forced more and more black people to leave their rural slums and head to urban centres.
It was impossible to keep black people out of the modern world, and without them South Africa would itself fail to keep up with modernity. As early as the late 1960s the apartheid wall had been thoroughly breached by migration.
After that the white government could only respond to events. It could not dictate them. The only questions were how apartheid would finally end, whether Western countries would help or hinder its demise and who would take over. In those days whites needed permission to go to Soweto just as blacks needed permits to go to white areas.
So I made my way down to the West Rand Administration Board at the bottom end of Johannesburg to obtain a permit. On the second floor in a sparse office I found Mr Phillips reading a newspaper spread out across an empty desk. He produced a form and asked me why I wanted to go, who I would be visiting, which day and hour I would go, which route I would take and the make, colour and registration number of the car I would be going in.
The thoroughness of apartheid still astounds.
In this world Africans were either servants or a nuisance to be criticized, even demonized.
Did white South Africans really believe that they would stay in control for ever?
Over the past twenty years the European powers - Britain, Belgium, France, Portugal and Spain - had jumped or been pushed off the continent, abandoning the imperial houses they had built.
South Africa was different. Self-governing from 1902 to 1961 in 1948 the Afrikaner Nationalist Party, many of whose leaders were Nazi sympathizers who had been locked up during the Second World War, came to power and formalized racial separation in law.
Imperial Britain saw its role in its colonies as `balancing' the interests of natives and settlers.
In South Africa, now self-governing, that `balance' was upset by the introduction of apartheid, but Britain lacked the power and will to do anything about it. South Africa was just too valuable.
In 1961 the apartheid government broke the last constitutional links with Britain and declared South Africa a republic.
In 1979 a revolution of any sort seemed a very long way off to most observers.
On the other side of the apartheid fence, it was beginning to dawn on more reflective members of the white elite that the grand apartheid plan had failed.
The homeland policy, to make nominally independent but aid-dependent countries out of the `native reserves' with their own (carefully vetted) local rulers, was not working.
Yet in 1979 the primary goal of official government economic strategy was `to have the Black peoples live and work in their own homelands wherever this is practically possible.
Where not, the plan seeks to encourage Blacks to live in their homelands and work in White areas on a daily basis.
'September 1979 was the turning point.
Four events took place that changed everything:
On 10 September talks on the future of Rhodesia/Zimbabwe began at Lancaster House in London. These led to a ceasefire and the restoration of British rule in Rhodesia, then an election that ended white rule and brought independence the following year.
The second event took place on the 13th when Venda was declared an independent homeland, removing South African citizenship from another half million blacks.
Already the people of Ciskei, Transkei, Lebowa, Bophutatswana, Kangwane, Qwaqwa, Gazankulu and Ndebele had been made citizens of fictional states under South African control, often nominally led by a hand-picked brutal dictator.
Botha's plan was to create a `constellation of states' that included these nominally independent homelands as well as small independent countries like Lesotho, Swaziland and Malawi where South African money had built a new capital and a magnificent palace for the dictator, Hastings Banda.
The constellation would oppose the `total onslaught of the Communist menace', as described by PW Botha.
Venda was the last homeland to be declared independent.
The Jewish state, born of European racism and forged by Nazi genocide, armed the world's last ideologically Nazi state of the twentieth century with chemical, nuclear and biological weapons, the weapons of genocide.
With its two world wars which killed some 90 million people and the violent oppression of Fascism and Communism, the legacy of the twentieth century seemed profoundly nihilistic. But at its dusk shafts of light broke through the depressing gloom.
Communism collapsed with a whimper and apartheid, the remnant of Nazism, was brought to an end by negotiation. South Africa is not just another African country. Its extraordinary transition - conducted by face to face negotiation without intermediaries - was a miracle.
In its transition from being the last Nazi-inspired political system of the twentieth century, South Africa produced the most humanist constitution the world had ever seen, guaranteeing personal freedoms but also protecting minority rights and the weak and vulnerable.
It was aspirational as well as protective, aiming to encourage the best in human beings while curbing their darker tendencies.
No wonder South Africa carried the hopes of the human race. If it could happen there, politics could bring peace and justice anywhere. Once again, an African country with immense potential may be compromised by its politics. Another South African miracle is needed.
Baie dankie
Wouter
Beste Wouter
'n Mens kyk altyd na die oorsprong van stelsels. Apartheid is nie 'n Afrikaner-instelling nie.Die Engelse het min ooghare gehad vir die Boere en nog minder die swartes.
Op 26 November 1879, veroordeel W E Gladstone die eerste anneksasie van Transvaal, deur die Britse ryk, soos volg:
'Look back over the pages of history;
consider the feelings with which we now regard
wars that our forefathers in their time supported ...
see how powerful and deadly are
the fascinations of passion and of pride.'
Min mense besef wat die die gevolge van die 2de vryheidsoorlog was.Op 7 Augustus 1901 skryf Smuts in sy dagboek soos volg, terwyl hy en 200 man deur die Vrystaat trek:
'Dams everwhere full of rotting animals:water undrinkable.Veld covered with slaughtered herds of sheep and goats, cattle and horses.The horror passes description ....Surely such outrages on man and nature will lead to certain doom.'
En hoe kyk die Engelse na die haglike toedrag van sake, met 'n verslane volk op sy knieë.
Op 21 January 1901 skryf Miolner aan Richard Haldane soos volg:
'Low types of animal organism will survive injuries which would kill organisms of a higher type outright. They die, too ....but it takes time.For the moment the severed pieces wriggle very vigorously.
'Ek was vir ongeveer 14 jaar betrokke by wat bekend was as 'Naturellesake later Bantoesake en later Nie-Blankesake' eers in die staat en later in 'n Munisipale omgewewing. En nou sê ek met alle respek en eerbied, jy weet nie van waarvan jy praat nie en nog minder die skrywers wat jy so lustig aanhaal nie.
Daar was geen manier waarop enige regering in watter vorm ookal die gemors wat ontstaan het na die twee vryheidsoorloë,die impak van die 1ste wêreldoorlog, die ineenstorting van die aandelebeurse in 1929,
Die droogte daarna Daar was so 'n gemors en deurmekaarspul dat die regering van die dag die 'slums act' in 1934 afkondig. In 1933 daal die ANC se ledegetal skerp en die ' Report of the Carnegie Commission on the Poor White Problem' verskyn.
Hoe ontrafel 'n mens die gemors waarin Suid-Afrika verkeer het en hoe kry die die land weer op die been? Vir elke aksie is daar 'n reaksie en dit is geen wonder dat Afrikaner leiers toe hul aanbewind kom hul eerste sou toespits om die Afrikaners weer op die been te kry.
Skolevoeding word eers na 1953 gestaak, tog sou min kinders vorder tot matriek en verlaat talle skool na graad 10 om by die spoorweë of weermag aan te sluit of 'n ambag te volg om hul gesinne geldelik by te staan.
Werkloosheid was hoog en het talle jong mans na die 2de wêreldoorlog sonder werk gesit. Was daar dan nie welvarende wit gesinne nie ? Natuurlik was daar, maar die verhouding was maar dieselfde as vandag onder die swart bevolking. Daar was ryk blankes, 'n welvarende middelklas en armblankes.
Was daar dan nie welvarende swart mense nie. Natuurlik was daar maar in klein getalle. So bevind ek en my maatjies, ons op 'n uitstappie om na die vaalrivier invloed te kyk. Ons staan op 'n bruggie in ons kakhi-broekies en hempies en verwonder ons aan die natuurwonder. 'n Rivier in vloed.
Dan ruk 'n skerp hoeter ons uit ons verwondering. 'n Groot swart motor met 'n afslaankap kom oor die bruggie. Agter sit drie swart meisies, wat hul hoedjiies vasdruk in die wind, met wapperende linte agterna. Hulle bekyk ons van kop tot tone. Terwyl die motor stadig verby beweeg, vra die een naaste aan ons, duidelik in engels' :
'Who are they?'.
Die oordeel kom skerp en vinnig van die een in die middel
."o they are poor whites'.
En dit beste Wouter was die dryfveer agter menig jong kind van die tyd. Ons wou nie meer arm wees nie. Ons wou bo uitkom. Terwyl die Afrikaner besig is om homself uit moeras van armoede met behulp van die regeringop te trek, moet daar aandag gegee word aan die haglike toestande van die res van die bevolking.
Maar hoe doen jy dit? Wat is die oplossing? Hoe keer en reguleer jy die miljoene mense uit die Noorde van Afrika die land binnestroom? Die sogenaamde onwettiges, die artikel 12 mense.
Dit word gou 'n saak van onmoontlikheid. Treine vol word teruggestuur om net 'n paar maande later maar weer in die howe te verskyn. Intussen skreeu die liberales plaaslik en oorsee, soos 'banshees' oor die onmenslike toestande in Suid-Afrika, terwyl amptenare veral op plaaslike vlak, met hul hande in die hare sit, om die mense stroom te kanaliseer, maar dan later veral toe die onvermydelike besig is om te gebeur, tou opgooi en magteloos toekyk, hoe plakkerskampe soos paddastoele ooral op die Rand verskyn.
En wat doen die liberales, hul skreeu plaaslik en oorsee nog harder terwyl die land op die punt van totale ineenstorting staan en die ANC en sy trawante soos aasvoëls gereed staan om op die karkas toe te sak.
En in die chaos verlaat talle amptenare en onderwysers hul poste. Toestande het eenvoudig ondraaglik geword en neem die 'comrades' oor en verwoes alle stelsels wat oor die jare, nie uit slimmigheid, maar uit ondervinding opgebou is en baan so die ondergang van talle Munisipaliteite tot die toestand waarin Suid-Afrika tans verkeer.
Ek was in talle Nie-blanke woongebiede en kan uit ervaring sê dat die mees liberale stadsrade bitter min gedoen het om die omstandighede van nie-blanke inwoners te verbeter nie, nieteenstaande die feit dat miljoene rande teen belaglike rentekoerse beskikbaar gestel is.
Daar was wel voorbeelde van 'tuislande' waar swart mense vooruit gegaan het, maar die res was presies soos vandag, miljoene rande van swart en blanke belastinggeld het eenvoudig in die sakke van korrupte tuislandregerings beland en verdwyn.
Apartheid of afsonderlike ontwikkeling het dus meer as een gesig gehad en as jy 'n persoon wil beoordeel moet jy reg om hom /haar loop en nie net die krom neus, lelike vel ens raak sien nie. Jy moet ook dieper kyk na dit wat agter dit lê.
So is dit ook met apartheid. Daar was duisende mense wat dag en nag gewerk het en planne beraam het en konstruktief gewerk het om die lot van mense te verbeter. En dan was daar die lot wat op die kantlyn gestaan het en geskreeu het, maar glad geen bydrae gelewer het nie.
So het die droom van 'n unie van welvarende state in Suid-Afrika in 'n nagmerrie verander en verdamp
soos mis voor die son. En hoe feller die teenstand geword het hoe skerper het die teen reaksie geword en het beide kante van die konflik verval en alle grense van menslikheid oorskry.
Want die halsnoermoorde, met laggende en dansende mense om die arme slagoffers is net soos afskuwelik en afgryslik as wat op Vlakplaas gebeur het. Baie mense in veral die polisie en ander veiligheidsmagte het hul toevlug tot drank geneem, maar hier kan jy my maar reghelp. Ek kan geen geen enkele voorval onthou waar sekuriteitsmagte dansende en singende om hul slagoffers beweeg het.
Die meeste het gedrink om te vergeet. As alles so vrot was, wat sou 'n swart akademikus dan besiel om die volgende te skryf?
‘Bantoe-onderwys beter as huidige stelsel’ - lektor Donderdag 15 Augustus 2013 PRETORIA. -
Die apartheid-era Bantoe-onderwysstelsel was veel beter as die huidige onderwysstelsel, het ‘n akademikus van Wits Universiteit Donderdag gesê. “Daardie onderwysstelsel was veel beter in terme van kwaliteit, vergeleke met dit waaraan die kinders deesdae blootgestel word. Dis waar die groot probleem lê,” het Rabelani Dagada, ‘n lektor aan Wits se Sakeskool, tydens ‘n debat oor regstellende aksie op die kampus gesê.
Die beste manier om iemand te bemagtig is nie om weg te neem van die wat hét en dit te oorhandig aan die wat nié het nie. “Regstellende aksie moet bemagtiging ten doel hê. Die beste manier om iemand te bemagtig is nie om weg te neem van die wat hét en dit te oorhandig aan die wat nié het nie. Dít werk eenvoudig nie.”
Dagada het gesê Suid-Afrikaners sal alleenlik bemagtig word deur ‘n behoorlike onderwys- en opvoedingstelsel. “Na 20 jaar van demokrasie het die onderwysstandaarde drasties geval. Dis nou erger as die sogenaamde Bantoe-onderwys (van apartheid). Die beste manier om transformasie en bemagtiging te verseker, is om kwaliteit-onderwys te bied.”
Nog ‘n spreker by die debat, voormalige minister van buitelandse sake Pik Botha, het gesê onder ANC-leierskap het Suid-Afrika al hoe verder wegbeweeg van die beginsels wat deur Nelson Mandela vasgestel is. Hy het bygevoeg die land se beleid van regstellende aksie rig groter skade aan onder die swart meerhederheid as onder die ander bevolkingsgroepe.
Hoeveel laer moet ons daal tot ons sê genoeg is genoeg? Ons onderwysstelsel het agter geraak – dis die vrotste in Afrika... “Hoeveel laer moet ons daal tot ons sê genoeg is genoeg? Ons onderwysstelsel het agter geraak – dis die vrotste in Afrika, maar dit het steeds die hoogste per capita onkoste.” Hy het gesê selfs Zimbabwe se onderwysstelsel is veel beter as Suid-Afrika s’n. “Wanneer gaan dinge verander?
‘n Pasiënt in ‘n staatshospitaal moet tot drie jaar wag vir ‘n operasie.” Botha het gesê toe Mandela president was, het hy seker gemaak opgeleide wit mense se kennis word ingespan. “Hy het gesê ons kan nie bekostig om die bedrewenheid van wit mense te verloor nie.
Hulle moenie die staatsdiens verlaat nie, hulle kennis moet ingespan word om ander op te lei om dieselfde vlak van doeltreffendheid te haal. “Nou het hulle reeds van al dié (wit) mense ontslae geraak.” - Sapa
Jammer om te sê, maar dit is reeds te laat. Talle amptenare het dag en nag gewerk sonder oortyd vergoeding
om begrotings op te stel met billike belasting en tariewe stelsels, waaroor ons dikwels skerp kritiek ontvang het
en dikwels teruggestuur is om begrotings tot op die been te sny om sodoende die impak van die koste van kapitaal op begrotings te verminder.
En toe kom die 'Comrades' onder luide toejuiging van die liberales en gee geld uit asof dit smarties is en misluk die een projek na die ander. 95% van alle swart bemagtigingsprojekte faal. Dit maak sommige skatryk
en los talle sonder inkomste.
As apartheid 'n mislukking was moet 'n mens vra is die huidige demokratiese bestel 'n sukses, want stemreg
alleen verseker nie kos op die tafel en 'n voorspoedige toekoms nie. Daarvan getuig die talle opstande op plaaslike vlak en die talle stakings wat Suid-Afrika al hoe minder mededingend maak en veroorsaak dat talle beleggers besig is om hul beleggings uit BRICS-lande te onttrek.
Jy praat van 'White supremacy', en teenstand teen apartheid. Die wêreld het eers aan 'n skuldige gewete
begin ly na die 2de wêreldoorlog toe die misdade teen veral die Jode bekend geword het. En toe besluit
is om die Afrikaner en sy apartheidstelsel met dieselfde kwas swart te smeer.
'White supremacy' bou nie woonbuurte nie, bestee niks op onderwys nie, nee inteendeel jy span soos die Engelse die weermag in en as jy nie kan wen nie gebruik jy 'n oormag om 'n volk te verminder tot die aanhaling hierbo.
As jy dink 'Verwoerd' was 'n monster, dan het jy nog nie van Genrikh Yagoda gehoor. Hy was hoof van die Russiese geheime polisie en word verantwoordelik gehou vir die uitwissing van 10 miljoen, ja jy het reg gelees
10 miljoen mense. En tog is daar min van hom in die globale media gehoor.
En hy het nogal 'n Hitler-snorretjie gedra!
En wat van die Sjinese? Daar word beraam dat tussen 80 en 100 miljoen mense, dus bykans tweekeer die
Suid-Afrikaanse bevolking onder kommunistiese regerings vermoor is. Die vraag is dus hoekom is daar geen wêreldwye veroordeling oor dit nie, word Sjina nie geboikot nie, nie eers toe talle mense se huise platgestoot word om plek te maak vir nuwe Olympiese stadions nie.
Die rede is vir die handliggend. Sjina is 'n wêreldmag en jy sukkel nie met iemand groter en sterker as jy nie
en daarom geen boikotte teen Amerika, Sjina ens nie, want netnou trek jy aan die korste end en word jy die slagoffer.
Nee dit is altyd maklik om die kleintjies te boelie en op hul foute te wys.Laat ek afsluit deur te sê as die posisie omgedraai was en daar 45 Miljoen wit mense en vier miljoen kleurlinge en vier miljoen swartes was sou geen haan na apartheid gekraai het nie al was hul net so goed of sleg, afhangende, hoe jy daarna kyk behandel.
Hello FC,
FC Boot
Dit is wat ek nou 'n uitmuntende repliek noem, sonder die nodigheid van lange akademiese aanhalings waarin jy geneig was om in te verval nie. Ook nie 'n "geprattel" oor dieselfde onderwerp soos ons niksseggende Neelsie geneig is om aandag op homself te probeer vestig nie.
Beste Wouter
Nee weereens sit jy die pot mis. Apartheid het Suid-Afrika nie arm gemaak nie. Suid-Afrika was 'n arm land omdat die rykdom nie in die hande van die bevolking was nie maar beheer is deur enkele groot mynmaatskappye en sommige individue. Die ontdekking van goud en diamante het tot die vroeë groei van Suid-Afrika bygedra, maar die eienaarskap was in die hande van buitelanders.
Kyk na die volgende gegewens en sien hoe GDP toeneem, die wisselkoers styg en werkloosheid toeneem
en kyk dan of mense beter of slegter daaraan toe is.
Year GDP, US$ bln US dollar exchange in
early January Unemployment rate
1980 80.547 0.8267 rand [25] 9.2
1985 57.273 2.0052 Rand [25] 15.5
1990 111.998 2.5419 Rand [25] 18.8
1995 151.117 3.5486 Rand [25] 16.7
2000 132.964 6.1188 Rand [25] 25.6
2005 246.956 5.6497 Rand [25] 26.o
2010 363.655 7.462 Rand [26] 24.9
25 Historical exchange rates South African reserve bank
26 S A Rand vs US dollar
Met 'n sterk Rand was dit dus moontlik om veral swaar masjinerie in te voer, terwyl die swakker Rand
uitvoere goedkoper gemaak het. Die styging in bruto binnelandse produk het nie gepaard gegaan met meer werksgeleenthede en het werkloosheid oor 'n tydperk van 30 jaar vanaf 9.2% gestyg tot amper 25.%.
Sommige ekonome beraam dit egter veel hoër en stel dit so hoog as 40%. 'n Groot deel van die blankebevolking, sommige skattings so hoog as 750 000, is terug in dieselfde omstandighede as wat hul ouers was in die jare veertig en daarna.
Jy blameer apartheid vir die toestand van vandag maar dit moet duidelik wees dat die toenemende onrus en verhoogde werkloosheid en ineenstorting van veral gesondheid en munisipale dienste nie toegeskryf kan word aan apartheid.
Probeer ek sommige aspekte van apartheid goed praat, glad nie. Ek dink jy moet aan jou kinders verduidelik hoekom 'n swart akademikus tot die gevolgtrekking gekom het dat Bantoe onderwys beter was, as wat die huidige onderwys is. Dit was darem nie so swak dat dit oorlede President Mandela verhoed het om sy graad deur Unisa te verwerf nie.
Jy beskuldig my van 'n lae hou, omdat ek Brittanje blameer vir apartheid, wat duidelik jou gebrek aan lees met insig aan die kaak stel. Dit is nie ek wat tot die gevolgtrekking gekom het nie, maar wel 'n Britse joernalis, by name Richard Dowden.
Richard Dowden stel dan ook 'n paar wanopvattings reg en verwys in besonder na debatte wat die totstandkoming van die Unie van Suid Afrika vooraf gegaan het. Lees 'n mens die Illustrated Boer war deur Thomas Pakenham, sal jy sien dat 'n geweldige smeerveldtog teen veral die Boere geloods is, om die Britse publiek te oortuig dat die oorlog geregverdig was.
Dit terwyl die eintlike motivering grondbesit was wat toegang tot Suid Afrika se minerale rykdom so verseker.
In 'n geheime brief van Cecil Rhodes aan Alfred Beit in Augustus 1895, toe hul saam 'n komplot smee om 'n rewolusie in Johannesburg te veroorsaak ondersteun deur 'n strooptog vanaf Pitsani en Mafeking gelei deur dr Jameson, skryf Rhodes :
'Johannesburg is ready ... (this is) the big idea which makes England dominant in Africa, in fact gives England the African continent,'
Die gebeure lei Jan Smuts in 1906 tot die volgende gevolgtrekking. (moet asb nou nie weer met nog 'n belaglike bewering kom en sê dat ek 'n Smuts ondersteuner of bewonderaar is)
'The Jameson raid was the real declaration of war in the Great Anglo-Boer conflict ... And that is so in spite of the four years truce that followed ... (the) aggressors consolidated their alliance ... the defenders on the other hand silently and grimly prepared for the inevitable.'
Natuurlik het die NP op grond van afsonderlike ontwikkeling aan bewind gekom, maar jy maak 'n fout deur te beweer dat aparte ontwikkeling slegs bedoel was om Blankes op te hef. As dit so was sou miljoene Rande nooit bestee gewees het op die konsolidasie van tuislande, wat vooraf gegaan is deur die onteiening van talle blanke plase, veral in die Brits distrik.
Dat dit misluk het is vir almal duidelik om te sien, maar dit kan ek vir jou verseker kan nie net toegeskryf word aan beleid nie maar die haglike toestande is ook te wyte aan liberale stadsrade wat hul oë gesluit het vir dit wat besig was om in hul agterplase te gebeur.
Beter woonomstandighede sou tot 'n kalmer atmosfeer gelei het wat duidelik is uit gebeure in Daveyton
want mense is geneig om minder gewelddadig te wees as hul verseker is van werk en ten minste 'n dak oor hul kop.
Ek sal met dank terug dink aan die jare wat ek in Daveyton werksaam was en as jong klerk, 'n bord stampmielies by die kleuterskool 'gebedel ' het en op 'n hittige warm somerdag biersale ingestap het waar honderde mense besig was om bekers vol 'Bantoebier' te drink en dan self aan 'n tafel ingeskuif het met 'n blikbeker yskoue 'bantoebier'.
En daar was geen teken van vyandigheid nie, want ons het mekaar gerespekteer en hul het geweet
dat as hul werkloos geraak het, hul reëlings kon tref om hul huishuur af te betaal en daar 'n plek was waar hul weer werk kon soek. Daarna onder swart beheer is hul sonder versuim uit hul huise gegooi en hul besittings op die sypaadjies gelos.
Toe ek toe ook een daarna raakloop wat haar eerste woorde ' G..d meneer jy moet terugkom, want die ka..rs weet wat hul doen nie.".
Jy sien dus Wouter apartheid het vele gesigte gehad. Jou hou daarvan om die lelike gesig voor te stel.
Ek probeer eerder 'n balans tussen die slegte en goeie aspekte te tref.
Dan is jy nog vermetel genoeg om my en ander sluipers te noem. Weet jy ooit wat die woord beteken?
'n Sluiper is iemand wat agteraf is en sy seile stel na gelang die wind waai.
Dit is presies wat jy doen, want jy skaar jou nou self by die verdoemers van apartheid, sonder dat baie van hulle ooit 'n voet in 'n swart woongebied gesit het of hulself op hoogte van sake gebring het van die omstandighede wat tot dit gelei het.
Ek reken daar is nou genoeg oor die saak geskryf en almal weet nou teen die tyd waar almal staan.
Die identiteitlose karikatuur "Wouter Ferns" wat alles gedurig op sy/haar/dit se grys skaaltjie van onsekerheid dwing is heel oortuig van "hul" minderwaardigheid en alleenskuld aan die grootste misdaad teen die mensdom naamlik APARTHEID! ... siestog - DOET SO VOORT!!!! ... ek en my nageslag distansieer onsself heel waardig van julle siek propaganda ... my standpunt omtrent Dirk Rigter se onsin staan eenvoudig naamlik dat; blanke Afrikaners nie uitgesonder kan word in enige aspek van apartheid nie ... derhalwe, ook die feit dat apartheid voor 31 Mei 1961 en apartheid daarna die rol van Brittanje daarin toon aangesien die uitvoering van die Suid-Afrikaanse regerings voor 31 Mei 1961 en daarna verskil het ... Botswana het eers in 1966 hul onafhanklikheid van die Kwien ontvang - wie onthou nog hoe die eerste president Seretse Khama in 1948 na sy huwelik met die pragtige wit Ruth Williams (dalk familie van onse François?) deur die einste Ingelse uit die protektoraat geban is? ... Zimbabwe het eers April 1980 onafhanklikheid van Brittanje ontvang - nie van blanke Afrikaners nie!!!! ... gaan vra vir Oom Bob wat dink hy van die Kwien se segregasiebeleid ... FC Boot, dankie vir jou nugtere verhaling van ons geskiedenis ... Boeregroete, Cornelius Henn
Hello FC,
Wat die sluipers betref, dit verwys na regse sluipers, niemand is mos meer regs nie, maar dit is wat die kern van die argument is wanneer daar diep genoeg gekrap word in jul argumente en daarby word gestaan.
Dit is belangrik dat julle die oorsprong van julle argument ondersoek.
Presies soos verwag kan word bevestig jy toe, dat apartheid was eintlik goed en het Dirk Rigter in sy nuutste brief ook uitgelig, dat dit die argument is waarheen julle vlug, tesame met die argument dat apartheid eintlik die skuld van Brittanje is.
Net soos staaltjies uit jou lewe moet in staan vir die kompleksiteit van geskiedenis.
Elke persoon kan staaltjies na die tafel bring, net soos ek 'n staaltjie kan bring waar die persone by my werk, bevestig dat apartheid het hulle met haat gevul en is daar geen wens om die Afrikaner weer 'n kans te gun nie, na aanleiding van 'n opmerking van my kant af dat die boere weer 'n kans gegun word.
Jou statistieke is gevind, en "sadly" is dit weereens van Wikipedia af, kan niemand beter doen nie.
Daar is baie inligting op daardie blad wat jy nie verwys het na soos die volgende:
Annual per capita personal income by race group relative to white levels
Waar die verhouding van inkomste van swart teenoor wit toegeneem het van 9,1 tot 100 in 1917 tot 13 in verhouding tot 100 in 2008.
Die wittes is sonder enige twyfel opgehef, maar die oorgrote meerderheid van die bevolking is agtergelaat weens beleid.
Die armoede is dus die gevolg van beleid wat oor 84 jaar die oorgrote meerderheid van die bevolking verarm het.
Maar die sal julle mos nie kan verdra nie, want dit maak 'n bespotting van die dagdroom dat apartheid goed was, soos jy met jou staaltjies probeer skets en hoe gemoedelik daar saam bier gedrink is.
Jou probleem is, jy google dat dit klap, en jy is goed daarmee, kom altyd met die langste gedeeltes gegoogle, wat jy nie doen nie, is om 'n geheel te probeer skets.
Die stigting van die kolonies, die rol van die Britse Ryk en Brittanje se eie oogmerke, die toestande soos dit hier gegeld het, 'n selfregerende gebied vanaf 1902 soos bevestig deur jou Dowden ook, maar dan het jy net 'n enkele opstel van hom kon spoor maar geen holistiese blik oor sy argumente en dan is Dowden net nog 'n enkele stem in 'n versameling van stemme wat ondersoek moet word.
Dink jy regtig dit is nuus dat Brittanje ekonomiese oogmerke gehad het met die oorlog?
Dit kan ek vir jou bevestig uit Cambridge History of South Africa Volume II.
Hoe dit jou help om te bevestig dat apartheid Brittanje se skuld is, sal net jy weet.
Soos die begin van eksplorasie, die vestiging van kolonies, die sentimente van die tyd en hoe dit in beleid inspeel.
Begin jy 'n begrip te kry oor hoe groots en kompleks hierdie onderwerp is?
Doen dit, grawe dieper, maak jou horison groter en vergeet daarvan om jou bas te probeer red, die eer van die Afrikaner te probeer spaar, soek om dit te sien soos dit was en soos dit is.
Nie maklik nie.
Daarom vind jy my nie op Wikipedia nie, dit is vir jou en Henn, maar wel in my eie biblioteek met die grootste moontlike verskeidenheid van boeke wat ek oor die onderwerp kan bekostig.
Probeer asseblief harder, jy het al bevestig dat jy inligting kan gaan soek, en het ek jou al komplimenteer daaroor, maar jy skiet te kort, soek dit wat jou ongemaklik maak ook.
En stop met die staaltjies, dit is Jan Rap se laai....(Hy onthou dit was goed - daarom was dit goed).
Maar die groot rede hoekom ek nie met die gesprek wil aangaan nie, is omrede dit 'n gebrek aan respek betoon aan die wat nou nog die prys vir apartheid betaal en dan kibbel ons in ons gemaksugtige bestaan daaroor, terwyl soveel soos 15 000 000 swartes onder die broodlyn is.
Soos bevestig uit die Goldman Sachs-verslag van 'n ruk terug.
Hierdie erfenis gaan nog lank wees met ons en daarvoor moet oplossings gesoek word, maak nie saak hoeveel bier jy gedrink het nie en dink alles is ok.
Baie dankie
Wouter
Beste Wouter
Jy skryf ondermeer:
"Daarom vind jy my nie op Wikipedia nie, dit is vir jou en Henn, maar wel in my eie biblioteek met die grootste moontlike verskeidenheid van boeke wat ek oor die onderwerp kan bekostig"
Die internet het ontstaan as 'n netwerk tussen Universiteite. Sien .http://en.wikipedia.org/wiki/History_of_the_Internet
Vandag is die internet die grootste navorsingsbron in die wêreld. Hoe gebruik 'n mens nou eintlik die internet? Jy gebruik jou soekenjin en hoe beter jou omskrywing hoe groter die inligtingsbronne wat beskikbaar gestel word.
Veronderstel nou die bron wat ek gebruik het vir die statistieke. Die eerste stap is om vas te stel of daar nog verdere verwysing benodig word en of daar 'n bronnelys by die artikel is.
Die tweede stap is om vas te stel of jy wel toegang kan kry tot die bronne wat die opsteller van die artikel gebruik het. Bestaan die instansies en skrywers na wie verwys word werklik en kan jy die inligting verifieer deur ander bronne te raadpleeg. Dit is ook belangrik om vas te stel of die artikel gereeld bygewerk word
As jy dit kan doen kan jy aanvaar dat die inligting vervat juis en waar is en dus gebruik kan word. So spaar jy duisende Rande op boeke wat weldra verouderd raak en stof op jou boekrakke opgaar.
Hier is 'n lekker verwysing vir jou. Google Ralph Glücksmann Apartheid Legislation in South Africa.
Hieruit is dit duidelik dat 'n stewige apartheidswetgewing raamwerk al reeds gelê is voordat die NP in 1948 aan bewind gekom het. Dit was dus nie of die party met 'n splinternuwe idee voor die dag gekom het.
As jy die bevolkingstatistieke vir 1910 google, sal jy sien dat die bevolking uit ongeveer 5.9 miljoen mense bestaan het, waarvan die blankes min of meer 1.2 miljoen was. Die blanke bevolking is tans ongeveer 4.2 miljoen en het dus oor 'n bietjie meer as honderd jaar 3.6 keer vermenigvuldig.
Tans is die totale bevolking amper 52 miljoen terwyl as alle bevolkingsgroepe teen dieselfde koers gegroei het as die blankes dit nou op 22miljoen moes gestaan het. Dink net hoeveel beter Suid-Afrika daaraan toe sou gewees het en hoeveel kleiner die druk op alle owerheidsdienste soos hospitalisasie, onderwys ens sou gewees het.
Dit is dus vir my duidelik dat die bevolkingsontploffing die grootste faktor wat tot die einde van apartheid bygedra het omdat dit tot talle sosiale probleme gelei het, soos verhoogde werkloosheid, plakkerskampe met onvoldoende geriewe en tot 'n verlaagde per capita besteding wat natuurlik die indruk geskep het dat die veral die swart bevolking se behoeftes totaal verwaarloos is.
Vandag pluk Suid Afrika die wrange vrugte van die onbeteuelde bevolkingsontploffing, daar is eenvoudig nie genoeg fondse beskikbaar om in almal se behoeftes te voldoen. Die feit dat daar tans volgens jou 15 000 000 swart mense onder die broodlyn is, is dus 'n uitvloeisel van die bevolkingsontploffing.
En dit sou nog erger gewees het as dit net in Suid Afrika voorgekom het, maar dit kom dwarsdeur Afrika
en in ander ontwikkelende land voor. Die toestand word dan ook nog vererger as jy met 'n regering soos die ANC sit wat R200m op een president se woning bestee.
Dit sou nooit gebeur het onder 'n kleiner, beter opgeleide bevolking, met beter lewensomstandighede.
Dit is veral in Europa dat lande begin walgooi teen die instroming van mense omdat hul infrastrukture
en sosiale stelsels net nie langer in staat is om in almal se behoeftes te voorsien nie.
Nee Wouter jy is die een wat jou horisonne moet verbreed, want jy asem hopeloos te veel stof in wat die neiging het om op boekrakke te vergader.
Waarom het ek Daveyton as 'n voorbeeld gebruik? Dit is voor die hand liggend. Daveyton het ontstaan uit die behoeftes om sowat 10 000 swart mense te huisves wat werkloos gelaat is deur die sluiting van die plaaslike goudmyne.
Jy het natuurlik geen idee wat gebeur as 'n goudmyn sluit nie. Alles wat 'n bietjie goudstof kan bevat word bymekaar gemaak en dan word die kampongs platgestoot. Hierdie mense eers in 'n tentdorp gehuisves totdat behuising in Daveyton beskikbaar was.
Die ouer hande vertel hoe hul met bakkies vol vleis die woongebiede ingery het en vleis onder die verhongerde mense uitgedeel het, wat soos honger wolwe op hul toegesak het, Die toestande het gestabiliseer namate, geriewe soos sportvelde, eie stadion, eie skole insluitende 'n kleuterskool, biblioteek. bioskoop, tennisbane, gholfbaan, eie busdiens, privaat wonings ens beskikbaar geword het.
Indien die liberale stadsrade dieselfde gedoen het dwarsoor Suid-Afrika sou onderhandelinge in 'n baie kalmer atmosfeer plaasgevind. Die feit dat jy dit nog nie onder die knie het, getuig dat jy te veel met jou neus in boeke sit en te min geweet het wat werklik aan die gebeur was in jou eie land.
Jou aanname dat die grootste gedeelte van die bevolking agtergelaat is weens beleid, is dus onwaar,
die grootste bydraende faktore was die onbeteuelde bevolkingsontploffing en die gebrek aan die daarstelling van dienste deur liberale owerhede wat hul oë gesluit het vir die probleme in hul eie agterplase. Ek is dankbaar dat ek betrokke kon wees by owerhede wat iets konkreets en positief aan die saak gedoen het en nie soos jou liberale boekskrywers hul verlustig het in die uitwys van al die probleme.
Jy kan nou maar die laaste woord inkry. Ek sal nie weer op jou ongegronde aannames reageer nie.
Beste FC Boot, soos die Ingelsman sou seg "I rest my case" ... die uitleg in jou redes is altyd puik en jou geduld absoluut bewonderenswaardig ... net so min as wat 'n Mickey Muis in Hollywood 'n regte hart het, net so min sal jy die karikaturale hanskakie Wouter Ferns en sy tjommies soos Dirk Rigter oortuig dat die Afrikaners nie uitgesonder kan word jeens hul segregasie beleid in die wêreld nie ... nog minder sal hulle die nodigheid van sulke segregasie/apartheid in beginsel en in hul siek klugspel op die werf wil verstaan ... soos vir enige karikatuur en "Wouter Ferns" is dit 'n saak van die "show must go on" .... Boeregroete, Cornelius Henn