Steve - KKNK

  • 5

Kyk, ek was nog nooit so ‘n groot aanhanger van Steve dat ek moeite gedoen het om een van sy lewendige vertonings by te gewoon het nie, afgesien daarvan dat ek nie ‘n backtrack-man is nie.

KKNK het ek ‘n hele paar jaar gelede laas bygewoon, en dit het vir my ‘n lekker Afrikanergevoel gegee. Toegegee, daar was sekerlik ‘n klomp besoekers/kunstenaars wie se politiek links was met wie ek my nie vereenselwig nie. Maar dit was Afrikaans, iets spesiaal vir die Afrikaner, of so het dit gevoel.

Maar so lees ek nou met Steve se nie-optrede; jul wil mos soos almal in die nuwe SA “brûe bou”. Geen wonder ek kom nie meer daar nie. Dis nie meer vir die Afrikaner nie.

Pieter

  • 5

Kommentaar

  • Ai ou Pieter,

     
    Die KKNK was nog nooit 'n regse Afrikaner samekoms nie. Jy sal dus nie daar gemis word nie. Gaan breek brûe af op 'n ander plek, liefs nie in die RSA nie, en los maar die KKNK vir die brugbouers. Wat van Orania vir jou? Nie eers Ventersdorp is deesdae meer  "regs" nie. Koebaai...
  • Ja Pieter, die besluit van die KKNK se komitee slaan my ook dronk. Die paaartie in die Klein Karoo moet net geboikot word en dan sal jy sien hoe hul deuntjie verander. Die KKNK komitee is soos die ou wat die sterretjies op die Scope girls geplak het, jy weet van die donner maar nie wie hy/sy is nie. 

  • George Bekker

    Pieter brûe is brûe en as jy van brûe na links hou gaan jy tevrede wees. Brûe na regs word nie langer toegelaat nie.

  • Volgens die organiseerders het Steve nie 'n voorlegging gemaak om hierdie jaar by die KKNK te wil optree nie. Wat wel betreurenwaardig is, is dat die organiseerders nieteenstaande blykbaar gesê het dat hulle hom in elk geval nie sou uitgenooi het nie.

    Afgesien van sy politieke sieninge en onlangse blapse, bly Steve 'n kunstenaar met 'n geweldige aanhang vir sy musiekkuns wat altyd 'n kaartji- uitverkoper is.  Inteendeel. In vorige feeste was hy altyd die hoogtepunt van die fees.  

    As Afrikaner en in sy hoedanigheid as musiekkunstenaar, is ek van mening dat hy wel uitgenooi hoort te gewees het.  'n Kunstefees hoort geensins polities voorskriftelik te wees nie.  Die organiseerders hoort suiwer die kwaliteit van die kuns as maatstaf te gebruik om te bepaal wie en wie nie uitgenooi gaan word nie.

    Met die KKNK se wye kulturele net in kuns aanloklikheid, kan ek werklik nie sien dat enige skade in die brûe-bou beleid sou meegebring het nie.  Al wat wel gebeur het, is dat KKNK vermoedelik  geswig het voor die politieke druk van 'n sektor van die gemeenskap wat in elk geval Afrikaans erg vyandig gesind is.

    Ek gaan met belangstelling na afloop van die fees kyk of hierdie optrede enigsins die fees se bywoningsyfer, vergeleke met vorige jare, enigsins affekteer het.

  • Word Steve verbied om by die KKNK op te tree omdat hy Die Stem gesing het?  Kan tog nie wees nie; niemand het dan ooit vir Mandela, Ronnie of Zuma enige openbare optrede verbied omdat hulle Dood die Boer gesing het nie (en as jy nou mooi kyk na die woorde van die twee onderskeie liedere is Die Stem baie minder geweldaanhitsend as Dood die Boer).

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top