Trienie skrywe ’n waardevolle, leersame en verkwiklike stukkie Goddelike Wysheid vir ons almal in eenvoudig verstaanbare formaat. Dit is wonderlik dat sy die moed het om dit met verál die lesers van hierdie forum te deel en haar bereidwilligheid om die Goddelik-positiewe boodskap met ons te deel wat so kontrasteer met die spottende honende gekrys van die klompie agnostici wat hier hou en wys net weereens op die krag van Goddelike inspirasie wat alle struikelblokke te bowe kom.
Die boodskap in Trienie se weergawe is positief en maklik om te begryp... vir meeste van ons. Drie kommentare volg onderaan hierdie kosbare stukkie lewensraad wat Trienie vir ons weergee – een van ’n gelowige en twee wat die tipiese negatiewe en gebonde psige en nydigheid van die ongelowige weereens so duidelik weerspieël.
Trienie se boodskap kom baie eenvoudig hierop neer – Glo in die HERE Jesus Christus, neem SY wonderlike uitnodiging in Mattheus 11:28-30 aan en die res sal vanself kom, want só sal mens die Gebod van God – ons moet HOM liefhê met ons alles en ons medemens soos onsself – met relatiewe gemak kan nakom. Nie uit eie krag nie, nie uit eie vermoë nie, maar uit die Liefdevolle vermoë en Krag wat die HERE aan algar skenk wie SY uitnodiging aanvaar.
Maar wat verbyster, is die negatiewe reaksie van agnostici op hierdie eenvoudige, positiewe boodskap en uitnodiging. Hoe kán hulle só ’n positiewe boodskap met antagonisme bejeën en behandel? Op watter goeie grond kan hulle enigiets negatief of verkeerd daarin sien om dit te wil verwerp en afkraak? Is die Liefde dan vir hulle tot aanstoot? Moet wees, want hulle vader is die satan en hy is die vader van bedrog en leun, verál op spirituele, geestelike gebied.
Perdebytjie, ’n selferkende ateïs, maak dié positiewe oproep na omvattende Liefde van Trienie eenvoudig met smaad af, sonder om te besef wat sy eintlik doen en wat die implikasies van haar antagonisme is. Cornelius, wat bekend is vir sy onbegrip van die Goddelike en sy smerige dwaalleringe, skuim om die mond in sy reaksie op dié positiewe Goddelike oproep en maak tussen sy onvanpaste politiekery sy haat vir Trienie bekend deur haar uit te kryt as iemand aan wie geen salf te smeer is nie... watse salf wil mens dan aan iemand smeer wat ‘n opregte beroep doen op liefde? Is dit dan nie navolgenswaardig nie? Maar soos gewoonlik is dit Cornelius self wat salf onder sy skuimlaag ernstig en dringend benodig.
Hoe grotesk ironies en negatief. Trienie maak ’n beroep op die uitlewing van Goddelike liefde vir Hom en vir mekaar en sy word deur die ongelowiges daarvoor uitgeskel, wat eintlik dan openbaar dat hulle aanstoot neem in ’n oproep om liefde. Hulle praat van goeie mense, maar versmaad die liefde. Wat beteken ‘goed’ dan vir hulle? Baie geld? Mense wat doen wat hulle wil? Blykbaar enigiets anders as uitlewing van liefde, want hulle self ken die Liefde nie – hulle neem dan aanstoot daarin en gaan diegene wie die Evangelie van Liefde aanbring, daarin teë met basislose kritiek. En só demonstreer en onderstreep hulle juis die punt wat Trienie maak, naamlik dat die mens in sigself, tot geen oorspronklike Goed in staat is nie, maar die HERE Jesus Christus nodig het om dit hoegenaamd te bewerkstellig. En dít kan mens slegs met SY Krag vermag deur SY uitnodiging in Mattheus 11:28-30 aan te neem.
Dirk Rigter is ook ’n agnostikus. Maar sy bydrae is nugter en eerlik aangebied vanuit sy agnostiese oogpunt. Hy probeer nie beledig en skel nie, maar eerder om die probleme wat hy het met die geloof in God, uit te stippel. Dirk se bydrae is derhalwe steeds besonder negatief, sinies en bevraagteken hy in ’n rigting wat duidelik aandui dat hy – tipies van die agnostikus - nie begryp waaroor Trienie se oproep gaan nie. Die probleme wat Dirk openbaar, is die tipe wat spreek van wanbegrip gebrek aan insig en selfs misleiding wat uitgaan op ongeloof.
Uit die kernboodskap wat Trienie bring – leef in Liefde vir God en vir jou medemens (en waarmee geen regdenkende en goeie mens ’n probleem mee behoort te hê nie) – raak Dirk in sy agnostiese onbegrip en gebrek aan insig omtrent waaroor Trienie se boodskap éintlik gaan, drie losstaande en buite kontekstuele aspekte aan, naamlik die goedheid van die mens, die sogenaamde uitverkiesingsleer en die kwessie van straf.
Die agnostiese Perdebytjie zoem dadelik goedkeurend nader, terwyl Cornelius kenmerkend skuimbekkend links en regs skel en venyn uitbraak sonder om – ook kenmerkend van hom - hoegenaamd te begryp waaroor die gesprek gaan en Redelinghuys wat in prinsiep enigiets wat Gods-wederstrewig is, sal probeer bevorder. FC Boot doen op sy manier sy eie skade deur iets (sy eie geloof-kontrepsie) te propageer wat hy self probeer uitdink het deur voor te gee dat mense nie sondeloos kán lewe op aarde nie (en só breek hy onder die dekmantel van geloof ook maar weer ’n lansie vir sonde en vir die bose dwaalleer ‘ons is almal sondig en kan nie help nie, want ons is so gemaak en gelaat staan, so sonde is maar OK’) en in die proses gaan hy die belofte wat die HERE maak in Mattheus 11:28-30 (sien daarmee saam Mattheus 6:33; Johannes 6:35-37; 3 Johannes 11, Levitikus 20:7, 26 en 1 Petrus 14-16 en veral ook Openbaring 3:20-22, Romeine 6:17-22) direk teë, so asof dit nie moontlik is nie en dáárin weerspreek hy ook die Woord (Filippense 4:13). Mens wonder of Boot hoegenaamd omgee wat die HERE Jesus sê of dink, of dalk het hy ook weer een of ander onhoudbare bespiegeling oor ’n ander betekenis van die Woord van die HERE.
Trouens, ons moet juis hier op aarde die sonde oorwin (alleenlik in die leiding en Krag van die HERE Jesus Christus), sodat ons in die hiernamaals op die Troon van Geregtigheid kan sit (sien weer Openbaring 3:20-22 asook Matteus 19:28 [ons volg die HERE Jesus juis hier op aarde in gehoorsaamheid]; 2 Timoteus 2:12)
Kobus de Klerk


Kommentaar
Beste Kobus,
Dankie vir jou brief, en veral vir die milde kritiek op my skrywe: Redelinghuys wat in prinsiep enigiets wat Gods-wederstrewig is, sal probeer bevorder. Wat gaan deesdae aan met jou? Word jy 'n ware Christen?
Hoop so.
Laat dit gaan goed met jou.
Pieter Redelinghuys
Dit is met spyt dat ek opmerk dat Kobus de Klerk alweer op sy manier my by 'n debat betrek, met totaal ongegronde aantygings.
Dit is absoluut absurd om te beweer dat 'n mens sondeloos op aarde kan lewe.As dit so was is Jesus se vermaning aan sy dissipels totaal onnodig in Mat.26:41: Vra God om julle te help om nie verkeerde dinge te wil doen nie.Ek weet julle sê julle wil graag die die regte dinge doen,maar dit gebeur nie altyd so nie,nie waar nie.Wees daarom altyd op en wakker."
Daar was net een mens wat sondeloos op aarde gelewe het en dit was Jesus en daarom kon hy aan sy Vader se gebooie voldoen en die hoogste offer bring en die dood oorwin.
As 'n mens na Kobus de Klerk se kommentaar op sommige ongelowiges se skrywes kyk, dan wonder ek op grond waarvan hy kan beweer dat hy 'sondeloos' lewe en nooit enige van God se gebooie in sy gedagte
oortree nie en selfs nie eers eenkeer 'n spoedgrens oorskry het of verkeerdelik teen sy medemens opgetree het.
Ek kry die nare gevoel dat Kobus de Klerk nie eintlik weet wat 'sonde' is nie.
Boot,
Kobus de Klerk se skoolmeesteragtige, aanstellerige en dweepsieke anderhaat waarin hy so eentonig voorgee dat hy skynbaar oor God beskik, is lankal reeds by afgesaag verby.
Met sy verweer van Trienie Mahne se ewe kamstige sondelose Bybelaanbidding, hef hy homself weereens ver bokant die liefde en genade wat ons almal in Jesus Christus onse HERE het.
Ek wil dit net graag baie duidelik stel dat enigeen wat hierdie sogenaamde spiritueel intelligentes as tipies Godsdienstig afmaak, hulself ewe tipies aan die ateïstiese Noord Korea se ateïste leier Kim Jong-un gelykstel.
Kobus de Klerk en Trienie Mahne se dogma is hul eie - niks daarvan stem ooreen met enige ander nederige diens tot eer van ons almal se Skepper nie. In hul desperaatheid komplimenteer hulle hulself hier in hul eie en erge twyfel deur ander daarmee te probeer neerhaal.
Kobus de Klerk, ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE. Mag Jesus Christus onse HERE ons almal verlos van jul selfvoldane verheffing en farisese gedweep.
Namaste!
Cornelius Henn
Is julle naar vir mekaar? :>)
Kerneels,
... ja, wat meer kon 'n mens dan ooit van 'n selfverhefde, kwansuis sondelose ware gelowige Bybelaanbidder met spirituele intelligensie soos onse werf se dweepsieke en farisese Kobus de Klerk, anders as 'n kinderagtige ou "bluuurpie" verwag?....whaarghahahaha!!!!
Ga! Kobus het alweer gekots!
Beste Kobus
'Jy skryf":'Ek kry nou weer die nare gevoel dat jy nie weet wat God se Wil is nie en dat jy, as jy 'n kontemporêr van die HERE Jesus op aarde was terwyl HY SY bediening hier volbring het, HY ook onder jou kwistige veroordelende tong sou deurloop... anders is jy lief vir dubbele standaarde."
Kobus, God se Wil is niks anders as God se plan, sy verlossingsplan vanweë die mens se onvermoë om aan sy wet soos vervat in die tien gebooie en opgesom deur Jesus te voldoen. Jy kan maar net nie wegkom van die feit dat ons nie sondeloos word op aarde nie.
In Romeine 7 skryf die Apostel Paulus oor Vry van die wet ,maar maak dan die volgende stelling in vers 14.
Die wet kom van God af. Maar ek wat dit moet gehoorsaam, is 'n sondaar. Ek is soos 'n slaaf aan die verskriklike mag van die sonde uitverkoop.15 Ek kan nie verklaar howkom ek sonde doen nie. Want ek wil dit nie doen nie. Tog doen ek dinge wat ek met my hele wese haat. Juis om hierdie rede is die wet nodig en goed.16 Dit wys immers vir my dat die lelike dinge wat ek doen,verkeerd is.Dis teen God se wil.
17.Ek is nie meer in beheer van my eie lewe nie.Sonde speel oor my lewe baas.18 Ek weet al te goed dat ek 'n sondaar is.Nêrens in my liggaam skuil daar 'n enkel stukkie goed nie.Want ek wil bitter graag doen wat reg is.Maar ek kry dit eenvoudig nie reg nie.19 Die goeie dinge wat ek wil doen, doen ek nie.Maar die lelike dinge wat ek nie wil doen nie,doen ek.20.Iets groots is in my lewe verkeerd.Dis nie meer ek wat in beheer van my eie lewe staan nie.Sonde is my baas.
21 My lewe is nou so voorspelbaar soos kan kom.Elke keer as ek besluit om goed te doen,pooitjie die sonde my.22. In my binneste is ek regtig bly dat ek God se wet ken.Maar wanneer ek die wet moet doen, wil die res van my liggaam nie saamwerk nie.23 In my doen en late geld daar dus 'n ander wet as in my binneste:die sonde.Ek is vasgevang in 'n geweldige tweestryd:aan die een kant wil ek die wet gehoorsaam met alles wat binne-in my is,maar aan die ander kant is my liggaam 'n gevangene van die sonde.
24.Wat 'n patetiese mens is ek nie.Ek leef in die doderyk.Wie kan my uit hierdie gemors verlos waarin my liggaam vasgevang is?.
25.Goddank! Daar is wel iemand wat my uit hierdie doodsbestaan kan bevry. Sy Naam is Jesus Christus! Hy is ons Here. In my binneste is ek gehoorsaam aan God.Maar wat die res van my liggaam doen,is iets heeltemal anders.Daar heers die sonde.Daarom het ek Christus broodnodig!
Enige mens wat dit volkome verstaan en begryp kan nie anders om dit saam met Paulus te bely nie,want duideliker kan dit nie gestel word nie.
Vir almal wat belangstel die Sondebegrip is al heel deeglik beskryf in http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/judaica/ejud_0002_0018_0_18628.html
Boot,
Boot,
Beste Kobus
Jy skryf baie maar sê eintlik niks nie wat aanduidend is dat jy nie verstaan wat Paulus sê nie.Paulus soos alle gelowiges is in 'n geweldige worstelstryd betrokke .Die grootste denkfout wat jy en baie wat soos jy dink maak is dat jy vergewing van sondes totaal verkeerd verstaan.
Om duidelik te maak waarna ek verwys gaan ek twee begrippe uitlig, nl verantwoordelikheid en aanspreeklikheid.
Verantwoordelikheid is die verpligting om besluite te neem.Wanneer ek toegee aan drange en sodoende die wet van God oortree is net ek en niemand anders daarvoor verantwoordelik.Ek is die besluitnemer. Jy kan nie die verantwoordelikheid delegeer nie en iemand anders verantwoordelik hou nie. Jy is die oortreder ,jy is die sondaar.
Aanspreeklikheid beteken dat jy toerekenbaar is vir die doen en resultate van jou oortredings, niemand anders nie.
Dit beteken dat God deur die werk van Jesus Christus jou ,jou die sondes nie meer toereken nie.Met ander woorde jy word ontneem van die aanspreeklikheid en verantwoordelikheid daarvan, jy word vrygespreek.Jy hoef nie meer die prys vir die spesifieke oortredings te betaal nie.Jy hoef dus ook nie meer te verduidelik waarom jy die oortredings gepleeg het nie.
Jy moet egter nog steeds jou oortredings bely en om vergifnis vra.
Maar dit beteken nie dat ek nou van my menslike natuur verlos is nie.Inteendeel soos Paulus tereg opmerk:
"Ek is vasgevang in 'n geweldige tweestryd:aan die een kant wil ek die wet gehoorsaam met alles wat binne-in my is,maar aan die ander kant is my liggaam 'n gevangene van die sonde."
Sonde laat dus littekens aan jou liggaam en psige.
Die drange wat binne in my is gaan dus nie weg nie.Daarom lees 'n mens in Hebreërs (skrywer onbeken) 12 '"Loop jou lewenspad met volle oortuiging agter Jesus aan."
1"Die lewe is soos 'n wedloop.Op die pawiljoen het ons 'n skare mense wat voor ons met geloof en vertroue in God geleef het.Hulle moedig ons aan om gelowig vol te hou met die wedloop.Laat ons dan ontslae raak van enigiets wat ons hinder om die wedloop van die lewe behoorlik te hardloop.Dit is veral die sonde wat ons gedurig wil pootjie.Laat ons soos die ander gelowiges hardloop met alles wat ons het." En wat daarna volg.
Enigiemand wat aan 'n padwedloop deelgeneem het sal weet waarvan die skrywer praat. Êrens langs die pad vang die inspanning jou, die opdraandes wat jy aan die beging maklik uitgehardloop het lyk nou soos berge.
Langs die pad staan altelete wat hulp ontvang ens. Maar jy moet vasbyt en deur die pyne hardloop om by die wenpaal uit tekom.
Kyk maar na die atlete bv in die Comrades, sommige lyk of hul nog kans sien vir 'n kilometer of twee, anders steek slegs die wenstreep met die hulp van ander oor. 'n Beter prentjie van gelowiges se wedloop sal jy nie kry.
Wat lees en leer ons in die ou testament.By enige oortreding van die wet moet daar 'n aanklaer wys, een wat ons beskuldig.
In die vierde droom van Sagaria (3): Die hoëpriester Jesua.
1.Die Here het my weer laat droom.Die droom was van die belangrike priester Jesua wat voor die engel van die Here staan.Regs van Jesua het Satan gestaan, die een wat hom aankla.Hy het vertel wat Jesua verkeerd gedoen het.2.Die Here het vir die aanklaer gesê:"Ek dink niks van wat jy nou sê nie.Ek het Jerusalem vir My gekies.Ek wil niks van jou weet nie!Jesua is onskuldig,hy is soos 'n stuk hout wat uit die vuur geruk is.Hy slaag die toets!"
Soos in enige hof ook die van God en dit sal jy seker beter as enigiemand anders weet, is daar ten minste vier partye, nl die Regter, die aanklaer, die aangeklaagde, die verdediging en getuies.God is die Regter en ook die wetgewer, dit is sy gebod wat ons oortree,Satan is die aanklaer, Jesus is ons verdediger en die beskuldigde en getuie, wie is dit dan?
Ons is die beskuldigde en ons sondige liggaam getuig teen ons.Daarom beskryf Paulus homself as 'n patetiese mens en dan die versugting" "Ek leef in die doderyk! Wie kan my uit hierdie gemors verlos waarin my liggaam
vasgevang is.
Ook verstaan jy die die sondebegrip nie soos vervat in die verwysing nie.
Jou houding en sienswyse spruit uit jou siening van die skepping en veral die ontstaan van die mens.Alle navorsing dui daarop dat die mens en dus ook sy brein 'n ontwikkelingsgeskiedenis deurgaan het.Kyk 'n mens na die skeppingsverhale en wanneer hul geskryf is. Die eerste skeppingsverhaal is geskryf tussen 586-539vC, dus tydens die Babiloniese ballingskap en waarskynlik as 'n weerlegging van die baie verhale en gode.
Die skrywer beklemtoon slegs EEN GOD.Hoe daar geskep is was van sekondêre belang.Dit is wel duidelik dat hy van mening was dat GOD 'n 'moderne mens' soos homself geskep het.Dit is egter verkeerd.Selfs Tacticus
beskryf die 'Paradys" as 'n veel groter geografiese gebied wat tot in Indië strek.
Die ander skeppingsverhaal dui op 'n oorsprong in 'n landelike gebied, waarskynlik tydens Konings voor die ballingskap.Dit is opmerklik dat jy gedurig onder ateïste se kritiek deurloop.Ook jy kan gerus kennis neem van die werk van Dr Michael Jarvis onder factandfaith.
Ek skryf hierdie uit die vuis en as daar spelfoute is, moet jy hulle maar verskoon.
Boot,
Beste Kobus
Beste FC Boot,
Ek deel Matt 23 met jou.
Nes Jesus Christus onse HERE ook nie eens deur die Fariseërs gespaar is nie, leef ons vandag saam met selfverhefde en sogenaamde ware gelowige Bybelaanbidders wat daarmee dweep dat hulle alleen oor God beskik - so asof dit hoegenaamd moontlik vir enige modderwese is om so oor ons almal se Skepper te kan beskik.
Jare lank reeds begrens Kobus de Klerk onse HERE en elke mens se hart tot sy anderhaat.
Ek plaas dit saam met jou aan Jesus Christus onse HERE se voete en bid dat Hy ons almal sal vergewe en self die verlossing van Kobus de Klerk se sogenaamde spirituele intelligensie in 'n ieder se hart sal bring.
Jou broer in Jesus Christus onse HERE,
Cornelius Henn